27/06/2026
📚 Sukkel jou kind met lees? Ons kan help! 📚
Lees is die sleutel tot leer. Wanneer ’n kind kan lees, kan hy of sy met selfvertroue leer, verstaan en groei in alle vakke en areas van die lewe.
Baie kinders sukkel nie met lees omdat hulle nie slim genoeg is nie, maar omdat die belangrike onderliggende vaardighede wat lees ondersteun, nog nie ten volle ontwikkel is nie.
By ons Leessentrum fokus ons op die ontwikkeling van noodsaaklike vaardighede soos:
✅ Oogdominansie en handdominansie
✅ Visuele en ouditiewe persepsie
✅ Geheue en konsentrasie
✅ Links-regs oriëntasie en ruimtelike bewustheid
✅ Oogbewegings en oog-hand koördinasie
✅ Begrip, spelling en leesvlotheid
✅ Verwerkingspoed en aandag
Wanneer hierdie grondslagvaardighede in plek is, word lees makliker, selfvertroue groei en leer word weer lekker!
Ons opgeleide leespersoneel bied gespesialiseerde leeslesse aan vir kinders vanaf Graad R tot Graad 12 in beide Afrikaans en Engels.
As jy kan lees, kan jy enigiets bereik!
Gee jou kind die geleentheid om sy of haar volle potensiaal te bereik.
Kontak ons vandag vir meer inligting of om 'n evaluasie te bespreek.