Aanlyn Wiskunde-klasse

Aanlyn Wiskunde-klasse

Share

Die Facebook-blad is geskep om hulp aan hoërskoolleerders te bied wat ekstra hulp nodig het met wis My naam is Tiaan van der Merwe.

Ek werk tans as 'n voltydse wiskunde-onderwyser. Ek het my BSc Wiskunde-graad aan die Universiteit van Pretoria voltooi en daarna my Nagraadse Onderwys Sertifikaat (NGOS) deur UNISA voltooi. Ek het 'n groot liefde vir wiskunde en wil graag hierdie liefde by leerders kweek. Ek wil leerders help om hulle doelwitte in wiskunde te bereik en sodoende hul toekomsplanne 'n werklikheid te maak. Ek bied di

10/07/2024

Kontak my gerus!

10/02/2024

TEGNIESE WISKUNDE!!

Die volgende weeklikse aanlynklasse is beskikbaar:

1. Op Woensdae werk ons saam deur ou vraestelle. Ek bespreek eers die onderwerp in detail en dan pak ons die vraag aan. Ons begin nou al voorberei sodat die Junie-eksamen ons nie onkant vang nie.
Kostes beloop R160 per leerder per maand. Dit sluit dan 4 tot 6 ure se lesse in.

2. Op Dinsdae / Donderdae tackle ons die gr 11 Tegniese Wiskunde sillabes. Hier fokus ons om deeglik deur die werk te gaan, aangesien 85 % van die matriekeindeksamen handel oor graad 11 werk. Ons gaan hier ook fokus op ou vraestelle wanneer ons oefeninge doen.
Kostes beloop R250 per leerder per maand. Dit sluit 4 tot 6 ure se lesse in.

*Teikengroep is graad 11 en 12 Tegniese Wiskundeleerders
*Alle lesse vind via Microsoft Teams plaas.

Stuur asseblief 'n whatsapp na 0727809031 indien u belangstel.

*Verwysings beskikbaar.

17/08/2023

Beperkte spasie beskikbaar. Stuur 'n WhatsApp na 072 780 9031 om jou plek te bespreek.

16/03/2021

Moenie wag tot die dag voor die groot toets nie! Bespreek vandag nog 'n les en maak daardie doelwit 'n realiteit!

Don't wait for the day before the big test! Book your lesson today and see how your dream becomes a reality!

Kontak my gerus vir meer inligting:
Feel free to contact me for more information:

Tiaan van der Merwe: 072 780 9031

07/03/2021

WEEKSDAE one-on-one lesse is nou slegs R150 per uur. Bespreek vandag nog jou plek. Beperkte spasie beskikbaar.
WEEK DAY one-on-one lessons now only R150 per hour. Book your place today. Limited space available.

24/02/2021

Indien u voel dat die wiskunde 'n uitdaging raak, kontak my gerus. Ek wil u graag help.

Ek bied die volgende dienste met die volgende tariewe aan:

* One-on-one tutoring (1 uur les): R200 per les

* Groeplesse (1uur les, minimum van 4 leerders): R50 per leerder

* Voorafopgeneemde video's (+- 20minute) waar ek 'n spesifieke onderwerp bespreek, voorbeelde deurwerk en vrae beantwoord: R50 per video

Lesse vind via Zoom plaas waar ek 'n "white board application" gebruik asook die "screenshare" funksie op Zoom, om my lesse so interaktief as moontlik te maak.

Kontak my gerus vir meer inligting:
Tiaan van der Merwe - 072 780 9031

18/01/2021

Goeiemiddag almal!

Hier is die drie lesse en tye van elke les wat SATERDAG, 23 JANUARIE aangebied sal word:

Les 1 (10:00) - Faktorisering (Grootste gemene faktor; verskil tussen twee vierkante; som van en verskil tussen twee derdemagte)

Les 2 (11:00) - Faktorisering (Kwadratiese drieterme; groepering)

Les 3 (12:00) - Faktorisering (Hersieningsles waar die verskillende faktorisering, wat in les 1 en 2 bespreek was, hersien gaan word asook verskillende oefeninge deurgewerk gaan word.)

Leerders wat sal baat uit hierdie lesse is graad 9, 10, 11 en 12 wiskunde-leerders asook alle tegniese wiskunde-leerders.

Om te kan faktoriseer is 'n noodsaaklikheid vir alle wiskunde-leerders (graad 9-12) en alle tegniese wiskunde-leerders. Faktorisering kom byna voor in alle onderwerpe in wiskunde en daarom het ek besluit om faktorisering my eerste onderwerp te maak wat behandel sal word.

Onthou asseblief dat die tarief R50 per les, per kind is.
Bewys van betaling moet asseblief voor/op Vrydag, 22 Januarie aan my gestuur word. Sodra die bewys van betaling gestuur is, sal die skakel (link) vir die aanlyn Zoom-klas/klasse aan die leerder/ouer gestuur word.

U kan my kontak op 072 780 9031 en dan sal die bankbesonderhede aan u gestuur word of u kan dit vind op die blad se "About" opsie.

Sien uit om van julle te hoor 😃!

17/01/2021

Hi almal!

Hou asseblief die blad môre (Maandag) dop om uit te vind watter 3 onderwerpe in Saterdag, 23 Januarie, se eerste 3 aanlyn wiskunde-klasse aangebied gaan word. Die tye van die drie onderskeie klasse sal ook deurgegee word. Sodoende sal julle kan besluit watter klas/klasse julle wil bywoon.

Kontak my om te bespreek: 072 780 9031 / [email protected]

Sien uit om van julle te hoor 😃.

16/01/2021

Baie welkom aan almal!

Hou blad dop vir toekomstige wiskunde-lesse 😃.

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Website

Address


Pretoria