Lakelanders Vaardigheids ontwikkeling
Opleiding en vaardigheidsontwikkeling vir jong volwassenes met leer agterstande tussen 15 - 25 jaar.
11/11/2023
DIE VERSKILLENDE VLAKKE VAN DOODGAAN
(uit Die Boek van Waarwoorde en Wenswoorde)
’n Vriend vertel my van David Eagleman se skrywe dat mens drie maal sterf:
*Die eerste keer as jy doodgaan.
*Die tweede keer as jou liggaam ter aarde bestel word.
*Die derde keer as jou naam die laaste keer op die aarde gesê word.
Dis ’n beeld wat my bybly, hierdie gedagte dat jou naam op ’n stadium nie meer genoem gaan
word nie omdat almal wat jou geken het weg is, van jou vergeet het, of net eenvoudig nie meer
omgee nie. Van vorentoe beweeg.
Die hartseer van ’n mens wie se naam reeds voor sy of haar dood die laaste keer gesê is omdat
niemand hulle ooit geken het nie. Van deursigtig wees.
Die tragedie van ’n martelaar wie se naam soos ’n verdwaalde eggo tussen kranse bly weerklink
in die wêreld se verganklikheid in. Van sleg wees.
Die geliefde wie se naam nie meer genoem mag word nie omdat ’n ouerhart middeldeur gaan
skeur met die noem van daardie naam. Van seer.
Die prewel van ’n naam wat nooit geken is nie, nooit gehê is nie, nooit vergewe is nie.
En meeste van alles die begeerte om ’n verskil te maak terwyl ek hier is. Omdat dit aan die einde
van die dag al is wat saak maak.
Die trappe van vergelyking van verganklikheid.
© Hekelwoorde
Uit die Boek van Waarwoorde en Wenswoorde, bestel by https://hekelwoorde.co.za/bestel-2/
Karoo engel geskilder deur Glendine
13/09/2023
Spotlight on Rina Du Toit 16 new items · Memory by Rina Du Toit
20/08/2023
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=699494715554728&id=100064826162574&mibextid=Nif5oz
bied aan '𝙣 𝙑𝙚𝙧𝙧𝙮𝙠𝙞𝙣𝙜𝙨 𝙤𝙜𝙜𝙚𝙣𝙙 𝙫𝙞𝙧 𝙤𝙪𝙚𝙧𝙨 𝙫𝙖𝙣 𝙠𝙞𝙣𝙙𝙚𝙧𝙨 𝙢𝙚𝙩 𝙨𝙥𝙚𝙨𝙞𝙖𝙡𝙚 𝙗𝙚𝙝𝙤𝙚𝙛𝙩𝙚𝙨.
Helpende Hand in samewerking met Parent Reality - Supporting Parents with Special Needs Kids bied 'n oggend aan waar ons wil help om ouers van kinders met spesiale behoeftes wil 𝘣𝘦𝘮𝘢𝘨𝘵𝘪𝘨, asook die geleentheid wil skep waar daar vir hulle 'n 𝘰𝘯𝘥𝘦𝘳𝘴𝘵𝘦𝘶𝘯𝘪𝘯𝘨𝘴𝘨𝘳𝘰𝘦𝘱 𝘨𝘦𝘴𝘵𝘪𝘨 𝘬𝘢𝘯 𝘸𝘰𝘳𝘥. In hierdie ondersteuners-groep kan ouers raad ontvang en mekaar bemoedig binne die Afrikaanse gemeenskap.
Bespreek jou kaartjie deur 'n epos te stuur aan [email protected]
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
.. .
Pretoria