06/09/2026
💫SUPERTROTS OP ONS JUNIORREVUE! 🌟
Ons Juniorrevue het ons die afgelope week behoorlik laat bors uitstoot!
Hulle het die gehoor betower met 'n pragtige optrede by NG Wonderpark se Liggiefees, en die kersie op die koek was Saterdag toe hulle 'n A-simbool by die Kunswedstryd verower het! 🎭✨
Vir die eerste keer in jare is ons Juniorrevue weer terug op die verhoog, en wat ʼn reuse sukses is dit nie!
Baie geluk aan elke leerder en afrigter wat so hard werk en hul harte uitdans.
Baie sterkte met môre se optrede by die Graad R Ouma en Oupa-dag – ons weet julle gaan al die grootouers se harte sommer van die begin af steel! ❤️👏