Azelle Grové Kinderkinetics

Azelle Grové Kinderkinetics We offer creative & the highest quality of neuro-senso-motor lessons from newborn - 13 years of age.

Ons terapie-lesse ondersteun ook neurodiverse kinders deur doelgerigte beweging en spel wat aangepas word by elke kind s...
23/09/2026

Ons terapie-lesse ondersteun ook neurodiverse kinders deur doelgerigte beweging en spel wat aangepas word by elke kind se individuele behoeftes. Ons skep ñ veilige ruimte waar elke kind op hul eie tempo kan beweeg, groei en ontwikkel.

22/09/2026

Soos ons die einde van kwartaal 3 nader, benut ons elke oomblik om te groei, te speel en te ontwikkel.

Klein oomblikke, groot groei geleenthede!

Klein lyfies, groot mylpale, groter pret! Vandag se baba- & peuterles by MILK The Baby Center was gevul met beweging, on...
14/09/2026

Klein lyfies, groot mylpale, groter pret!

Vandag se baba- & peuterles by MILK The Baby Center was gevul met beweging, ontdekking en lekker speel - alles met ñ doel.

Hoe bevoorreg is ons om deel van elke Milk-lyfie se ontwikkelingsreis te wees!

Oupa en Oumadag,Daar is iets besonders aan die band tussen Oupas, Oumas en hul kleinkinders. Ons het die voorreg gehad o...
07/09/2026

Oupa en Oumadag,

Daar is iets besonders aan die band tussen Oupas, Oumas en hul kleinkinders.

Ons het die voorreg gehad om saam met Little Farm Rietvlei Daycare daardie spesiale liefde te vier met ñ dag vol glimlagte, trots, pret en onvergeetlike oomblikke.

Oupas en Oumas, julle maak elke herinnering in jul kleinding se grootwordjare nog mooier!

'Grandparents are a treasure beyond measure' - Unknown.

Van sitposisie ➡️ kruipstand ➡️ sitposisie,Die vermoë om tussen die sitposisie en kruipstand te beweeg, is ñ belangrike ...
03/09/2026

Van sitposisie ➡️ kruipstand ➡️ sitposisie,

Die vermoë om tussen die sitposisie en kruipstand te beweeg, is ñ belangrike deel van kruipontwikkeling.

Hierdie oorgange bevorder gewigsoordrag, posturale beheer, handsteun en middellynkruising om ñ paar te noem - alles belangrike boustene vir ñ funksionele kruippatroon.

Kinderkinetika terapielesse,Ons terapielesse bied doelgerigte beweging en spel om kinders se motoriese- en funksionele o...
02/09/2026

Kinderkinetika terapielesse,

Ons terapielesse bied doelgerigte beweging en spel om kinders se motoriese- en funksionele ontwikkeling te ondersteun.

Dié lesse is onder andere geskik vir neurodiverse kinders en kinders met ontwikkelingsagterstande, insluitend (maar nie beperk):

* ADHD / ASD / DCD
* Uitdagings met balans en koördinasie
* Uitvalle met praksis en liggaamsbewustheid
* Swak posturale- & kernstabiliteit
* Aandag- & konsentrasie uitdagings

Elke sessie word volgens die kind se individuele behoeftes en doelwitte aangepas, met fokus op vaardighede wat hul funksionering by die huis, skool en tydens spel kan verbeter.

Ons speel met ñ doel, want elke beweging is ñ geleentheid om te ontwikkel.

28/08/2026

Kniestandspel - ñ belangrike boublok na kruip!

Kniestandspel bevorder posturale beheer, kernstabiliteit, heupstabiliteit en gewigverskuiwing om ñ paar te noem.

Hierdie vaardighede vorm die grondslag vir die ontwikkeling van ñ meer doeltreffende kruippatroon.

21/08/2026

ñ Week se hoogtepunte,

ñ Week vol beweging, ontdekking en ontwikkeling! Van ons baba- en kleuterprogramme tot laerskool-lesse en terapeutiese sessies - elke aktiwiteit dra by tot ñ spesifieke aspek van kinderontwikkeling.

Beweging vorm die grondslag vir ontwikkeling 🧠Ons peuterlesse bied doelgerigte sensoriese-, perseptuele- en grootmotorie...
19/08/2026

Beweging vorm die grondslag vir ontwikkeling 🧠

Ons peuterlesse bied doelgerigte sensoriese-, perseptuele- en grootmotoriese stimulering deur ouderdomsgepaste beweging en spel.

Ons bied ñ verskeidenheid van ontwikkelingsgerigte dienste om kinders se beweging, motoriese vaardighede en algehele ont...
17/08/2026

Ons bied ñ verskeidenheid van ontwikkelingsgerigte dienste om kinders se beweging, motoriese vaardighede en algehele ontwikkeling te ondersteun.

Ons fokus daarop om elke kind se unieke ontwikkelingsbehoeftes te identifiseer en deur middel van doelgerigte, ouderdomsgepaste aktiwiteite hul potensiaal te ondersteun.

Kontak ons gerus vir meer inligting of om ñ afspraak te maak.

Address

Pretoria

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Saturday 11:00 - 13:00

Telephone

+27798956761

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Azelle Grové Kinderkinetics posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Azelle Grové Kinderkinetics:

Shortcuts

Share