Hoërskool Oos-Moot - Amptelik

Hoërskool Oos-Moot - Amptelik Hoërskool Oos-Moot is in die hart van die Moot. Hier werk en oorwin ons saam, ondersteun mekaar en bou ons saam aan jou toekoms.

Oos-Moot kweek trots,
karakter en gemeenskapsgees.

OOSIES | DEBATOns debatspanne het die week die pad Kaap toe gevat om aan die ConSpirito Nasionale Finaal in Tulbagh deel...
24/09/2026

OOSIES | DEBAT

Ons debatspanne het die week die pad Kaap toe gevat om aan die ConSpirito Nasionale Finaal in Tulbagh deel te neem, en wat ‘n fantastiese reis was dit nie.

Uit ons debatspan se dagboek die week:
Maandag: 04:00 vat hulle die pad tot op Beaufort-Wes.
Dinsdag: Vroeg op, die Kaapstad wag. Die leerders het die Two Oceans Aquarium besoek, Tafelberg met die kabelkarretjie uitgeklim en die dag afgesluit by die Waterfront.
Woensdag: ‘n Stoppie by Muizenberg voor ons deur gery het Tulbagh toe vir die kompetisie. Die debat het ongelooflik goed gegaan!
Donderdag: Vandag het ons die natuur geniet met ‘n staproete en ‘n verfrissende swem in die dam.

Vanaand vind die amptelike prysuitdeling plaas. Ons is reeds baie trots op hoe hierdie leerders Hoërskool Oos-Moot verteenwoordig het. Baie sterkte vir vanaand, ons hou saam met julle duimvas!



OOSIES | SPELBYEOns Spelbye het op 21 en 22 September aan die AfriSkuld Nasionale Spelkampioenskap, wat by Atterbury Tea...
23/09/2026

OOSIES | SPELBYE

Ons Spelbye het op 21 en 22 September aan die AfriSkuld Nasionale Spelkampioenskap, wat by Atterbury Teater plaasgevind het, deelgeneem.

Die deelnemers is gekies nadat 'n formele speltoets afgelê is en sewe van ons Spelbye het onder die Top 120, landswye deelnemers, geëindig.

Juniors:
Karin-Alet Visagie
Lana du Plessis
Anzel Ehlers
Zené Jones

Seniors:
Elize Adams
Genevieve Liebenberg
Anika Liddle

Na verskeie rondtes is die Top 7 junior finaliste en Top 7 senior finaliste aangewys. Karin-Alet Visagie (Graad 9) is as 'n junior finalis aangewys waar sy toe as die nasionale junior kampioen aangewys is. Die junior - en senior kampioen het toe teen mekaar te staan gekom waar Karin-Alet toe uiteindelik as die NASIONALE SPELKAMPIOEN gekroon is!

Baie geluk aan al hierdie Spelbye. Ons is baie trots op jul elkeen!

Karin-Alet, jy is voorwaar 'n O-R-T-O-G-R-A-A-F! WELGEDAAN! 🥇 🏆





23/09/2026
Ondersteun asb die Gys Pitzer Noot vir Nood Gholfdag op 13 November deur ‘n 4-bal in te skryf.
22/09/2026

Ondersteun asb die Gys Pitzer Noot vir Nood Gholfdag op 13 November deur ‘n 4-bal in te skryf.




🏌️‍♂️ NOOT VIR NOOD GOLF DAY 🏌️‍♀️

Join us for a memorable day on the greens while supporting a worthy cause at the Noot vir Nood Golf Day.

📅 13 November
📍 Wingate Park Country Club

⛳ 4-Ball Entry: R6 000
⛳ Hole Sponsorship: R6 000

Whether you're entering a team, sponsoring a hole, or simply looking to enjoy a fantastic day of golf, your participation will help make a difference.

Book: 072 261 4084

Hoërskool Oos-Moot - Amptelik
HTS John Vorster
Laerskool Kameelfontein
Laerskool Stephanus Roos
Laerskool Mayville Amptelike Blad

OOSIES | BOU AAN DROMEMet elke nuwe uitbreiding wys Hoërskool Oos-Moot net weer waarom ons trots is om Oosies te wees!Di...
22/09/2026

OOSIES | BOU AAN DROME

Met elke nuwe uitbreiding wys Hoërskool Oos-Moot net weer waarom ons trots is om Oosies te wees!

Die nuwe tartan-verspringbaan is nie net ’n wonderlike opgradering vir ons atletiek nie, maar ’n platform vir ons atlete se grootste drome. Hier bou ons nie net aan die skool nie, ons bou aan die toekoms. Dit is ’n fisiese bewys van ’n gemeenskap wat nie skroom om te belê in hul kinders se drome nie. ‘n Spesiale dank aan die OosieBond wat ‘n groot aandeel in hierdie projek het, ons waardeer julle ondersteuning.

Ons is trots op hierdie nuwe toevoeging wat eersdaags ingelyf sal word.



OOSIE | SAGTEBALUITSLAE | 19 SEPTEMBER 2026Oos-Moot VS. Homespun’n Sterk vertoning deur ons Oosie-sagtebalspanne! Baie g...
20/09/2026

OOSIE | SAGTEBAL

UITSLAE | 19 SEPTEMBER 2026
Oos-Moot VS. Homespun

’n Sterk vertoning deur ons Oosie-sagtebalspanne!

Baie geluk aan ons O/14A en O/19A-spanne met hul oorwinnings!
Dankie aan al ons Oosies wat met trots, passie en deursettingsvermoë meegeding het.

Een span. Een doel. Een Oosie-gees!



OOSIE | KRIEKETUITSLAE: 15 September |Wat ’n dag op die krieketveld!  Die Oosies het op 15 September 2026 met trots hul ...
18/09/2026

OOSIE | KRIEKET

UITSLAE: 15 September
|
Wat ’n dag op die krieketveld! Die Oosies het op 15 September 2026 met trots hul staal gewys!

’n Groot gelukwensing aan ons Oosie-krieketspelers! Julle maak ons trots!



18/09/2026

🎨 DIE MOOT MEESTERS – Art Exhibition 🎬Every neighborhood has an address, but the Moot’s lives in our hearts.Gallery Michael Heyns proudly presents an exclusive pop-up art exhibition as part of the historic outdoor film premiere of ‘Die Moot’!Come celebrate our community’s creative spirit! Admire the unique talent and diverse works of numerous Moot artists – for one special evening only.📅 When: Saturday, 26 September 2026🕓 Doors open: 16:00 | Exhibition: 16:00 – 20:00📍 Venue: Hoërskool Oos-Moot (1120 Haarhoff Street, Pretoria)🍿 What to bring: Camping chairs, blankets, and cooler boxes (no glass). Food stalls available!Bring the whole family, the neighbors, and your love for local art and movies. Don’t miss out on this unique evening!🎟️ Tickets: Available via Tixsa https://tickets.tixsa.co.za/event/film-premiere-die-mootInquiries:👉 WhatsApp Lukas: https://wa.me/27825529403👉 WhatsApp Darnell: https://wa.me/27824489352

Address

1120 Haarhoff Street, Villieria
Pretoria

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 14:00

Telephone

+27123320601

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Oos-Moot - Amptelik posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category