Greenhill Boetiek Kleuterskool

Greenhill Boetiek Kleuterskool Ons is 'n klein en intieme skool met ons hoofdoel om onvoorwaardelik liefde te voorsien gepaard met effektiewe groei.

Ons fokus tussen 3 maande en 5 jaar oud en trotseer onsself met 'n BEd onderwys graad en meer as 10 jaar ondervinding.

Met kleurvolle vorms, kleure en ’n pegboard kry ons behoorlik kans om te werk! 🌈✨ Hierdie aktiwiteit help om fynmotories...
17/09/2026

Met kleurvolle vorms, kleure en ’n pegboard kry ons behoorlik kans om te werk! 🌈✨ Hierdie aktiwiteit help om fynmotoriese vaardighede, hand-oog-koördinasie, konsentrasie, kleur- en vormherkenning te ontwikkel — alles terwyl ons speel en kreatief dink. 💚💙

’n Lekker praktiese manier om leer en speel saam te bring! 🧠🤲

💦 Water Kapperjolle! 💦Vrolike, uitbundige en dikwels speelse manewales, toertjies en bokspronge wat in die water plaasvi...
09/09/2026

💦 Water Kapperjolle! 💦

Vrolike, uitbundige en dikwels speelse manewales, toertjies en bokspronge wat in die water plaasvind. 🐳💦

Bou, bou, bou! 🧲🏠Met magnetiese boublokkies word idees tasbaar — kinders bou, eksperimenteer, probeer weer en ontdek wat...
02/09/2026

Bou, bou, bou! 🧲🏠

Met magnetiese boublokkies word idees tasbaar — kinders bou, eksperimenteer, probeer weer en ontdek wat hulle met vorms, kleure en balans kan skep.

’n Lekker speelse manier om probleemoplossing, ruimtelike bewustheid, kreatiwiteit en fynmotoriese vaardighede te ontwikkel.

Ons leer van diere en hul klanke deur te speel. 🐄🐶🦁Met meel, sifte en speelgoeddiere het die kinders diere se name benoe...
26/08/2026

Ons leer van diere en hul klanke deur te speel. 🐄🐶🦁

Met meel, sifte en speelgoeddiere het die kinders diere se name benoem, hul geluide nageboots en terselfdertyd met hul hande gewerk.

Die sifte en klein handbewegings help met fynmotoriese beheer, hand-oog-koördinasie en konsentrasie, terwyl die benoem en naboots van klanke woordeskat, luistervaardighede en vroeë taalontwikkeling ondersteun.

’n Lekker morsige manier om taal en leer deel van spel te maak. 🤍

Besig met rygwerk, ’n lekker manier om hand-oog-koördinasie en fynmotoriese vaardighede te oefen. 🧶Hierdie vaardighede h...
19/08/2026

Besig met rygwerk, ’n lekker manier om hand-oog-koördinasie en fynmotoriese vaardighede te oefen. 🧶

Hierdie vaardighede help kinders met alledaagse take soos om skoenveters vas te maak, knope te gebruik, ’n potlood reg te hanteer en later netjies te skryf.

07/08/2026

✨ Elke dag is ’n nuwe avontuur! 💛

Vir ons is speel soveel meer as net pret – elke aktiwiteit help om selfvertroue, kreatiwiteit, probleemoplossing en belangrike lewensvaardighede te ontwikkel.🌈🧩🎨

28/07/2026

Elke speletjie het ’n doel. 🌱✨ Deur spel ontdek, leer en groei ons kleuters elke dag op hul eie unieke manier. 💛

🐑 Springbokdag pret! 💚💛Vandag het ons klein Springbokkies hul eie wollerige skaapies gemaak! 🐑✨Leer deur te speel en te ...
18/07/2026

🐑 Springbokdag pret! 💚💛

Vandag het ons klein Springbokkies hul eie wollerige skaapies gemaak! 🐑✨

Leer deur te speel en te skep. 💚

🇿🇦

13/07/2026

Ek is nie ’n celebrity nie… 🤭✨
Maar elke oggend hoor ek my naam met soveel opgewondeheid:
“Tannie Lishaaaa!” 🥹💛

07/07/2026

Hoekom gebruik ons simbooltjies by ons kleuterskool? 🤔🌻🦖🚗

Voordat kinders kan lees, kan hulle reeds herken. 💛 Daarom kies elke maatjie ’n eie simbooltjie wat hulle help om selfstandig deur die dag te beweeg. Hulle herken hul eie werk – sonder dat ’n grootmens heeltyd hoef te help.

Dit bou selfvertroue, onafhanklikheid en verantwoordelikheid van ’n jong ouderdom af. By ons gaan dit nie net oor leer nie, maar ook om elke kind die geleentheid te gee om te groei, ontdek en self te kan doen. 🌱✨

Want klein simbooltjies help om groot selfstandigheid te bou. 💚

Address

Pretoria
0080

Opening Hours

Monday 06:30 - 17:30
Tuesday 06:30 - 17:30
Wednesday 06:30 - 17:30
Thursday 06:30 - 17:30
Friday 06:30 - 17:30

Telephone

+27783562003

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Greenhill Boetiek Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Greenhill Boetiek Kleuterskool:

Shortcuts

Share

Category