AHMP Oudleerlingbond

AHMP Oudleerlingbond Die AHMP OUDLEERLINGBOND FB BLAD (Affie-Alumni) streef daarna om oud-Affies met mekaar te verbind vi Die hoof van die Skool is ex officio 'n lid.

Ontstaan
Die Oud-Affiebond bestaan reeds sedert 1988 met twee hoofdoelwitte: om die bande van skoolvriendskappe te hernu en te versterk, en om die Skool met woord en daad en gesindheid by te staan. Op die oomblik staan die Bond onder die bekwame leiding van Mev Vera de Klerk (née le Roux, matriek 1958). Lidmaatskap
Alle oudleerlinge van AHMP is geregtig op lidmaatskap asook alle oud-onderwyseresse. Lidmaatskap beloop tans R60.00 per jaar (en 'n addisionele, vrywillige donasie van R40.00 vir die Beursfonds). Wil jy aansluit? Jy is BAIE welkom. Skakel ons vriendelike hoof van Ledesake en Tesourie,
Marlene Mondriaan, by 012 361-5392. Faksnommer 086 625 6974 en e-pos is [email protected]

Aktiwiteite
Reël van jaarlikse en spesiale reünies - groot feeste is al gehou! Ondersteun Skool met beurse vir belowende leerlinge. Doen reklame vir Skool om leerlingtalle te bevorder. Voorsien, waar ons kan, in spesiale behoeftes van individuele leerlinge. Hou 'n oudleerlingregister om jaarlikse reünies te fasiliteer. Die Venstertjie
Hierdie blaadjie verskyn 3-4 maal per jaar en word kosteloos aan ingeskrewe lede versend. Dit verskaf nuus van die Oud-Affienetwerk en hou Oud-Affies op hoogte van die Skool se bedrywighede. 'n Baie gewilde rubriek is 'Die Posbus' waarin briewe van Oud-Affies van oor die hele wêreld verskyn. So behou ons kontak en herontdek ons ou vriende!

29/09/2026

Toe RSG-ikoon Magdaleen Krüger besluit het om ná sewe jaar agter die Loof die Here-mikrofoon uit te skuif om finaal af te tree, het luisteraars twee vrae gehad: Wie gaan by haar die leisels van dié gewilde program oorneem en gaan dit ook ’n kundige musiekliefhebber wees? Die antwoorde hierop is...

Nog net 3 weke om jou vriendinne bymekaar te kry vir ons Damestee.Goeie môre Dames, ons getalle groei mooi en ons is bai...
27/09/2026

Nog net 3 weke om jou vriendinne bymekaar te kry vir ons Damestee.

Goeie môre Dames, ons getalle groei mooi en ons is baie opgewonde oor die funksie.

Blue Crane het addisionele veilige parkeerplek aan ons beskikbaar gestel.

Kontak my gerus vir meer navrae.

Affie-groete
Margo Kruger
082 455 666

26/09/2026
26/09/2026
26/09/2026
26/09/2026

Op die podium by Curro Podium

Affie-atletiek hardloop, spring en werp hul tydens die jaarlikse Curro Podium Noordelike atletiekbyeenkoms tot in ‘n tweedeplek.

26/09/2026

Die uitvoerende komitee van die VLR woon vandag Fontie-dag by Akademia by.

Die dag bied aan ons leerders waardevolle blootstelling aan verskillende loopbaanrigtings, studiemoonlikhede en die wêreld van verdere studie.

Ons glo dat goeie leiers nie net ander lei nie, maar ook voortdurend leer, ontdek en hul eie horisonne verbreed.

Ons is trots op ons VLR-leiers wat vandag met nuuskierigheid en doelgerigtheid hul toekoms verder verken! Akademia

Address

AHMP Oud-Affiebond, Posbus 74391, Lynnwoodrif
Pretoria
0040

Telephone

+27824550666

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when AHMP Oudleerlingbond posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to AHMP Oudleerlingbond:

Shortcuts

Share

Category