17/02/2016
Hallo mammas. Wil net laat weet julle moet asb julle kiddies dop hou vir die. Dit lyk soos 'n muskiet byt wat erg stukkend gekrap is en ander weer soos ring wurm of omloop maar dis 'n aansteeklike bakterieë wat Impetigo genoem word. En versprei soos jy aan dit vat en weer aan 'n ander plek vat. My seuntjie het donderdag aand 1 op sy enkel en rug gehad wat soos 'n seertjie gelyk het en gisteraand het hy omtrent 8 van hulle en sy sussie vanoggend 1. Het hulle vanoggend by die dr gehad en dit moet met antibiotika, bactroban en naseptin vir die neus behandel word.