02/09/2026
🌸🌼 LENTE HET GEKOM, EN ONS HET IETS BAIE SPESIAALS OM TE VIER! 🌼🌸
As ’n juffrou is daar min dinge mooier as om te sien hoe ’n klein mensie groei… Net soos die blomme wat elke lente weer oopvou, sien ons elke dag hoe ons maatjies leer, ontdek, probeer, val, opstaan en blom.
Lente herinner ons daaraan dat nuwe beginne, groei en hoop altyd deel van God se plan is.
En hierdie Lentedag is vir ons ekstra spesiaal, want… 🎉
MEANDER KLEUTERSKOOL IS 10 JAAR OUD! 🌸🎂
“Vir alles is daar ’n bepaalde tyd… ’n tyd om te plant en ’n tyd om te oes.” - Prediker 3:1-2
Mag hierdie nuwe lente-seisoen vir elke gesinnetjie ’n herinnering wees dat God altyd besig is om iets nuuts en mooi te laat groei. 🌸
Gelukkige 10de verjaarsdag, Meander Kleuterskool
🎈💗