Potchefstroom Gimnasium

Potchefstroom Gimnasium Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Potchefstroom Gimnasium, High School, Molen Street, Potchefstroom.

GIMMIE-SPORT๐ŸŽพ Multisurface Tennistoernooi | Deel 2 ๐ŸŽพVan 29 September tot 3 Oktober het twee van ons Gimmies-tennisspanne...
07/10/2026

GIMMIE-SPORT
๐ŸŽพ Multisurface Tennistoernooi | Deel 2 ๐ŸŽพ

Van 29 September tot 3 Oktober het twee van ons Gimmies-tennisspanne aan die tweede deel van die Multisurface Tennistoernooi deelgeneem. ๐ŸŽพ๐Ÿ’™

Ons spanne het hul kragte gemeet teen Waterkloof, Menlopark, Paarl Gim, Nelspruit, Cradock Hoรซrskool en Midstream College โ€“ โ€™n week vol goeie tennis, spanwerk en waardevolle ervaring.

๐Ÿ† Meisies: 5de plek
๐Ÿ† Seuns: 4de plek

Ons is ongelooflik trots op al vier ons Gimmies-tennisspanne wat deur die loop van die twee toernooie deelgeneem het. Julle harde werk, toewyding en sportmangees maak ons trots! ๐Ÿ‘๐Ÿป

Die toernooi was ook โ€™n besonder spesiale geleentheid, aangesien dit die laaste wedstryde vir ons matriekleerders, Lรฉza Naudรฉ en Righard Raath, in โ€™n Gimmie-tennistrui was. ๐ŸŽ“๐ŸŽพ Baie dankie vir alles wat julle tot ons tennisprogram bygedra het โ€“ ons wens julle net die beste toe vir die pad vorentoe! GSOK Gimmie-sport Ondersteunersklub

Wat โ€™n besonderse aand! Ons matrieks het tydens hulle matriekafskeid geskitter op die rooi tapyt.        Dames en jong h...
07/10/2026

Wat โ€™n besonderse aand! Ons matrieks het tydens hulle matriekafskeid geskitter op die rooi tapyt.

Dames en jong here, julle het absoluut pragtig gelyk โ€“ maar dit was nog mooier om te sien hoe julle hierdie spesiale geleentheid saam geniet en herinneringe maak wat julle nog lank sal koester. โœจ

Hier is โ€™n paar fotoโ€™s van die aand. โ€™n Spesiale dankie aan juffrou Susan Botha en haar span vir al die tyd, moeite en liefde waarmee hierdie aand vir ons matrieks so besonders gemaak het. ๐Ÿ‘

Matrieks, โ€™n skakel met al die fotoโ€™s sal met julle gedeel word sodat julle dit kan aflaai.

Op 2 en 3 Oktober het ons Gimmie-fietsryers aan die nasionale kampioenskappe in Stellenbosch deelgeneem. Dag 1 was die S...
07/10/2026

Op 2 en 3 Oktober het ons Gimmie-fietsryers aan die nasionale kampioenskappe in Stellenbosch deelgeneem. Dag 1 was die SA skole-kompetisie, gevolg deur die interprovinsiale kompetisie op Dag 2. ๐Ÿ†๐Ÿšดโ€โ™€๏ธ

2 Oktober
* Hanru Odendaal โ€“ 12de
* Phillip Moodie โ€“ 11de
* Dian Scholtz โ€“ 18de
* Mieke Erasmus โ€“ 24ste
* Juwan Serfontein โ€“ 32ste

3 Oktober
* Phillip Moodie โ€“ 11de
* Hanru Odendaal โ€“ 15de
* Dian Scholtz โ€“ 17de
* Mieke Erasmus โ€“ 21ste
* Juwan Serfontein โ€“ 32ste

Ons is trots op elke Gimmie! Geluk met puik uitslae.๐Ÿ‘ GSOK Gimmie-sport Ondersteunersklub

WELKOM TERUG, GIMMIES! ๐Ÿ˜Die vakansie is verby en die laaste kwartaal lรช voor!Met nog โ€™n paar weke van leer, groei, gelee...
06/10/2026

WELKOM TERUG, GIMMIES! ๐Ÿ˜

Die vakansie is verby en die laaste kwartaal lรช voor!

Met nog โ€™n paar weke van leer, groei, geleenthede en herinneringe, is die einde van die jaar in sig.

Sterkte vir die vierde kwartaal. Gee jou beste, hou aan probeer en maak elke dag tel.

๐Ÿ๐Ÿ’™ Elriesa Theunissen-week ๐Ÿ’™๐Ÿโ€™n Besonderse week van dogterskrieket, ontwikkeling en groei ter nagedagtenis aan Elriesa T...
05/10/2026

๐Ÿ๐Ÿ’™ Elriesa Theunissen-week ๐Ÿ’™๐Ÿ

โ€™n Besonderse week van dogterskrieket, ontwikkeling en groei ter nagedagtenis aan Elriesa Theunissen, Potchefstroom Gimnasium se eerste nasionale krieketspeler. Ons is geรซerd om haar nalatenskap te vier deur die fees na haar te vernoem.

Agt skole het deelgeneem aan die 40-beurt witbalfees:
๐Ÿ Potchefstroom Gimnasium
๐Ÿ Lichtenburg
๐Ÿ Driehoek
๐Ÿ Saints Christian School
๐Ÿ Steyn City
๐Ÿ St Patricks CBC
๐Ÿ SA Cricket Academy
๐Ÿ Potchefstroom Volkies

Gimmies het 5 wedstryde gespeel en 1 wedstryd gewen. Die kompetisie was op โ€™n besonder hoรซ standaard, en ons dogters het deur die week waardevolle ervaring opgedoen en as spelers gegroei.

