UP Departement Afrikaans

UP Departement Afrikaans

Share

Die Departement Afrikaans is een van vyf taalafdelings in die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria.

18/08/2026

Onthou om vir die Lenteseminaar vir Afrikaansonderwysers te registreer wat op 4 September 2026 plaasvind!

Vanjaar se program sluit onder andere die volgende onderwerpe in:

- Taalvariasie tydens taalonderrig
- KI in die onderwys
- Die grafiese roman in die EAT-klaskamer
- Leesbevordering en kinderliteratuur in die Grondslagfase
- Stories wat saak maak: Plaaslike skrywers en die rol van Afrikaanse letterkunde in skole

Registrasies sluit op 25 Augustus 2026.

๐Ÿ“ Plek: Groenkloofkampus, Universiteit van Pretoria

๐Ÿ”— Skakel om te registeer: https://forms.gle/Wie2UQMRgrywSgXk6 (Vind ook die skakel om te registreer bo-aan ons Instagram-blad.)

โœ‰๏ธ Navrae: [email protected]

Photos from UP Departement Afrikaans's post 11/06/2026

Willie Burger, professor in die Departement Afrikaans, was in gesprek met Johan Myburg.

Johan Myburg se merkwaardige digbundel, Steierwerk, is op 10 Junie by The Book Keeper in Pretoria bekendgestel.

24/04/2026

Die Lenteseminaar vir Afrikaansonderwysers bied 'n ruimte vir HT- en EAT-onderwysers van Afrikaans om nuwe perspektiewe te kry en inspirasie vir die klaskamer te ontdek.

Ons moedig alle belangstellendes aan om die datum nou reeds vas te pen. Volledige programbesonderhede en inskrywingsinligting volg binnekort.

๐Ÿ—“๏ธ Datum: 4 September 2026

๐Ÿ“ Plek: Groenkloofkampus, Universiteit van Pretoria

โœ‰๏ธ Navrae: [email protected]

Photos from UP Departement Afrikaans's post 16/10/2025

Vandag het die studente in die BAHons Afrikaans en Toegepaste Taalstudie programme hulle navorsing kom aanbied. Die simposium was ล‰ groot sukses en ons het dit geniet om oor verskeie onderwerpe in taalkunde en letterkunde te gesels. Sterkte aan die studente wat nou nog net die finale veranderinge aan hulle werk moet aanbring.

Today the students in the BAHons Afrikaans and Applied Language Studies programmes came to present their research. The symposium was a great success and we enjoyed discussing various topics in linguistics and literature. Good luck to the students who now only have to make the final changes to their work.

14/10/2025

Digbundel-Dinsdag.

Photos from UP Departement Afrikaans's post 10/09/2025

Ons hoop om julle weer volgende jaar by die Lenteseminaar vir Afrikaansonderwysers te sien!

Photos from UP Departement Afrikaans's post 10/09/2025

Die Departement Afrikaans het ons jaarlikse Lenteseminaar vir Afrikaansonderwysers op 5 September 2025 aangebied. Baie dankie aan al die sprekers, uitstallers en personeel wat van die dag 'n reusesukses gamaak het, maar veral dankie aan die onderwysers wat van naby en ver gekom het om die dag saam met ons te kom geniet. Ons hoop om julle op 4 September 2026 weer te sien!

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Address


Humanities Building, Floor 15, Hatfield Campus, Lynnwood Road
Pretoria
0132