Jonge Einstein Akademie

Jonge Einstein Akademie Jonge Einstein Akademie is gerieflik geleë op die hoofroete in en uit die Noorde van Pretoria.

Jonge Einstein Akademie is gerieflik geleë op die hoofroete in en uit die Noorde van Pretoria, naby winkels, Laerskole en Hoërskole. Braam Pretorius is die hoofstraat wat al hierdie skole verbind en die roete wat ouers elke dag gebruik, met 'n busstop voor ons deur. Ons is op die hoek van Braam Pretorius en Dominikastraat op die grens van Sinoville en Magalieskruin. Jonge Einstein is 'n liefdevolle omgewing waar kinders kan groei en kind wees, ons bied opvoedkundige programme, kreatiewe ontwikkeling, gesonde gebalanseerde gekookte maaltye, 'n rekenaarsentrum, kuns- en musiekklasse, kinderkinetika netika en 'n naskool met vervoer na buitemuurse aktiwiteite. Ons is ook beskerm deur 24uur CCTV vir die veiligheid van jou kosbare besitting, jou kind. Jonge Einstein het 'n huislike atmosfeer met liefdevolle gekwalifiseerde onderwyseresse, besoek gerus ook ons webtuiste www.jongeeinstein.co.za vir meer inligting en ons fotoblad om te sien hoe ons lyk.

🇿🇦 Geseënde Erfenisdag! 🇿🇦
24/09/2026

🇿🇦 Geseënde Erfenisdag! 🇿🇦

BOKKIESPORTS 💚💛🏉Baie dankie aan almal wat Bokkiesports bygewoon het! Ons hoop en glo dat almal dit baie geniet het en le...
22/09/2026

BOKKIESPORTS 💚💛🏉

Baie dankie aan almal wat Bokkiesports bygewoon het! Ons hoop en glo dat almal dit baie geniet het en lekker saam gekuier het. Dit was ’n spesiale dag vol pret, sport en mooi herinneringe! 🏆🇿🇦

’n Baie groot dankie aan almal vir julle ondersteuning en aan ons borge. 🙏 Julle het gehelp om van Bokkiesports ’n sukses te maak!

🌟 Ons borge:
• Charlene van der Merwe van Avon
• Jeandré van der Merwe van Sanlam
• Lizelle Marais van Sprinkles of Joy
• Monique Malan van Structura
• Marilee Snyman van Eyecandy
• Jaco Herbst van HH & H Consulting
• Elsa Scholtz van Touch of Class
• Jeanine Viljoen van SkinPHD Zambesi

🇿🇦TEMA VAN DIE WEEK: ONS LAND SUID-AFRIKA! 🇿🇦Hierdie week leer ons meer oor ons pragtige reënboognasie! 🌈Ons ontdek ons ...
15/09/2026

🇿🇦TEMA VAN DIE WEEK: ONS LAND SUID-AFRIKA! 🇿🇦

Hierdie week leer ons meer oor ons pragtige reënboognasie! 🌈

Ons ontdek ons land se vlag, diere, plante, kultuur, tale, provinsies en bekende plekke en leer sommer hoe spesiaal Suid-Afrika is. 🦁🐘🏔️

Ons is trots om Suid-Afrikaners te wees! 🇿🇦

Baie dankie aan D-Top Pet Shows wat vir ons ’n ongelooflike instappie by ons skool kom aanbied het! Ons maatjies het die...
10/09/2026

Baie dankie aan D-Top Pet Shows wat vir ons ’n ongelooflike instappie by ons skool kom aanbied het!

Ons maatjies het die geleentheid gekry om meer te leer oor eksotiese troeteldiere en van hierdie besondere diere van naby te sien. 🐍🦎🐢

🐾 Tema van die Week: TROETELDIERE! 🐶🐱🐰Ons gaan leer oor verskillende troeteldiere, wat hulle eet, waar hulle woon, hoe o...
07/09/2026

🐾 Tema van die Week: TROETELDIERE! 🐶🐱🐰
Ons gaan leer oor verskillende troeteldiere, wat hulle eet, waar hulle woon, hoe ons hulle versorg en hoekom dit belangrik is om altyd liefdevol en sag met diere te wees. 🐕🐈🐹🐢🦜

🏉 BOKKIESPORTS 🏉Goeiemôre ouers,Onthou om julle kaartjies en lootjies te kry voordat dit te laat is! 🎟️Bring vir Ouma, O...
26/08/2026

🏉 BOKKIESPORTS 🏉

Goeiemôre ouers,

Onthou om julle kaartjies en lootjies te kry voordat dit te laat is! 🎟️

Bring vir Ouma, Oupa, Tannie, Oom en sommer almal! 🥳

Kaartjies te koop tot: 16 September
Lootjies te koop tot: 18 September of totdat dit uitverkoop is.

Moenie uitmis nie! Ons sien uit daarna om julle daar te sien! 💚💛🏉

🐜 Tema van die Week: Kruipende Insekte 🪲Kom ons ontdek die wêreld van klein kruipende insekte!Hierdie week leer ons meer...
26/08/2026

🐜 Tema van die Week: Kruipende Insekte 🪲

Kom ons ontdek die wêreld van klein kruipende insekte!
Hierdie week leer ons meer oor insekte soos miere, kewers, ruspes en kakkerlakke. Ons kyk hoe hulle beweeg, waar hulle woon en hoekom hulle belangrik is. 🌿🔍

💡 Het jy geweet?

’n Spinnekop is NIE ’n insek nie! 🕷️
Spinnekoppe behoort aan ’n groep diere wat spinagtiges genoem word. Hulle het 8 pote, terwyl insekte net 6 pote het. 🕷️➡️8 🐜➡️6

Kom ons leer, ontdek en kruip saam deur die wonderlike wêreld van insekte! 🌱🐜🪲

🌈 Waar elke kind ontdek, groei & straal! 💙💚🩷By Jonge Einstein Akademie skep ons ’n liefdevolle, veilige en stimulerende ...
17/08/2026

🌈 Waar elke kind ontdek, groei & straal! 💙💚🩷

By Jonge Einstein Akademie skep ons ’n liefdevolle, veilige en stimulerende omgewing waar elke kind kan leer, speel, ontdek en groei. 🥰

👶 Babas, peuters & kleuters: 3 maande – 5 jaar
🎒 Naskool: Graad R – Graad 7
🚌 Vervoer vanaf omliggende laerskole
📚 Elda-kurrikulum
🍎 Etes en peuselhappies word voorsien
👩‍🏫 Opgeleide personeel
💛 Klein klasse vir persoonlike aandag

Ons leer kinders met liefde, respek en geloof. ✨

🦋 Tema van die Week: Vlieënde Insekte! 🐝Hierdie week gaan ons lekker leer oor al die klein insekte wat vlieg! Ons gaan k...
17/08/2026

🦋 Tema van die Week: Vlieënde Insekte! 🐝

Hierdie week gaan ons lekker leer oor al die klein insekte wat vlieg! Ons gaan kyk na skoenlappers, bye, naaldekokers en nog baie meer. 🌸🐞

Address

Dominika Street 292
Pretoria
0129

Opening Hours

Monday 06:15 - 17:30
Tuesday 06:15 - 17:30
Wednesday 06:15 - 17:30
Thursday 06:15 - 17:30
Friday 06:15 - 17:30

Telephone

+27825795852

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Jonge Einstein Akademie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Jonge Einstein Akademie:

Share

Category