28/08/2026
Kosbare tye in die kombuis saam met my kinders. Klein Samuel het vir ons ’n heerlike aarbei-tert gemaak.
Wat so lekker is van kosmaak saam met my kinders, is die dinge wat mense nie altyd so maklik opmerk nie. Dit is juis in hierdie spesiale oomblikke waar ’n mens soveel van jou kind se unieke persoonlikheid leer.
Hierdie spesiale seuntjie het tipies ’n blou persoonlikheid. Wat vir my baie opvallend is, is hoe netjies en presies hy werk. Hy is die enigste kind wat ek nog teëgekom het wat so netjies en presies werk.
Ons moes eers stop om elke fyn druppeltjie room wat liggies op die kas gespat het, skoon te maak. Dit is ook gereeld skoongemaak. Netjiese mannetjie dié!
Later het ousus ook kom help, en toe word dit sommer ’n heerlike gesinstyd in die kombuis.
Maak tyd by jou huis om sulke spesiale oomblikke met jou kinders te deel. Dit is dikwels die klein oomblikke wat later die kosbaarste herinneringe word.
Vriendelike
Kleine Krummels-groete
Www.kleinekrummels.co.za