Laerskool Skuilkrans

Laerskool Skuilkrans Welkom by Laerskool Skuilkrans! Mag ons skool vir u en u kind ‘n ryke en blywende ervaring inhou.

Skuilkrans is buitengewoon braaf teen boelies!
02/10/2026

Skuilkrans is buitengewoon braaf teen boelies!

Boeliegedrag bly ’n wesenlike uitdaging in Suid-Afrikaanse skole. Volgens die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) het klagtes oor boeliegedrag 68% uitgemaak van die klagtes wat by skole wat in dié kommissie se jongste monitering ondersoek is, ontvang is. Teen hierdie agtergrond het AfriFo...

Tafel besprekings sluit vandag - bespreek vandag om teleurstelling te voorkom!Sluit by ons aan vir ’n besonderse oggend ...
02/10/2026

Tafel besprekings sluit vandag - bespreek vandag om teleurstelling te voorkom!

Sluit by ons aan vir ’n besonderse oggend vol inspirasie, lekker geselskap, geurige koffie, heerlike verversings en uitstekende vermaak.

Vroue uit die publiek is ook van harte welkom om saam met ons hierdie spesiale oggend te geniet. Kom kuier, ontspan en skep saam met ons kosbare herinneringe by Laerskool Skuilkrans se Damesoggend 2026.

Ons kan nie wag om julle daar te verwelkom nie!

Ons is ongelooflik trots op die volgende leerders wat verkies is om deel te wees van die Tshwane Provinsiale Spanne wat ...
28/09/2026

Ons is ongelooflik trots op die volgende leerders wat verkies is om deel te wees van die Tshwane Provinsiale Spanne wat aan die IRT-Kampioenskap deelneem.

O/12-spelers:
Lienke Grant
Anine Groenewald
Jodene Henning

O/13-spelers:
Tiana Burnett
Michaela Mashiane

Baie geluk met hierdie besondere prestasie! Julle harde werk, toewyding en talent het vrugte afgewerp. Ons wens julle alle sterkte en sukses toe vir die IRT-Kampioenskap. Ons is trots op julle!

Ons wens al ons leerders, ouers en onderwysers ’n baie gelukkige Erfenisdag toe!Mag hierdie besondere dag ons inspireer ...
24/09/2026

Ons wens al ons leerders, ouers en onderwysers ’n baie gelukkige Erfenisdag toe!

Mag hierdie besondere dag ons inspireer om ons ryk kultuur en geskiedenis met ons kinders te deel, ons diversiteit te vier en saam aan ’n helder toekoms te bou.

Kom ons vier wat ons uniek maak en die erfenis wat ons met trots aan die volgende geslag kan oordra.

Op hierdie spesiale dag wil ons graag ons opregte gelukwense uitstuur aan jou, Suandri Lewis, ons geliefde Juffrou! Mag ...
24/09/2026

Op hierdie spesiale dag wil ons graag ons opregte gelukwense uitstuur aan jou, Suandri Lewis, ons geliefde Juffrou! Mag jou verjaarsdag gevul wees met vreugde, liefde, en baie glimlagte. Dankie vir jou harde werk en toewyding - jy is 'n ware pilaar van ons skoolgemeenskap.

Ons hoop dat hierdie jaar vir jou voorspoed, sukses en talle gelukkige oomblikke sal bring. Geniet jou spesiale dag ten volle en weet dat jy baie waardeer word deur ons almal!

Ons Graad R-Skuilies het Erfenisdag op ’n besonder spesiale manier gevier!Die kleuters het ’n heerlike klaspiekniek geni...
23/09/2026

Ons Graad R-Skuilies het Erfenisdag op ’n besonder spesiale manier gevier!

Die kleuters het ’n heerlike klaspiekniek geniet waar hulle aan ’n groot verskeidenheid tradisionele erfenisdisse kon peusel. Hulle het ook met trots aangetrek om hul verskillende kulture en erfenisse met mekaar te deel.

Dit was ’n wonderlike geleentheid om te leer, te deel en ons land se ryke verskeidenheid van kulture te vier. Ons is trots op elkeen van ons Skuilies en die unieke erfenis wat hulle deel van ons Skuilie-familie maak!

23/09/2026

Gys Pitzer Motoring het die beste verkoopsmanne! 🚗🔥

Altyd gereed om jou te help om die regte kar vir jou te kry. Kom kuier gerus by ons en laat ons jou volgende rit begin! ✨

Gys Pitzer borg met trots die Laerskool Skuilkrans Netbalspanne.

Word deel van Laerskool Skuilkrans se dinamiese span!
23/09/2026

Word deel van Laerskool Skuilkrans se dinamiese span!

Dit is met groot trots en opgewondenheid dat ons vandag ons 2027-leiers aankondig!Leierskap gaan oor veel meer as net ’n...
22/09/2026

Dit is met groot trots en opgewondenheid dat ons vandag ons 2027-leiers aankondig!

Leierskap gaan oor veel meer as net ’n titel – dit gaan oor karakter, verantwoordelikheid, diensbaarheid en die bereidwilligheid om ’n verskil te maak.

Mag elkeen van ons nuwe leiers hul lig helder laat skyn, ander inspireer, met omgee en integriteit lei, en elke dag ’n positiewe bydrae tot ons skoolgemeenskap lewer.

Baie geluk aan elkeen van julle! Ons is ongelooflik trots op julle en sien met groot afwagting uit na die mooi jaar wat voorlê.

Mag julle leierskap ’n inspirasie wees en 2027 ’n jaar maak om te onthou!

Ons Graad 7-leerders het as deel van hul Entrepreneursdag-projek nie net waardevolle lesse oor besigheid, wins en entrep...
21/09/2026

Ons Graad 7-leerders het as deel van hul Entrepreneursdag-projek nie net waardevolle lesse oor besigheid, wins en entrepreneurskap geleer nie, maar ook oor die belangrikheid van om terug te gee.

Met groot trots het ons leerders ’n gedeelte van hul Entrepreneursdag-wins aan Wollies Animal Project geskenk.

Hierdie bydrae is ons leerders se manier om waardering te toon vir die wonderlike werk wat Wollies doen om diere te versorg, te beskerm en ’n tweede kans te gee.

Ons is ongelooflik trots op ons jong entrepreneurs wat bewys dat groot idees en groot harte hand aan hand kan gaan.

Address

36 Grace Lane, Murrayfield
Pretoria

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 14:00

Telephone

+27128037103

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Skuilkrans posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Skuilkrans:

Shortcuts

Share

Category