CVO Skool Potgietersrus

CVO Skool Potgietersrus Hoërskool, Laerskool, Kleuterskool

Landbou uitstappie na Safari Taksidermie, Polokwane🫎
04/09/2026

Landbou uitstappie na Safari Taksidermie, Polokwane🫎

Party Vrydae is net ’n bietjie lekkerder as ander ! Met ons groen en goud aan vir Bok-Vrydag, ’n lekker gees en groot gl...
04/09/2026

Party Vrydae is net ’n bietjie lekkerder as ander !

Met ons groen en goud aan vir Bok-Vrydag, ’n lekker gees en groot glimlagte, het ons die boeke vir ’n rukkie eenkant gesit en die rolbalbaan aangedurf.

Skool gaan mos oor soveel meer as net dit wat in die klaskamer gebeur. Dit is die saam wees, die lag, nuwe dinge probeer en sommer net lekker kind wees wat later van die mooiste herinneringe word.

Baie dankie aan Potgietersrus Rolbalklub vir die uitnodiging en julle gasvryheid. Ons het elke oomblik geniet!

Baie sterkte aan Hannroux Keet, Darius Keet, Dawie De Klerk, Juvann Roodt & Luard Roodt wat hierdie naweek deelneem aan ...
04/09/2026

Baie sterkte aan Hannroux Keet, Darius Keet, Dawie De Klerk, Juvann Roodt & Luard Roodt wat hierdie naweek deelneem aan die Mpumalanga ope stoei by Menlyn.
Gaan rol hulle ! 🤼

03/09/2026

Die Bybel bly die vaste riglyn vir geloof, lewe en besluite.

Christelike waardes vorm die grondslag van alles wat ons doen.

Skryf jou kind in by ‘n CVO-skool. Ter wille van ons Kinders – tot eer van God!

www.bcvo.co.za

Maak gereed !
02/09/2026

Maak gereed !

02/09/2026
Agter elke skooldag wat glad verloop, is daar twee besondere dames wat organiseer, help, luister en reël. Dankie dat jul...
02/09/2026

Agter elke skooldag wat glad verloop, is daar twee besondere dames wat organiseer, help, luister en reël.

Dankie dat julle altyd daar is met ’n helpende hand, ’n vriendelike woord en ’n hart vir ons kinders, ouers en personeel.

Julle werk dalk agter die skerms, maar julle plek in ons skool is allesbehalwe ongesiens.

Dankie dat julle help om CVO Potgietersrus die besondere plek te maak wat dit is.

Gelukkige Sekretaressedag! 🌸

CVO Skool Potgietersrus is besonder trots op twee van ons leerlinge wat uitstekend presteer het in die FAK Internasional...
01/09/2026

CVO Skool Potgietersrus is besonder trots op twee van ons leerlinge wat uitstekend presteer het in die FAK Internasionale Geskiedenisolimpiade!

🥇 Carine Möller – Graad 9
Carine is die Provinsiale Wenner in Limpopo met ’n uitstekende gemiddelde van 81,6%!

🥉 Lienke de Vos – Graad 6
Lienke behaal ’n 3de plek in Limpopo met ’n puik gemiddelde van 81,6%!

Baie geluk, Carine en Lienke! Julle harde werk, toewyding en liefde vir geskiedenis het pragtige vrugte afgewerp.

Ons is trots op julle.

Address

R 101, Oorlogsfontein
Potgietersrust
0600

Opening Hours

Monday 07:00 - 13:40
Tuesday 07:00 - 13:40
Wednesday 07:00 - 13:40
Thursday 07:00 - 13:40
Friday 07:00 - 13:40

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when CVO Skool Potgietersrus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to CVO Skool Potgietersrus:

Shortcuts

Share

Category