18/08/2025
WONNIERUGBY: TIERE VAN TOE EN NOU
💚 Hierdie Saterdag stap die Wonnie Tiere van 2025 die veld op in die Noordvaal Finaal teen Midstream by Midstream – ’n historiese oomblik vir ons skool!
Ons nooi al die Tiere van vorige jare uit om deel te wees van hierdie spesiale week: Deel asseblief ’n foto van jou span uit jou Tier-jaar en stuur saam ’n boodskap van ondersteuning vir die huidige Tiere.
Laat ons die Tiere van 2025 wys dat hulle nie alleen speel nie, maar die erfenis en gees van elke Tier wat al ooit die groen en goud gedra het, saam met hulle dra. Jou foto en woorde kan die inspirasie wees wat hulle nodig het om Saterdag die veld in te storm!
Stuur asseblief u foto per boodskap/messenger. Die sal opgelaai word waarna u kommentaar kan lewer!
Alumni_Die Hoërskool Wonderboom
-WonniesAmptelikeBladsy