๐Ÿ’™ Ons is ongelooflik trots op elke Gimmie-dogter vir haar harde werk en deursettingsvermoรซ op die veld. Julle het Gimmies se naam met trots verteenwoordig! ๐Ÿ’ช๐Ÿป๐Ÿ

05/10/2026

๐Ÿ“š๐Ÿ’™ Gelukkige Wรชreldonderwysersdag aan elke Gimmie-onderwyser! ๐Ÿ’™๐Ÿ“š

Vandag sรช ons dankie aan die ongelooflike onderwysers wat elke dag met passie, geduld en liefde in ons leerders se lewens belรช.

Dankie vir die ure se voorbereiding, ekstra moeite, die aanmoediging wanneer dit moeilik raak, die klein oorwinninkies wat saam gevier kan word en die groot impak wat julle elke dag maak.
Julle vorm jongmense, bou karakter en inspireer die volgende generasie. Die liefde en passie waarmee julle onderwys gee, maak Gimmies โ€™n besondere plek om te leer en te groei.

Aan elke Gimmie-onderwyser: Dankie vir wie julle is, vir wat julle doen en vir die verskil wat julle elke dag maak. Ons waardeer julle! ๐Ÿ’™

Ons sien uit na โ€™n week vol opwindende skoolaktiwiteite!๐Ÿ˜
05/10/2026

Ons sien uit na โ€™n week vol opwindende skoolaktiwiteite!๐Ÿ˜

GIMMIE-KUNSTE๐ŸŽจโœจ SKEPPING โœจ๐ŸŽจโ€™n Groot dankie aan elke leerder wat ingeskryf het vir die kunsuitstalling, Skepping.๐Ÿ’™ Ons is...
03/10/2026

GIMMIE-KUNSTE
๐ŸŽจโœจ SKEPPING โœจ๐ŸŽจ
โ€™n Groot dankie aan elke leerder wat ingeskryf het vir die kunsuitstalling, Skepping.๐Ÿ’™ Ons is baie trots op julle en op die manier waarop julle die Gimmie-naam hoog hou.

Ons nooi die gemeenskap uit om โ€™n draai te maak by die Kuierkombuis en die leerders se pragtige kunswerke te bewonder.๐Ÿ’™

Irma Kotze het van 24-27 September aan die SA Kortbaankampioenskappe in Pietermaritzburg deelgeneem, waar sy in die ope-...
02/10/2026

Irma Kotze het van 24-27 September aan die SA Kortbaankampioenskappe in Pietermaritzburg deelgeneem, waar sy in die ope-afdeling teen die land se beste swemmers meegeding het.
Haar uitslae:
- 100 m vlinderslag: 31ste
- 200 m individuele wisselslag: 40ste
- 200 m vlinderslag: 13de (3de in die B-finaal)
- 200 m vryslag: 42ste
- 400 m individuele wisselslag: 16de (6de in die B-finaal)
- 100 m individuele wisselslag: 52ste
Ons is ongelooflik trots op Irma se harde werk, toewyding en deursettingsvermoรซ. Baie geluk met hierdie besondere prestasies! ๐Ÿ’™๐ŸŠโ€โ™€๏ธ

GIMMIE-SPORT๐ŸŠ๐Ÿผโ€โ™‚๏ธ๐Ÿ’™ Namibiรซ-kortbad-kampioenskappeKeegan Tredoux, Egbert Palmer en Mieke van der Walt, Gimmie-swemmers, w...
02/10/2026

GIMMIE-SPORT
๐ŸŠ๐Ÿผโ€โ™‚๏ธ๐Ÿ’™ Namibiรซ-kortbad-kampioenskappe

Keegan Tredoux, Egbert Palmer en Mieke van der Walt, Gimmie-swemmers, was deel van die NWU Junior Swemklub wat aan die Namibiese kortbadkampioenskappe in Swakopmund deelgeneem het.

Hulle het uitsonderlik presteer met verskeie persoonlike beste tye, plekke in die finaal รฉn medaljes.

๐Ÿฅ‡๐Ÿฅˆ๐Ÿฅ‰ Keegan Tredoux het goud in die 100 m- en silwer in die 200 m-borsslag behaal. Hy het ook vier aflosmedaljes verower waarvan een silwer- en drie bronsmedaljes.

๐Ÿฅˆ๐Ÿฅ‰ Egbert Palmer het โ€™n indrukwekkende ses individuele medaljes ingepalm: silwer in die 50 m- en 100 m-rugslag, asook die 400 m- en 800 m-vryslag, en brons in die 100 m- en 200 m-vryslag. Hy het ook een silwer- en drie bronsmedaljes in die aflosse verower.

๐Ÿฅ‰ Mieke van der Walt was deel van die gemengde 200 m-wisselslag- รฉn 200 m-vryslagaflosspanne wat albei bronsmedaljes gewen het.

Baie geluk, Keegan, Egbert en Mieke! Ons is trots op julle puik prestasies en die manier waarop julle Gimmies verteenwoordig het.๐Ÿ’™๐ŸŠ๐Ÿผโ€โ™‚๏ธ

Address

Molen Street
Potchefstroom
2531

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 15:00

Telephone

+27182930267

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Potchefstroom Gimnasium posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Potchefstroom Gimnasium:

Shortcuts

Share

Category