Nuuskierige Agies Kleuterakademie

Nuuskierige Agies Kleuterakademie

Share

Kom deel die giggel-lekker stimulasie-program wat bou op christelike waardes in 'n rustig, liefdevolle speel omgewing. .

Photos from Nuuskierige Agies Kleuterakademie's post 06/08/2026

Dankie Eco Pilots omgewingsopvoedingprogram vir ons verskriklikke oulike Instappie oor voëls vandag!! Ons Agies het dit baie geniet!!🦉🦅🤩

03/08/2026

Gedagte vir die week: 🌷

Kinders hoef nie heeltyd besig gehou te word nie. Om soms verveeld te wees, is eintlik baie waardevol vir hul ontwikkeling.

•Dit stimuleer kreatiwiteit - Wanneer daar nie ń skerm (tv, fone, ipad’s)/ speelding of aktiwiteit is wat hulle vermaak nie. Begin hulle self idees uitd**k.

•Dit ontwikkel probleemoplossingsvaardighede- Hulle leer om self te d**k.

•Dit leer geduld en veerkragtigheid - Die lewe is nie altyd opwindend nie. Kinders wat leer om verveling te hanteer, kan later beter met wagtye en minder opwindende take omgaan.

•Dit bevorder selfstandigheid - Hulle raak minder afhanklik daarvan dat ń volwassene hulle heeltyd moet vermaak.

•Dit gee die brein kans om te rus - Net soos die liggaam rus nodig het, het die brein ook stil oomblikke nodig.

Kinders het steeda liefde, aandag, speeltyd en leiding nodig. Maar hulle hoef nie elke minuur van die dag geprogrammeer of vermaak te word nie.

Soms is dit juis in daardie “niks-om-te-doen” oomblikke waar hulle die meeste groei.

21/07/2026

LEKKER VERJAAR TANNIE MARIA! 💛

Photos from Nuuskierige Agies Kleuterakademie's post 03/07/2026

Eerste week van vakansie program klaar! 🤩 Nou kan ons juffrouens ook afvat en rus. Sien almal weer die 13de vir nog vakansie pret! 🌟

Photos from Nuuskierige Agies Kleuterakademie's post 19/06/2026

Braaibroodjies & BICEPS💪🏻
STERK ARMS = Stywe drukkies🩷🩵
Gelukkige Pappadag bederfie aan elke oulike en S T E R K Agie Pappa!!🤗

11/06/2026

By die kleuterskool hoef alles nie altyd ernstig te wees nie!
Hier is ook tyd vir grappies maak!😂

05/06/2026

🍡A G I E S K O E K V E R K O P I N G🍭
Want wat is ‘n Vrydag sonder ietsie lekker!!
Ons Agie mamma’s is die kreatiefste!!🤩🩷🩵💚💜💛

05/06/2026

Ons harte bars van trots!!!❤️
Agies + Ouers = Wenspan!! ♻️🤩

03/06/2026

Dankie Brinant Group vir julle kuier vanoggend!! Ons Agies het dit geniet en slim geleer van die Polisie se nommer en om nie met vreemdelinge te praat nie!!⭐️⭐️

Photos from Nuuskierige Agies Kleuterakademie's post 30/05/2026

Dit is kinder beskermings week! Nuuskierige Agies en Laerskool Voorpos - Amptelik gee graag terug aan die gemeenskap!! Dankie Danie van Loggerenberg van Nasionale Sentrum vir Kinder Beskerming vir jou baie insigewende praatjie vanoggend oor selfoon gevaar vir ouers en kinders! Coffee Run het gesorg vir ietsie lekker om te drink!!

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Website

Address


Cunningham 1341 Waverley
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 06:30 - 17:00
Tuesday 06:30 - 17:00
Wednesday 06:30 - 17:00
Thursday 06:30 - 17:00
Friday 06:30 - 17:00