Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut

Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut Ons bied opleiding in Afrikaans aan en lei tuisversorgers op. Studeer om 'n Tuisversorger te word by Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut.

Waar taal leef, leef kultuur. Waar kultuur leef, leef erfenis.Gelukkige Erfenisdag.
24/09/2026

Waar taal leef, leef kultuur. Waar kultuur leef, leef erfenis.

Gelukkige Erfenisdag.

💙 Wêreld Pasiëntveiligheidsdag 💙Wanneer iemand hul sorg in jou hande plaas, ontvang jy meer as net ’n verantwoordelikhei...
17/09/2026

💙 Wêreld Pasiëntveiligheidsdag 💙

Wanneer iemand hul sorg in jou hande plaas, ontvang jy meer as net ’n verantwoordelikheid. Jy ontvang hul vertroue.

Ons lei tuisversorgers op wat verstaan dat goeie versorging nie net oor kennis en vaardighede gaan nie, maar ook oor hoe jy ’n mens behandel wanneer hulle kwesbaar en van jou afhanklik is.

Ons leer ons studente om ander met empatie, liefde, deernis en respek te versorg. Want elke mens verdien om veilig te voel in die sorg van ’n ander. 🩹

Seniors Ekspo Langebaan 🌿Baie dankie aan Solidariteit Helpende Hand - Wes-Kaap Streek vir ’n baie suksesvolle Seniors Ek...
17/09/2026

Seniors Ekspo Langebaan 🌿

Baie dankie aan Solidariteit Helpende Hand - Wes-Kaap Streek vir ’n baie suksesvolle Seniors Ekspo!

Ons het ’n heerlike dag gehad, goeie gesprekke gevoer en die geleentheid gehad om nuwe netwerke in die Wes-Kaap te bou.

Dit was besonders om te sien hoeveel belangstelling daar in ons deeltydse aanlyn versorgingskursus is. Ons sien daarna uit om nog baie tuisversorgers in die Wes-Kaap toe te rus met die nodige kennis en vaardighede.

Wil jy meer weet oor ons tuisversorgingskursusse?

👉 Besoek gerus www.helpendehandopleiding.co.za vir meer inligting.


16/09/2026
Die Opleidingsinstituut kuier tans in die Wes-Kaap by die Solidariteit Helpende Hand - Wes-Kaap Streek.🌿Ons het ’n draai...
16/09/2026

Die Opleidingsinstituut kuier tans in die Wes-Kaap by die Solidariteit Helpende Hand - Wes-Kaap Streek.🌿

Ons het ’n draai gemaak by Ons Plek Strand en is ook bevoorreg om deel te kon wees van die Saldanha-takvergadering.

Tydens die vergadering het ons die tak meer vertel van ons deeltydse aanlyn versorgingskursus. Die Saldanha-tak het ook tydens die geleentheid hul eerste studiefonds gestig. ‘n Mooi stap om toekomstige studente te ondersteun.

Wil jy meer weet oor ons deeltydse aanlyn versorgingskursus en hoe jy kan inskryf?

👉 Besoek www.helpendehandopleiding.co.za vir meer inligting.

Aansoeke vir 2027 is nou oop! 📣Oorweeg jy 'n loopbaan in tuisversorging? Skryf vandag nog in en begin jou reis na ’n ber...
15/09/2026

Aansoeke vir 2027 is nou oop! 📣

Oorweeg jy 'n loopbaan in tuisversorging?

Skryf vandag nog in en begin jou reis na ’n beroep waarin jy ’n betekenisvolle verskil in ander se lewens kan maak.
www.helpendehandopleiding.co.za

08/09/2026

Vroue wat Versorg en Versterk is 'n damesoggend ten bate van die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut se tuisversorgingstudente.

📅 Datum: Saterdag, 3 Oktober 2026
🕣 Tyd: 08:30 vir 09:00–13:00
📍 Plek: Batter Boys, Montana, Pretoria
🎟️ Koste: R350 per persoon (sluit 'n verwelkomingskelkie en 'n ligte middagete in)

Wat om te verwag:
'n Grimering meesterklas | Dawie Roodt: Die stand van Suid-Afrika se ekonomie | Dr. Judey Pretorius: Voel gemaklik in jou eie vel | Heerlike eetgoed | Gelukkige trekkings | 'n Geskenkpak.

Klik hier om 'n kaartjie te koop: https://onskoopplek.co.za/product/vroue-wat-versorg-en-versterk/

Ons d**k aan die Nortjé-gesin en aan ons mede-instelling, Sol-Tech. Mag julle troos by Hom vind in hierdie baie hartseer...
03/09/2026

Ons d**k aan die Nortjé-gesin en aan ons mede-instelling, Sol-Tech. Mag julle troos by Hom vind in hierdie baie hartseer tyd. Ons dra julle in ons gebede aan Hom op.

Danie Nortjé, ’n lektor in megatronika by Sol-Tech in Pretoria, was Donderdagmiddag saam met Louis Venter, ’n lektor in dieselwerktuigkunde by Sol-Tech, op pad terug van ’n jagtog toe die ongeluk gebeur het.

03/09/2026

🎗️September is Kinderkankerbewusmakingsmaand.

Wanneer ’n pasiënt met kanker gediagnoseer word, raak dit die hele gesin. In hierdie uitdagende tyd is daar ’n behoefte aan mense wat met kennis, empatie en deernis kan ondersteun, ook wanneer genesing nie meer moontlik is nie.

Palliatiewe sorg gaan oor méér as net mediese sorg. Dit gaan daaroor om pyn en ongemak te verlig, emosionele ondersteuning te bied en die beste moontlike lewenskwaliteit vir die pasiënt en sy of haar geliefdes te bevorder. 💛

Wil jy leer hoe om mense en gesinne in hierdie moeilike tye beter te ondersteun?

Skryf in vir ons Inleiding tot Palliatiewe Sorg-kortkursus en verwerf waardevolle kennis en praktiese insig.
👉 https://form.jotform.com/261622324102038

Gelukkige Sekretaressedag aan ons twee besondere administratiewe dames! 🌷Lizanne en Maritza, julle is altyd bereid om te...
02/09/2026

Gelukkige Sekretaressedag aan ons twee besondere administratiewe dames! 🌷

Lizanne en Maritza, julle is altyd bereid om te help en stap sonder huiwering daardie ekstra myl. Julle is die mense op wie ons kan staatmaak wanneer daar ’n plan gemaak moet word, iets uitgesorteer moet word of sommer net ’n ekstra hand nodig is.

Dankie vir julle harde werk, geduld, vriendelikheid en vir alles wat julle elke dag doen, ook die dinge wat maklik ongesiens verbygaan.

Ons waardeer julle opreg en is dankbaar vir alles wat julle vir ons en die Opleidingsinstituut beteken. Julle maak ’n groot verskil!

Address

433 David Langley Street, Garsfontein
Pretoria
0042

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 14:00

Telephone

+27121118360

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share