Kleinspoortjie Kleuterskool, Garsfontein

Kleinspoortjie Kleuterskool, Garsfontein Pragtige, Afrikaanse en Christelike skooltjie met liefdevolle juffrouens en bekwame assistente vir kleuters vanaf 12 maande - 5 jariges. Musieklesse ingesluit.

Ons ontwikkel op alle vlakke, en gee die heerlikste kos. Kontak Yolandie vir meer inligting.

01/09/2026
Vandag is ons skooltjie ñ volle 6 jaar oud! Baie dankie vir elke kind wat deur ons skool se hekkie gestap het oor hierdi...
01/09/2026

Vandag is ons skooltjie ñ volle 6 jaar oud! Baie dankie vir elke kind wat deur ons skool se hekkie gestap het oor hierdie jare, en elke ouer wat ons met hul kosbaarste toevertrou het.

ʼn Ekstra groot dankie gaan aan die werklike superhelde, ons juffrouens en assistente, wat elke dag met liefde en deernis, kennis en ervaring elke kleuter help ontwikkel. Vir elke juffrou en assistent by ons, en elke juffrou wat by ons was: baie baie dankie!! Ons sou dit nie sonder julle kon doen nie.

Nou vir die pad vorentoe: Mag ons elke dag steeds ons oog op God gevestig hou. Sy getrouheid, beskerming en seën is wat ons daagliks beleef. Mag ons aanhou met koninkrykswerk tot eer van Sy Naam.

Veels geluk, Kleinspoortjie omdat jy verjaar! Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar!!

Nicolene de Kamper Marzaan Bodenstein Martie Botha Johan Elfreda Booysen Hannelie du Toit Wilna Myburgh Japie Myburgh Louise Aucamp Wessels Louise Tustin

Ons personeel is hierdie week bederf met heerlike pizza van Grubhouse Olympus en ons kinders het geskenkbewyse gekry!! B...
27/08/2026

Ons personeel is hierdie week bederf met heerlike pizza van Grubhouse Olympus en ons kinders het geskenkbewyse gekry!! Baie dankie dat julle ons so bederf het!!

Vadersdag 2026 is een vir die boeke!! Pappa's, julle is ons Braai Meesters sonder wie ons nie kan gaan nie. Mag hierdie ...
21/06/2026

Vadersdag 2026 is een vir die boeke!! Pappa's, julle is ons Braai Meesters sonder wie ons nie kan gaan nie. Mag hierdie bibberende koue Vadersdag warm in elkeen se harte brand, en julle geseënd wees met julle geliefdes naby!
Dankie dat julle so spesiaal is vir ons kleuters by Kleinspoortjie Kleuterskool, Garsfontein.

Bak-en-Brou is een van Kleinspoortjie Kleuterskool, Garsfontein se hoogtepunte!! Dit bied elke kleuter die kans om hul e...
16/06/2026

Bak-en-Brou is een van Kleinspoortjie Kleuterskool, Garsfontein se hoogtepunte!! Dit bied elke kleuter die kans om hul eie skepping te maak, te voel, te sien en dan te kan proe. Gewoonlik gaan dit ook saam met ons week se tema. Al is dit nie altyd perfek nie, beleef die kinders dat hulle dit sélf kon doen. Aktualisering op sy beste!!

Hemelvaart dag - 14 Mei 2026 Kleinspoortjie Kleuterskool, Garsfontein
14/05/2026

Hemelvaart dag - 14 Mei 2026
Kleinspoortjie Kleuterskool, Garsfontein

Dit is ons voorreg by Kleinspoortjie Kleuterskool, Garsfontein  om ons Mammas te kan bederf met ñ heerlike koffietjie en...
09/05/2026

Dit is ons voorreg by Kleinspoortjie Kleuterskool, Garsfontein om ons Mammas te kan bederf met ñ heerlike koffietjie en ietsie te ete. Ons is so dankbaar vir alles wat julle vir julle gesinne beteken, en die rol wat julle vol staan. Weet dat ons dit raaksien. Dankie vir elke mamma wat kom saam kuier het. Mag elke Mamma hierdie Moedersdag ten volle geniet en spesiaal bederf word.
🌷🌸🪻🌺⚘️🌱❤️

MATTHÉÜS 28:5-9 AFR53[5] Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wa...
05/04/2026

MATTHÉÜS 28:5-9 AFR53
[5] Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. [6] Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het; [7] en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê. [8] En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel. [9] En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.

https://bible.com/bible/5/mat.28.5-9.AFR53

Hierdie week was ons Tema *Paasfees* gewees. Ons is so dankbaar dat ons by ons skool met die kinders die evangelie kan d...
27/03/2026

Hierdie week was ons Tema *Paasfees* gewees. Ons is so dankbaar dat ons by ons skool met die kinders die evangelie kan deel, en openlik van Jesus kan praat.

Ons deel hiermee dan ook so paar van ons kinders se kunswerkies. Spesiaal en kosbaar!!

Ons het ook vandag vir Juffrou Elfreda gegroet, na jare wat sy deel was van ons span. Dankie vir al jou liefde, omgee, harde werk, kreatiwiteit en tyd wat jy so sorgvuldig vir elke kind gegee het. Ons gaan jou mis, en wens jou alles wat mooi is toe vir jou pad vorentoe!

Address

573 Borzoi Street, Garsfontein
Pretoria East
0042

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 16:30
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00

Telephone

+27827845790

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kleinspoortjie Kleuterskool, Garsfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Kleinspoortjie Kleuterskool, Garsfontein:

Share

Category