Bright Blocks

Bright Blocks Christelik-gebaseerde speelskool vir 1–5 jariges ✨
’n Veilige ‘tweede huis’ waar elke kind saak maak. Ons kies LIEFDE 💛
Ons kweek LIG vir die wêreld 🔆

LEER ONS SPAN KEN | GRACE 🔆Gracy is Alyssa se regterhand in die kombuis en met ons kosvoorbereiding.As ek haar vra om go...
04/09/2026

LEER ONS SPAN KEN | GRACE 🔆

Gracy is Alyssa se regterhand in die kombuis en met ons kosvoorbereiding.

As ek haar vra om gou wortels te skil, hoender fyn te sny of kaas te rasper, het sy lankal na die spyskaart gekyk en sê: “Dit is klaar en in die yskas vir jou.”

… wanneer sy sien ek hardloop met 100 tabs oop in my kop, vra sy:
“Kan ek vir jou tee maak?”
“Kan ek solank met middagete begin?”
“Het jy al jou vitamins gedrink?”💛

Maar Gracy is veel meer as net ons kombuis-regterhand. Sy help ook by ons 1–3 jarige groepie, is altyd reg vir speel, het gereeld ’n kind op die heup en ’n drukkie reg vir ’n maatjie wat Mamma ’n bietjie ekstra mis💛

Kom leer ons Gracy ken…

Gunsteling ete om vir die maatjies te maak?
My pannekoekpap! Taystee Wheat, varsmelk, kaneel en ’n paar geheime bestanddele wat ons nie gaan weggee nie😉

Wat geniet jy die meeste van die kinders?
Hulle vreugde en laggies wat ek elke dag deur die kombuisvenster hoor… en dat hulle almal so gemaklik by my voel.

Wat laat jou elke dag lag?
Die dinge wat hulle sê! Daar is elke dag ’n nuwe storie😂

Wat is jou superpower?
Kinders grootmaak en liefhê. Ek het vier van my eie grootgemaak en is ongelooflik trots op die mooi, suksesvolle volwassenes wat hulle vandag is.

Iets wat mense dalk nie van jou weet nie?
Ek en Alyssa stap al 26 jaar ’n pad saam. Ek was deel van haar grootwordjare en vandag werk ons elke dag langs mekaar by Bright Blocks💛

Ons Gracy…
Altyd ’n plan, altyd ’n helpende hand en altyd liefde om uit te deel.

Ons is baie lief vir jou, Gracy, en baie dankbaar dat jy deel is van ons Bright Blocks-familie🔆💛

Bright Blocks Speelskool sal nie dieselfde wees sonder jou en jou lekker kos nie💛

01/09/2026
LEER ONS SPAN KEN | ELAINE 💛Vandag stel ons iemand voor wat werklik deel is van die hart én leiding van Bright Blocks.On...
28/08/2026

LEER ONS SPAN KEN | ELAINE 💛

Vandag stel ons iemand voor wat werklik deel is van die hart én leiding van Bright Blocks.

Ontmoet Elaine… ons hoof, juffrou van ons 3–5 jarige maatjies en Alyssa se regterhand.

Toe Elaine in 2025 hier instap, het sy van dag een af ingespring en ingepas asof sy al jare deel van ons storie is. Sy lei met liefde en soveel genade, neem inisiatief en is altyd gereed om in te spring waar sy nodig is.

Wat haar besonders maak, is haar warmte teenoor ons kinders, ouers én personeel. Sy ken elke maatjie so goed en benader hulle volgens hul eie unieke persoonlikheid en behoeftes.

Bright Blocks sou eenvoudig nie dieselfde wees sonder haar nie💛

Kom leer haar ’n bietjie beter ken…

Wie is jy as jy nie by BB is nie?
My hoofrol in die lewe is vrou van ’n amazing man en mamma van twee besige, bitter oulike seuntjies ❤️ Ook net ’n doodgewone mens wat die lewe geniet en probeer navigate🥂🗾🏖️💛

3 woorde wat jou beskryf:
Vriendelik, spontaan & deernisvol.

Wat maak jou beker vol?
TYD saam met my man, kinders, vriende en familie 🙌🏻 Nóg voller as dit langs die see of in die bos is… daar waar die son bietjie anders skyn☀️

As jy nie by die skool is nie, waar sal ons jou kry…
Ek sou sê by my man en kinders. My man sê: “By Woolworths.” 🤣

Iets wat min mense van jou weet:
Ek hou baie van lees… maar ek Google ook die spoilers sodat ek die boek rustig kan lees, eerder as om deurnag te lees🤣

Wat geniet jy die meeste van werk met kinders?
Elke dag is anders! Daar is goeie roetines, maar kinders hou mens op jou tone. Maak nie saak hoe moeilik ’n dag is nie, daar is ALTYD iets positief en mooi wat gebeur wat mens se hart vol maak❤️

My superkrag by Bright Blocks:
Om mense te laat lag 🫶🏼
’n Calm-bringer 😜
…maar Michelle sê ek moet mentor sê😉💛

En dit is ons Elaine💛

Die een wat help leiding gee, rustigheid bring, lekker saamlag en altyd ’n bietjie ekstra LIG saam met haar dra.

