Braaidag by Piccoli Kleuterskool was ’n fees! 🥰🔥🌭
As kinders van die Allerhoogste weet ons dat die Here ons roep om in gemeenskap met mekaar lewe te doen. Daarom geniet ons dit om saam te kuier, saam te lag en saam kosbare herinneringe te maak.
Ons Braaidag was gevul met heerlike kos, groot glimlagte en baie pret. Dankie aan elke ouer, maatjie en personeellid wat deel was van hierdie spesiale dag. Julle maak die Piccoli-familie so besonders. 🤍
“Kyk hoe goed, hoe lieflik is dit as broers eensgesind saamwoon.” – Psalm 133:1
Piccoli Nursery School/Kleuterskool
🏡Piccoli Kleuterskool in Olympus PTA is die perfekte tweede huis vir jou kosbare kleuter en peuter.
Die Here het presies geweet wat Hy doen toe Hy mammas geskape het. 🤍
Wat ’n voorreg was dit om verlede week Moedersdag saam met die liefdevolle mammas van Piccoli Kleuterskool te vier. Aan elke Piccoli-mamma, elke juffrou, assistent en spanlid wat ook ’n mamma is: ons waardeer julle, ons sien julle en ons het julle baie lief 🩷
God het beslis presies geweet wat Hy doen toe Hy jóú geskape het. 🌷
04/05/2026
By Piccoli Kleuterskool in Pretoria Oos speel ons buite 🤍🌳🏡
17/04/2026
Hierdie week se slim speletjie 💖🥣
Hierdie week het ons maatjies getalle ontdek deur speelse, praktiese leer! Ons het graankringetjies gebruik om nommers te bou en te volg.
Here is the step by step:
Step 1: Choose or create number cards with large digits. You can easily print these at home.
Step 2: Take a few handfuls of cereal loops (Otees) and place them in a bowl or plate for use.
Step 3: Follow the shape of the numbers and build them neatly using the loops.
Step 4: Count out loud together while building the numbers.
Learning outcomes 🌱
• Number recognition and formation
• Development of fine motor skills
• Hand-eye coordination
• Early maths skills such as counting and quantity understanding
• Concentration and task completion
Send this to someone who is looking for a way to keep their little one educated and entertained. You can easily adapt the game and make it "more difficult" by allowing your little one to count the amount of Otees used in the number as well.
Ons hoop julle geniet die week se slim speletjie!🧡
03/04/2026
Have a blessed easter, from our Piccoli Family to yours ♥️
30/03/2026
Piccoli through the eyes of one of our parents. 🧡
There’s something incredibly special about walking a journey with a family from those early toddler days all the way to their next chapter. 🌿
This review captures the heart of Piccoli a place where children are not only cared for, but truly known, nurtured and loved.
To our Piccoli families, thank you for trusting us with your little ones. It is a privilege we carry with so much care. 🏡
We’d love to hear from you too:
If your child is part of the Piccoli family, please consider leaving us a Google review. Your words help other parents find a place where their little ones can thrive.
27/01/2026
By Piccoli Kleuterskool heg ons baie waarde aan verhoudings – dit is soos ’n kosbare juweel wat gekoester moet word. Daarom sien ons uit na ’n besonderse aand saam met julle by ons jaarlikse Ken-mekaar Piekniek op Donderdag, 29 Januarie 🧺🌸
We’re looking forward to having everyone there so we can connect!
26/01/2026
By Piccoli Kleuterskool in Pretoria Oos bou ons elke dag op vyf kernwaardes wat rigting gee aan alles wat ons doen - in die klas, op die speelgrond en in ons verhoudings met ons Piccoli-gesinne. 🌿💛
Geloof ✝️
Ons lei kinders met Christelike beginsels en wys vir hulle wat Jesus se liefde prakties beteken.
Sorg 🧡
Elke Piccoli-maatjie word gesien, gekoester en met warmte versorg. Dis ’n plek waar kinders werklik tuis kan voel.
Respek 🤝
Ons leer kinders om ander se gevoelens, wense en grense te eer — iets wat hulle vir die res van hul lewe dra.
GroeI 🌱
Ons plant saadjies van kennis, bou selfvertroue en help klein hartjies om hul volle Godgegewe potensiaal te bereik.
Eerlikheid 💬
Ons glo in opregtheid, vertroue en integriteit - tussen ons span, ons kinders en ons ouers.
By Piccoli is waardes nie net woorde nie. Dis deel van elke dag se ritme, leer en liefde. 🌈
22/01/2026
By Piccoli Kleuterskool in Pretoria Oos kom veiligheid eerste. 🧡
Ons personeel is gereed vir die nuwe jaar ná ons noodhulp-opleiding wat die afgelope naweek plaasgevind het.
Julle kosbare kinders is in liefdevolle én veilige hande 🏡
Onthou jy nog hoe dit gevoel het om ’n kind te wees?🥹🧡
By Piccoli Kleuterskool kan jou kind ontwikkel, leer en groei — en steeds voluit kind wees in ’n veilige, liefdevolle en kleutervriendelike omgewing.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the school
Address
34. 4 Ajax Street, Olympus
Pretoria
0081
Opening Hours
| Monday | 06:45 - 17:30 |
| Tuesday | 06:45 - 17:30 |
| Wednesday | 06:45 - 17:30 |
| Thursday | 06:45 - 05:30 |
| Friday | 06:45 - 17:30 |