Eco-Kids

Eco-Kids Eco-Kids stel kinders bloot aan die wonders en werkinge van ons komplekse en perfekte natuur. Ons gebruik die Skepping as fondasie en eer God daarvoor.

Die program is ontwikkel deur Dr Hilde Pienaar, ʼn mamma met ʼn passie vir God, die Skepping en kinders.

“Children still need a childhood with dirt, mud, puddles, trees, sticks and tadpoles” – Brook Hampton.
03/12/2024

“Children still need a childhood with dirt, mud, puddles, trees, sticks and tadpoles” – Brook Hampton.

Die Eco-Kids leer oor ERDWURMS.Erdwurms is goed vir gesonde grond. 'n Wurmstelsel wat 1 meter lank, 2 meter breed en 30 ...
02/12/2024

Die Eco-Kids leer oor ERDWURMS.

Erdwurms is goed vir gesonde grond. 'n Wurmstelsel wat 1 meter lank, 2 meter breed en 30 sentimeter diep is, kan die gemiddelde hoeveelheid bioafbreekbare huishoudelike afval vir 'n jaar hanteer!

Eco-Kids se fondasie is gevestig in die Skepping, soos dit in Genesis 1 neergelê is.Ons glo dat God die hemel en Aarde e...
28/11/2024

Eco-Kids se fondasie is gevestig in die Skepping, soos dit in Genesis 1 neergelê is.

Ons glo dat God die hemel en Aarde en alles daarop in 6 dae geskep het, en dat Hy die 7de dag as 'n heilige rusdag verklaar het. Ons glo in 'n jong aarde, waar dinosourusse saam met die mens gewandel het, en nie miljoene jare voor ons nie. Ons glo dat God die Son, mane en elke ster en planeet sorgvuldig op hulle plek geplaas het. Ons glo daar was 'n globale Sondvloed, wat ons berge en valleie gevorm het, met die reënboog wat ons herinner aan die verbond tussen God en alle vlees op aarde.

Ons glo dat God, die Skepper, elke lewende ding op aarde doelbewustelik geskape het. Dat hy simbiotiese verhoudings noukeurig met mekaar deurweef het in ʼn komplekse, asemrowende en perfekte ekostelsel. Dat hy vir ons, as mens, unieke vingerafdrukke met Sy hand uitgekerf het, en ons elkeen by die naam ken.

“Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen” Matt 6:13
“Lei 'n kind op in die pad wat hy moet gaan; selfs as hy oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie” Spreuke 22:6

28/11/2024

Het jy geweet? Daar is elke dag ongeveer 10 tot 20 vulkaniese uitbarstings op aarde . . . en baie meer wanneer ons Eco-Kids die dag oor die aardkors, tektoniese plate en vulkane leer!

NUUS: Eco-Kids het vroeër hierdie jaar Laeveld toe getrek en die dorp verruil vir die plaaslewe... Dit is heerlik en pra...
28/11/2024

NUUS: Eco-Kids het vroeër hierdie jaar Laeveld toe getrek en die dorp verruil vir die plaaslewe... Dit is heerlik en pragtig hier in die Watervalriviervallei, maar, ek mis my Eco-Kids Troopers en ons dae langs die Moorivier in Potchefstroom geweldig baie!

Die rustigheid hier, so saam met ons skool wat vandag gesluit het, gee my nou tyd om terug te kyk na al die lekker klasse wat ons oor die laaste 3 jaar gehad het. Ek is opgewonde om dit met julle te deel oor die volgende paar weke!

30/01/2024

Ons klein Eco-Kiddie, Cari (4), behandel die lewensiklus van die sywurm... sonder enige formele les 😅

Ons Eco-Kids leer van sterre en planete
27/01/2024

Ons Eco-Kids leer van sterre en planete

Splinternuwe klas spesiaal vir ons Junior Eco-Kiddies! Fantastiese, gevestigde kurrikulum om bewusmaking en 'n passie vi...
26/01/2024

Splinternuwe klas spesiaal vir ons Junior Eco-Kiddies! Fantastiese, gevestigde kurrikulum om bewusmaking en 'n passie vir die natuur te kweek! Stuur gerus 'n boodskap vir meer inligting 🌱🍄

22/01/2024

By Eco-Kids leer ons oor al die wonders en werkinge van God se Skepping.

Ons leer om ons omgewing te respekteer, te verstaan en te bewaar.

Ons lê ewige fondasies en kweek 'n liefde en passie vir die natuur, ekologie, biologie en natuurwetenskappe.

'n Nuwe jaar met nuwe Avonture! Eco-Kids registrasies vir 2024 is nou OOP!  Kontak ons nou om jou kind se plek te versek...
22/01/2024

'n Nuwe jaar met nuwe Avonture!

Eco-Kids registrasies vir 2024 is nou OOP!

Kontak ons nou om jou kind se plek te verseker

Dit is VAKANSIE, ons is moeg geleer en lus vir SPEEL! Kom speel saam Vrydag 15 Desember by die Mooirivier...
12/12/2023

Dit is VAKANSIE, ons is moeg geleer en lus vir SPEEL! Kom speel saam Vrydag 15 Desember by die Mooirivier...

15/07/2023

Start planning your next adventure!

Address

Potchefstroom

Telephone

+27722195903

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Eco-Kids posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category