Korreltjies Manna

Korreltjies Manna

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Korreltjies Manna, Tutor/Teacher, Moreleta Park, Pretoria.

31/03/2025

Eerste prioriteit is jou verhouding met God, tweede met jouself... vanuit daardie gesonde menswees kan jy teenwoordig wees vir die derde prioriteit - jou lewensmaat.

Taking care of yourself isn’t selfish, it’s essential.

Our relationships with ourselves are just as important as our relationships with others. Prioritizing self-care gives us the energy and perspective to show up as better partners. Whether it’s carving out alone time, fostering social connections, or saying “yes” to new opportunities, nurturing yourself strengthens your relationship.

Learn more about balancing independence and connection in our latest blog. https://bit.ly/4cdlSSg

28/01/2025

Jesus Christus het ons vry gemaak van slawerny aan 'n sondige wêreld!!
Wanneer ons dít besef, kry posbeskrywings soos "vrywilliger/dienswerker" en "arbeiders in die oes" nuwe betekenis.
Nou het ons 'n manier om weer in verhouding met God te staan en Sy medewerkers te wees deur die krag van Sy inwonende Heilige Gees.

17/01/2025

Dis opvallend dat Kol 3:22-25 praat met "slawe" se benadering tot diensbaarheid aan, en werk vir, hul eienaars.
Verlede keer het ek na vers 23 verwys as 'n opdrag van God af wat te doen het met ons oorgawe om aan God gehoorsaam te wees.
Jesus self het vir ons die opdrag gegee om Sy diensknegte te wees (Joh 13). Die opdrag in Kol 3:23 kom met 'n belofte hier in vers 24: ons sal van die Here af die beloning vir ons arbeid ontvang!
Wat is hierdie beloning?
Dit is die vryheid wat ons as gelowiges ontvang wanneer ons besef dat Jesus se bloed ons vrygekoop het van die doodstraf vir sonde. Daarom wíl ons met vreugde en oorgawe in die Here se diens staan!

13/01/2025

Wat vra dit van jou om 'n lewe van OORGAWE aan die Here te leef?

Wanneer ek onwillig is om volgens God se standaarde en voorskrifte te leef, lui is om diensbaar te wees en weier om te vergeef, kies ek om eerder mense tevrede te stel - myself inkluis - as vir God.
Wie is koning van jou hart? Jy/mense... of Jesus?

06/01/2025

Wat ookal jou nood of behoefte - fisies of emosioneel of geestelik - God Almagtig is in staat om jou daaruit te help, deur Sy Heilige Gees!
Vra Hom... Nooi Hom in jou situasie in...
Hy wíl help; Hy kán help; Hy sál help!
Vertrou Hom.

31/12/2024

Ons staan ook op die vooraand van 'n jaar wisseling. Eerder as om jou net weer 'n "voorspoedige nuwe jaar" toe te wens, wil ek jou seën met die volgende gedagtes:
Hanna se naam beteken "begunstigde" en Samuel se naam beteken "gehoor van die Here". M.a.w Hanna het haar nood en behoefte, haar hartsbegeerte in gebed voor die Here uitgestort en Hy het haar in guns aangehoor en verhoor!

Dus is my nuwejaarswens vir jou dat jy ook die Here sal aanroep wat in staat is om jou gebede te hoor en te verhoor;
Ek wens vir jou begeertes en gebede wat in lyn is met God se wil, karakter en beloftes;
Ek wens vir jou dat die Here na jou sal kyk en luister met guns en genade, ja dat jy Sy gunsgenoot sal wees!

Mag jy dan met die volgende jaar wisseling terugkyk op 2025 met vreugde, vervulling en veral, 'n dieper en intiemer verhouding met Vader God, Sy Seun Jesus Christus en die inwonende Heilige Gees!

#2025

25/12/2024

Wat maak dit saak of Jesus vandag op 25 Desember gebore is, of enige ander datum?
As volgelinge van Christus is ons fokus op die feit DAT Hy as mens gebore is sodat Hy aan die kruis vir ons versoening van ons sondes kon bewerk!
En meer nog, Hy het opgestaan en daardeur die dood oorwin - vir ons is daar ewige lewe saam met Jesus! Nou sit Hy aan die regterhand van God die Vader, waar Hy vir ons plek gereed maak. Binnekort kom Hy weer, as Koning van die konings - is jy gereed om voor Hom jou knie te buig?

Van krip tot kruis tot kroon 🙏

23/12/2024

So baie mense ervaar in die kersfeestyd hartseer, eensaamheid en isolasie. Dit hoef nie so te wees nie - as dit jy is, lees weer hierdie vers en vervang "die wêreld" met jou naam.
Maak dit persoonlik, want vir God is dit baie persoonlik. Jesus is Immanuel - God bý ons - jy is nooit alleen nie! Jesus het jóú ingedagte gehad toe Hy Sy Goddelikheid verruil het om as mens onder ons te kom woon.
Dit was sodat ons by Hom kan leer hoe ware godsdiens lyk. Vergeet van die klatergoud en skitterblink van 'n kommersiële kersfees en staan opnuut in verwondering van die ware Christusfees - 'n Koning waardig om geskenke van goud, wierook en mirre te ontvang, het in sagmoedigheid, nederigheid en liefde vir ons die grootste geskenk kom gee: die ewige lewe!

17/12/2024

Hoop... Vrede... Vreugde

Ons is in die seisoen waarin ons die koms van Jesus as mens, vier!
Laat ons bly wees en vreugde vind daarin dat Jesus as Verlosser gekom het na hierdie wêreld, om te red ELKEEN wat verlore is!

10/12/2024

Vrede volg op Hoop!
Die gelowiges in Tessalonika het met 'n wederkomsverwagting ('n hoop op verlossing!) geleef. Baie vrae het egter ontstaan oor wanneer dit sou gebeur, te midde van 'n ewig-groeiende goddeloosheid.

Vandag, meer as 2000 jaar later, leef ook ons met hierdie hoop en verwagting vir die wederkoms. Intussen kan ons in hierdie seisoen fokus op Jesus se eerste koms na hierdie wêreld, om vir ons verlossing te bring.

Mag ook jý wat hier lees, opnuut bemoedig word deur die Prins van Vrede - die vrede wat Hý gee, is anders as dít wat die wêreld gee (Joh14:27) - want Hy hét beloof om by ons te wees (Immanuel) tot die voleinding van die wêreld (Mt28:20)

06/12/2024

Net in die vorige vers van hierdie teks gedeelte, herinner Paulus ons aan Jesaja se profesie oor die Wortel van Isai - Christus Jesus! En dat op Hóm die nasies hulle hoop sal vestig.
As jy nog nie Jesus as Verlosser aangeneem het nie, doen dit nóú! Daardie rusteloosheid, daardie soeke na "iets", daardie ontevredenheid wat jy ervaar is jou gees wat smag na jou Skepper God. Hy is die bron van hoop. By Hom alleen is vreugde en vrede. Glo dit, ontvang dit, en Sy lig sal oor jou skyn!

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Website

Address


Moreleta Park
Pretoria

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 14:00