09/03/2026
Wil jy deel wees van ‘n span wat daarvan hou om betrokke te wees en kreatief te raak wanneer dit by die reël van ‘n bruisende studentelewe kom? ✨
Is jy passievol oor jou studentejare, en wil jy die beste maak van hierdie hoofstuk in jou lewe? Dan is dit nou jou kans om vir die Studenteraad (SR) 2026/2027 in te skryf! 🙌
Help om ‘n verskil te maak, bou herinneringe, en wees deel van die span wat die studentelewe by Aros help vorm.
📅 Aansoeke open: 9 Maart 2026
📅 Aansoeke sluit: 20 April 2026
📌 Die aansoekvorm is beskikbaar op die studenteportaal.
📧 Navrae: [email protected]
Staan op. Raak betrokke. Maak ‘n verskil. Wees diensbaar.💙
04/02/2026
Eerstejaar-Arries – dié sessies is vir JOU!
Het jy vrae oor die wie, wat, waar, wanneer en hoe van Arrie wees?
Moenie stres nie – ons het die antwoorde!
Sluit aan by een van hierdie mentorskapsessies en ontvang leiding, aanmoediging en praktiese wenke sodat jy jou eerstejaar met selfvertroue kan aanpak.
Kom vra, kom luister, kom leer – jy hoef dit nie alleen te doen nie!
Onthou, jy het reeds “gearrieveer”; nóú begin jou ware Aros-reis!
22/01/2026
Arries, neem asb. kennis!
15/01/2026
Liewe 2026-eerstejaar
Voel jy onseker? Weet jy nie waar om te vat of waar om te los nie? Wel, dan het ons die antwoord vir jou: Kom vind jou voete by Aros! Kom “arrieveer” en word deel van die Aros-familie!
Plek: Studentesake (e-Klas)
Datum: 29 Januarie 2026
Tyd: 14:00–15:00
Navrae: [email protected]
Dis ‘n fees om ‘n Arrie te wees!!!
31/12/2025
Mag 2026 'n jaar wees gevul met sukses, vrede en Sy genade.