15/06/2020
[NWU KUNSTE LEGENDES]
Vandag se legende was vir meer as 20 jaar die bekende man agter die Noot vir Noot klavier, Johan van Rensburg! As oud-Gimmie, Potchefstromer en NWU-Pukke is hy en sy musikale talent verweef met die geskiedenis van NWU Kunste / Arts en die Alabama studentegeselskap. Johan was die musikale-regisseur van die Alabama van 1964 - 1973 en het later die musiekvasvraprogram Noot vir Noot saam met Johann Stemmet begin. Hy is getroud met Rina Hugo, hulle het twee kinders en drie kleinkinders. NWU - North-West University Potchefstroom Gimnasium Potchefstroom
26/11/2019
Kom luister na 2 vorige presidente. Kaartjies vir die oggendprogram (Pakket 1 en Pakket 3) wat 'n aansit-ete insluit, is slegs tot Woensdag, 27 November 2019 om 09:00 te koop!
Koop NOU jou kaartjie by: https://tickets.tixsa.co.za/event/puk-150-fees of skakel 087 087 7464.
Sien jou Saterdag, 30 November 2019 by Snowflake Potchefstroom vir die
NWU-Pukke: 'n Terugblik: studentelewe1960's - 1970's
'n Terugblik op studentelewe in die laat 1960's, vroeë 1970's. Wie herken jy? Het jy deel hiervan gevorm? Wat is jou beste herinnering aan die NWU-Puk?
24/10/2019
Kyk net hoe baie Pukke is ons hier
(Musiekvideo hierbo)
Disselboom se voete ken die wêreld goed
Van Lover's lane, Calvyn, die Draak en elke hoek
Noordwes gebore hy's vir boggorol bang
Hy was die hardslaan hakker van die PUK I-span
En elke aand as hy in sy bed gaan klim
Hoor hy die varsity-studente langs die Fanie sing
Koor
Kyk net hoe baie Pukke is ons hier
Kyk net hoe baie Pukke is ons hier
Almal weet dis lekker hier - ons plekkie langs die Mooirivier
Kyk net hoe baie Pukke is ons hier
Met ʼn Pukkie om sy bene langs ʼn Potch-dam vuur
Lê sy spore net so wyd soos die van Totius hier
Oral met die Pukkoor het hy saamgesing
Van die Konserve, Amfi tot die Ouditorium
Doorsindroom van Noordwes het sy hart gewen
Hy't ʼn radio in sy kar - hy luister PUKFM!!!!
Koor
Kyk net hoe baie Pukke is ons hier
Kyk net hoe baie Pukke is ons hier
Almal weet dis lekker hier - ons plekkie langs die Mooirivier
Kyk net hoe baie Pukke is ons hier
Kyk net hoe baie Pukke is ons hier
Kyk net hoe baie Pukke is ons hier
Almal weet dis lekker hier - ons plekkie langs die Mooirivier
Kyk net hoe baie Pukke is ons hier
Aardklop op die Bult is sy beste fees
Ja hy droom hy kan elke aand in Bourbons wees
Pizza en ʼn gummie is sy wine and dine
Dan ʼn laataand in Impala tot met closing time
Disselboom en liefie vat ʼn lang sluk bier
Vrydagmiddag langs die oewer van die Mooirivier
Noordwes gebore hy's vir boggorol bang
Hy was die hardslaan hakker van die PUK I-span
Hy krap hul twee se name uit ʼn wilgerboom
En belowe hul gaan saam oud word in Potchefstroom
Kyk net hoe baie Pukke is ons hier
Kyk net hoe baie Pukke is ons hier
Almal weet dis lekker hier - ons plekkie langs die Mooirivier
Kyk net hoe baie Pukke is ons hier!
Kyk net hoe baie Pukke is ons hier!
Kyk net hoe baie Pukke is ons hier
Kyk net hoe baie Pukke is ons hier
Musiek en Lirieke: Pieter Smith
Foto: PictureCafé, Potchefstroom