Sol-Tech

Sol-Tech Solidariteit het in 2006 die fakkel tot opleiding aangesteek en sy eie tegniese opleidingskollege op die been gebring.

Sol-Tech bied ʼn uitgebreide reeks kursusse in skaars vaardighede aan

Jou eie verblyf klink dalk soos ‘n goeie besluit, maar is dit die regte een?Besoek ons opedag en ervaar self waarom sove...
07/09/2026

Jou eie verblyf klink dalk soos ‘n goeie besluit, maar is dit die regte een?

Besoek ons opedag en ervaar self waarom soveel Sol-Tech-studente ons koshuis hul tweede huis noem.

Registreer om ons opedag by te woon by: https://sol-tech.co.za/opedag/

Word deel van die Sol-Tech span, doen aansoek vir die volgende vakante poste:Lektor | MeulmakerAdministratiewe Beampte |...
07/09/2026

Word deel van die Sol-Tech span, doen aansoek vir die volgende vakante poste:

Lektor | Meulmaker
Administratiewe Beampte | Akademie (12 Maande Kontrak)

Vir meer inligting, besoek gerus die webblad: https://sol-tech.co.za/vakante-poste/

Dit is met groot hartseer dat ons afskeid neem van Danie Nortje, geliefde kollega en lektor by Megatronika en CNC, wat v...
03/09/2026

Dit is met groot hartseer dat ons afskeid neem van Danie Nortje, geliefde kollega en lektor by Megatronika en CNC, wat vanmiddag tragies in ’n ongeluk gesterf het.

Ons onthou Danie vir die mens wat hy was en die besondere bydrae wat hy in die lewens van die mense en studente om hom gemaak het.

Ons innige meegevoel gaan aan Carla, Danie se vrou en ook ’n gewaardeerde lid van die Sol-Tech-familie, asook aan hul seun, Danco, en aan Danie se familie, vriende, kollegas en almal wat hom liefgehad en geken het. Mag julle in hierdie uiters moeilike tyd omring word deur liefde, ondersteuning en genade. Mag die mooi herinneringe aan Danie vir hulle troos bring en krag gee vir die dae wat voorlê.

Rus sag, Danie. Jou lewe was kosbaar, jou bydrae betekenisvol en jou nalatenskap sal voortleef in die mense wie se lewens jy aangeraak het.

Ons dra ook vir Louis Venter ’n lektor by Dieselwerktuigkunde, wat saam met Danie in die ongeluk was en tans in ’n kritieke toestand in die hospitaal is, op in gebed en bid vir ’n volkome herstel.

Vir die volledige berig oor hierdie tragiese gebeure, kan u dit hier lees: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/geliefde-lektor-van-sol-tech-sterf-in-ongeluk/

02/09/2026

Alles begin met ’n besluit so maak die regte een en besoek ons opedag op:

11 September | 12:00 – 16:00
12 September | 08:00 – 16:00

Registreer om ons opedag by te woon by https://sol-tech.co.za/opedag/

’n Welverdiende ruskans wag vir ons studente hierdie week. Geniet die vakansie, maak die meeste daarvan! Ons sien julle ...
31/08/2026

’n Welverdiende ruskans wag vir ons studente hierdie week.

Geniet die vakansie, maak die meeste daarvan! Ons sien julle weer 7 September.

Uit die pen van ons direkteur: Die stille krag van vrouweesOns dink soms ’n sterk mens is iemand wat hard praat, vinnig ...
30/08/2026

Uit die pen van ons direkteur: Die stille krag van vrouwees

Ons dink soms ’n sterk mens is iemand wat hard praat, vinnig besluit en altyd beheer neem. Ek glo nie dit is ware krag nie. Ware krag is om met respek op te tree wanneer dit makliker sou wees om ongeduldig te raak. Om karakter te wys wanneer niemand kyk nie. Om elke dag weer op te daag, selfs wanneer jy moeg is. Om ander belangriker as jouself te ag.

Lees die volledige artikel hier:

Vir die afgelope 19 jaar van Sol-Tech se bestaan vier ons elke jaar Vrouedag deur ons damespersoneel die geleentheid te gee om iets lekker saam te doen.

27/08/2026

Baie dankie aan Retecon Pty. Ltd. vir hul borgskap van magnetiese besems vir ons werkswinkels!

Hierdie handige hulpmiddels maak dit makliker én veiliger om staal- en metaalafval van die vloer af op te verwyder. Dit help ons studente om hul werksomgewing netjies, doeltreffend en, belangrikste van alles, veilig te hou.

Indien jy of jou organisasie ook ‘n verskil wil maak, stuur gerus ‘n e-pos na [email protected].

Sol-Tech behoorlik die Vonk in Vonkfees gesit! 🔥Van kaskarresies en ’n Shavathon tot ’n armdrukkompetisie en die  -kompe...
26/08/2026

Sol-Tech behoorlik die Vonk in Vonkfees gesit! 🔥

Van kaskarresies en ’n Shavathon tot ’n armdrukkompetisie en die -kompetisie. Die dag was propvol aksie, energie en lekker gees.

Die spanne se kreatiwiteit was op ’n ander vlak, die kompetisie was sterk en die gees van samehorigheid was oral sigbaar.

📸 Hier is die dag in foto’s vasgevang.

MySolTech

Party besluite kos jou net olie, so maak eerder die besluit om jou vaardighede by die regte plek te ontwikkel.Besoek ons...
25/08/2026

Party besluite kos jou net olie, so maak eerder die besluit om jou vaardighede by die regte plek te ontwikkel.

Besoek ons opedag en neem só die eerste stap na 'n betekenisvolle beroep.

Registreer om ons opedag by te woon by: https://sol-tech.co.za/opedag/

Address

16 Duinlewerikstraat, Monumentpark X15
Pretoria
0019

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 15:00

Telephone

+27123729900

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sol-Tech posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Sol-Tech:

Share