Improv Studios

Improv Studios Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Improv Studios, Performing arts school, 548 Alberton Street, Pretoria.

30/09/2026

🎙️ Internasionale Potgooi Dag!🎧

By Improv Studios kry ons jong stemme die kans om voor die mikrofoon te sit en idees te deel wat jy net wil aanhou luister.

En psst… 👀 hou ons YouTube-kanaal in Kwartaal 4 dop. Daar’s ’n paar lekker potgooi-programme oppad.

Jy wil dié een nie mis nie.

Baie geluk met Improv-afrigter, Shairah, se verjaarsdag vandag! Baie dankie vir jou harde werk, toewyding en alles wat j...
18/09/2026

Baie geluk met Improv-afrigter, Shairah, se verjaarsdag vandag!

Baie dankie vir jou harde werk, toewyding en alles wat jy vir Improv Studios beteken.🎈🌟🎈🌟

06/09/2026

Voor die gordyne oopgaan, speel daar reeds ’n hele ander toneel af.

Van laaste-minuut planne tot “waar's my…?!” Want soms lê die grootste drama agter die verhoog. 🎭⭐

25/08/2026

🌊 Atlantis in my Gedagtes | Waar die alledaagse plek maak vir iets onverwags. ✨

🥇 1× Goud
🥈 8× Silwer
🥉 5x Brons

Hierdie toneel herinner ons dat die dinge wat jou gevange hou soms in jou kop is. Dat jy juis dit wat jy wil naby hou; moet vrylaat.

Baie geluk aan die "Atlantis in my Gedagtes" span👏🌟

17/08/2026

🎬 PRONK FILM: EERSTE RONDTE UITSLAE! 🎬

Ons is ongelooflik trots op ons film en elke persoon wat agter én voor die kamera gehelp het om dit moontlik te maak! 🌟

🥉 BRONS
Regie
Ensemblespel
Beligtingontwerp
Kinematografie
Kontinuïteit

🥈 SILWER
Draaiboek
Vervaardiger
Klankbaan
Produksiebestuur
Redigering

🥇 GOUD
Klerekas
Plakaatontwerp

Baie, baie geluk aan hierdie span 🎥✨

Ons is baie trots op Improv se laerskooltoneel, Op koers na die mensvretereiland, wat gisteraand die volgende toekenning...
16/08/2026

Ons is baie trots op Improv se laerskooltoneel, Op koers na die mensvretereiland, wat gisteraand die volgende toekennings en nominasies by die Allegretto semi-finaal toneelfees ontvang.

Toekennings:
🏆Beste dekor
🏆Beste tegniese aspekte
🏆Beste klankoperateur - Lucas van der Merwe

Nominasies:
🏆Beste byspeler seun: Shaun van Zyl, Luca Smit
🏆Beste ensemble
🏆Beste verhoogbestuur
🏆Beste regie
🏆Beste beligtingsoperateur
🏆Beste kostuum

Ons wens vir Laerskool Wierdapark geluk met hulle wen met die produksie Kiki. Dit was ‘n voorreg om saam met hulle te speel.

Ons is trots op elke Improv-leerder voor en agter die verhoog. Hulle het hulle harte gegee ❤️🖤

Address

548 Alberton Street
Pretoria

Telephone

+27647998539

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Improv Studios posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Improv Studios:

Shortcuts

Share