Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys (TOIBO)

Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys (TOIBO) TOIBO is 'n geregistreerde organisasie sonder winsoogmerk NPO 001-597. PBO 130001311

Daar is ongeveer 1782 leerders in die 5 skole waarvan een derde as behoeftig geklassifeer word. Geldelike donasies kan inbetaal word by: Absa, Rek naam: Transoranje Instituut, Reknr: 020 840 145, Takkode: 632 005

'n Art 18A kwitansie kan uitgereik word (Belastingaftrekbaar).

09/09/2026

Ever wondered why we celebrate Deaf Awareness Month in September? 🤔

09/09/2026
https://www.facebook.com/share/p/1BMpmv4vQT/
04/09/2026

https://www.facebook.com/share/p/1BMpmv4vQT/

Kinders met gestremdhede staar daagliks uitdagings in die gesig wat baie van ons nooit eers raaksien nie. TOIBO help al 79 jaar om gehalte-onderrig, hoop en geleenthede vir hierdie kinders moontlik te maak. Ondersteun ons spesiale deurkollekte en help om ’n verskil te maak.

https://nhka.org/wp-content/uploads/2026/08/2026-08-13-Omsendskrywe-29-van-2026-Spesiale-deurkollekte-kinders-met-gestremdhede-TOIBO.pdf

https://www.facebook.com/share/p/1HNUzVUZKC/
27/08/2026

https://www.facebook.com/share/p/1HNUzVUZKC/

SPESIALE DEURKOLLEKTE: KINDERS MET GESTREMDHEDE (TOIBO)

Hoe lees ’n kind braille wanneer sy of haar vingers seer is van die koue? En hoe praat hulle gebaretaal met hulle hande in die sakke of onder komberse toegevou? Verder, ons weet in koue en nat weer is seer gewrigte nog seerder – wat is die impak daarvan op ’n kind met serebrale gestremdheid? ’n Verwarmer, trui en handskoene kan sekerlik ’n groot verskil maak, maar wat daarvan as die beskikbare geld skaars genoeg is vir kos, wat nog te sê handskoene of elektrisiteit?

Dinge waaraan ons nooit eers dink nie, is dikwels vir kinders met gestremdhede enorme uitdagings. Dinge wat ons as vanselfsprekend beskou, is dikwels blokkasies vir ’n kind om te kan leer. Ons wil hê dat kinders met gestremdhede gelyke geleenthede het om ná skool tot die arbeidsmark toe te tree en ’n sinvolle bydrae te lewer – ons landswette probeer immers daarvoor voorsiening maak. Maar dit vra dat ons ook vir hierdie kinders van ons onderrig van hoë kwaliteit moontlik moet maak. Dit is waar TOIBO inpas.

TOIBO (die Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys) het oor die jare derduisende kinders met gestremdhede gehelp om onderrig van hoë kwaliteit te ontvang. En na 79 jaar is ons steeds besig met hierdie werk. Ons – nie hulle nie. Want ons, as die tradisionele drie Afrikaanse susterkerke, het reeds in 1947 met hierdie werk begin. En saam is ons steeds daarmee besig. Besig om hoop en geleenthede te gee vir kinders wie se uitdagings ons onsself nie maklik kan indink nie.

Op Sondag 6 September (die Sondag net na Loslitdag) is dit die nasionale biddag vir mense met doofheid. In ons kerke brei ons dit uit om alle gestremdhede in te sluit. Daarom gebruik ons hierdie Sondag om te vra vir ’n vrywillige, spesiale deurkollekte vir TOIBO.

Deurkollektes en bydraes kan inbetaal word by:
Rekeninghouer: Raad van Finansies
Rekeningnommer: 020000287
Bank: ABSA
Takkode: 632005
Verwysing: 16TOIB + Naam (gemeente of individu)
Baie dankie vir volgehoue, dekade lange ondersteuning aan kinders met besondere
uitdagings!

Skakel na OMSENDSKRYWE 29/2026
https://nhka.org/wp-content/uploads/2026/08/2026-08-13-Omsendskrywe-29-van-2026-Spesiale-deurkollekte-kinders-met-gestremdhede-TOIBO.pdf

https://www.facebook.com/share/p/14mJcbqSyGn/
15/08/2026

https://www.facebook.com/share/p/14mJcbqSyGn/

Spesiale Deurkollekte vir TOIBO

Op Sondag 6 September vra ons gemeentes om deel te neem aan die spesiale deurkollekte vir TOIBO. Help ons om hoop, ondersteuning en gehalte-onderrig te bring aan kinders met gestremdhede wat daagliks buitengewone uitdagings oorkom.

Lees meer..
https://nhka.org/wp-content/uploads/2026/08/2026-08-13-Omsendskrywe-29-van-2026-Spesiale-deurkollekte-kinders-met-gestremdhede-TOIBO.pdf

Laaste dag om Loslitdag plakkers te bestelPlaas sommer nou julle gesin, klub, gemeente, kantoor, vergadering ens se  bes...
13/08/2026

Laaste dag om Loslitdag plakkers te bestel

Plaas sommer nou julle gesin, klub, gemeente, kantoor, vergadering ens se bestelling by Alta van Toibo by 076 143 6961

Whatsapp haar nou met:
Naam:
Van:
Hoeveelheid plakkers:

R20-00 per plakker x hoeveelheid = Totale bedrag betaalbaar
Betalings besonderhede
Bankbesonderhede:
Naam: Transoranje Instituut
Bank: Absa
Rekening nommer: 020 840 145
Takkode: 632005
Tipe: Tjek
Verwysing: Naam + LL
MAAK ASB EERS SEKER OF PLAKKERS NOG BESKIKBAAR IS VOORDAT U 'N BANKINBETALING DOEN. Tel 0761436961

Address

Duxburyweg 174
Pretoria
0083

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 16:00
Wednesday 07:00 - 16:00
Thursday 07:00 - 16:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys (TOIBO) posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys (TOIBO):

Shortcuts

Share