04/09/2026
Dis heerlike winter is verby! ☀️🌸
Ons het die winter behoorlik geniet by Doxa Deo Kids Academy Midstream, maar nou is dit tyd om die nuwe seisoen te verwelkom! 🌱
Dit was soveel pret om saam met ons maatjies te leer, speel en plant.
Ons het ook ’n spesiale Loslitdag gehad en met trots CLUB21 ondersteun – ’n organisasie wat kinders en persone met Down-sindroom ondersteun. 💙💛
Dit was ’n winter vol pret, leer, omgee en spesiale oomblikke! Ons kan nie wag om te sien wat die lente vir ons inhou nie. 🌸✨
Doxa Deo Kids Academy Midstream
Waar klein handjies groot dinge kan doen. 🌱💛