Ons mense is wat Bright Blocks maak wat dit is… en ons is baie dankbaar dat sy een van ons mense is🔆🫶🏼

P A D V E I L I G H E I D🚦✋🏼🔆Speel met ’n DOEL! 🚗💛Padveiligheid hoef nie net geleer te word nie… dit kan deur speel en o...
25/08/2026

P A D V E I L I G H E I D🚦✋🏼🔆

Speel met ’n DOEL! 🚗💛

Padveiligheid hoef nie net geleer te word nie… dit kan deur speel en ontdek beleef word! Vandag het ons maatjies verkeersligte, padtekens en die belangrikste padreëls op ’n lekker praktiese manier ontdek.

Want wanneer klein handjies besig is, is klein breintjies besig om te leer, dink en groei.

Dis waaroor LEER DEUR SPEEL gaan!💛🔆

LEER ONS SPAN KEN | ALYSSA 🔆Ons skop vandag ons LEER ONS SPAN KEN-reeks af💛Ek is die eienaar en stigter van Bright Block...
21/08/2026

LEER ONS SPAN KEN | ALYSSA 🔆

Ons skop vandag ons LEER ONS SPAN KEN-reeks af💛

Ek is die eienaar en stigter van Bright Blocks, maar hierdie plekkie was nog nooit vir my nét ’n besigheid nie.

Ek was heel aan die begin self juffrou, toe ons maatjies nog op net een handjie getel kon word. Soos Bright Blocks Speelskool gegroei het, het meer maatjies en juffrouens bygekom en my rol het saam verander.

Vandag is ek ’n bietjie van alles…
ek beplan spyskaarte en berei gesonde kossies voor, vee trane af, leen ’n heup en twee hande vir liefde, social media content creator, spring in as juffrou en probeer raaksien wanneer een van ons span se bekers ’n bietjie leeg raak💛

Van daardie eerste handjievol maatjies tot vandag sien ek God se hand en getrouheid in elke seisoen. My hart bly dieselfde: ’n plek waar kinders veilig is, deur speel leer, groei en bo alles geliefd voel💛

Nou vir die mens agter Bright Blocks…

Wat laat jou beker vinnig weer vol loop?
’n Lekker draffie of pilates, goeie koffie, son op my gesig en tyd saam met my hartsmense💛

Wat hoor mense by Bright Blocks jou die meeste sê?
“Julle, ek het ’n idee…”
Gewoonlik gevolg deur iets wat ons moet skuif, verander, print, verf of teen Vrydag klaar kry.

Wat is jou superpower?
Ek kan ’n hele dag organiseer, ’n probleem oplos, ’n plan B uitdink en drie kinders se dinge onthou… maar vra my waar my sleutels is en ons het ’n probleem😂

Jou gunsteling Bright Blocks-oomblikke?
Die kleintjies wat sommer net kom inklim vir ’n drukkie… en daardie oomblikke wanneer ek besef: hierdie maatjies voel regtig tuis hier.

Wie is Alyssa wanneer sy nie “Bright Blocks-Alyssa” is nie?
Mamma van drie, Franco se vrou, lief vir oefen, lekker kos en my hartsmense. Altyd besig om iets te beplan of mooier te maak… en waarskynlik steeds iewers op my foon besig is met ‘n Instagram-reel.

Van een handjievol maatjies tot wat Bright Blocks vandag is… is ek ongelooflik DANKBAAR. Vir elke kind, elke gesin, elke personeellid en bo alles vir God se getrouheid deur elke tree.

Bright Blocks Speelskool… my hart, my passie, my droom! Dankie Jesus vir hierdie geseënde gemeenskap💛

L E E R  D E U R  S P E E L💛By Bright Blocks Speelskool is speel soveel meer as net pret.Wanneer klein handjies bou, sor...
20/08/2026

L E E R D E U R S P E E L💛

By Bright Blocks Speelskool is speel soveel meer as net pret.

Wanneer klein handjies bou, sorteer, klim, mors, ontdek en hulle verbeelding gebruik, is hulle besig om te leer.

Deur speel ontwikkel taal, probleemoplossing, kreatiwiteit, motoriese vaardighede, selfvertroue en sosiale vaardighede… dikwels sonder dat ’n kind eers besef hoeveel hy of sy leer🔆

Ons glo die mooiste leer gebeur wanneer kinders nuuskierig, betrokke en gelukkig is.

Want vir ’n kind is speel nie ’n blaaskans van leer nie…
speel ís leer🤍

mag die SON oor jou lewe SKYN🔆Die son is groot genoeg om oor almal te skyn.Daar is iets besonders daaraan om opreg bly t...
14/08/2026

mag die SON oor jou lewe SKYN🔆

Die son is groot genoeg om oor almal te skyn.

Daar is iets besonders daaraan om opreg bly te kan wees wanneer dit met iemand anders goed gaan. Om hulle mooi oomblikke te vier, hulle geluk te gun en nie te voel dat iemand anders se lig iets van joune wegneem nie🤍

Iemand anders se sonskyn beteken nie daar is minder son vir jou nie.

Mag ons mense wees wat vir mekaar klap, mekaar se oorwinnings vier en mekaar die mooi in die lewe gun. Want daar is plek vir almal om te groei, te blom en te skyn🔆

“Wees bly saam met dié wat bly is.”
Romeine 12:15

Gun ander hulle plek in die son.

Die son is groot genoeg om oor ons almal te skyn en onthou… jy is die LIEFDE wat jy GEE💛

Address

Lynnwood Ridge
Pretoria
0081

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bright Blocks posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Bright Blocks:

Share

Category