01/03/2026
Die jongste 2030 Reading Panel-verslag het ’n skokkende prentjie van Suid-Afrika se geletterdheid onthul: Slegs drie uit tien leerders in Graad 1 tot 4 kan op hul ouderdomsvlak lees, terwyl 15% van Graad 3-leerders nie ’n enkele woord kan lees nie.
As ’n kind teen die einde van Graad 3 nie behoorlik kan lees nie, is die kans klein dat hy of sy ooit die agterstand sal inhaal.
Die verslag beklemtoon dat swak leesvaardigheid dikwels verband hou met onvoldoende opleiding van onderwysers, onduidelike metodiek en ’n gebrek aan vroeë, gestruktureerde remediëring. Lees word dikwels as memorisering aangebied, eerder as om kinders te leer hoe om woorde te dekodeer en te verstaan.
My eie opinie oor 'n groot oorsaak: KABV/CAPS word te gou te vol gelaai.
Kry die volle verslag hier:
0429e7_0b560ef78fff41a285c527daffd5f0ca.pdf
How early repeating (Grade 1) can help:
0429e7_b7c4569b80c644a99fe874b26f39b9b5.pdf