Towerlantern Fotografie

Towerlantern Fotografie

Share

Towerlantern Fotografie bied fotografiekursusse aan in Potchefstroom vir beginners en gevorderde fot

Towerlantern Fotografie is ’n instansie wat reeds vir amper 15 jaar vanuit Potchefstroom bedryf word. Die klem van hierdie onderneming is hoofsaaklik opvoekundig van aard. Oor die afgelope jare is dan ook reedsbyna as 50 eerstevlak- en ongeveer 20 gevorderdevlak-fotografiekursusse aangebied waarin studente die fyner kunsies van hul kameras geleer het – en prakties toegepas het. Die bedoeling met h

13/03/2026

OP INTERNET GESIEN
Maak weerkaatsings jou tema, en kyk watter interessanthede jy so kan afneem. Hierdie foto van Paul Hobson is amper abstrak, en die patrone en eenvoud van die swart-wit ondersteun dié idee.
"A Toad Swims Across its Woodland Pond" was die wenner van die swart-en-wit afdeling van die British Wildlife Photographer of the Year 2026.

12/03/2026

Foto-idee: ... kyk uit vir die gekleurdes ...

06/03/2026

OP INTERNET GESIEN
Die World Nature Photography Awards fokus op goeie natuurfotografie. Kyk hier na 'n paar van die wenners: https://mymodernmet.com/world-nature-photography-awards-2026-winners/
Hierdie foto van die Suid-Afrikaner, Dewald Tromp, het dadelik ons oog gevang. Dit het goud verwerf in die kategorie, Amfibië en Reptiele.
"Stoicism in a sandstorm" is geneem in die Namib-woestyn, Swakopmund.

05/03/2026

Foto-idee: Stap deur jou tuin, of vriende s’n. Soek na die minder mooies ...

27/02/2026

OP INTERNET GESIEN
Mens sien soveel interessante dinge as jy net bietjie rondkyk. Maak 'n tema van iets wat jou aandag trek, soos hierdie voorbeeld voordeure. Jy kan selfs 'n collage maak en dit laat druk en raam.
Voorbeeld gesien op https://doors.sidewalksafari.com/doors-of-amsterdam/
(Met dank aan Tineke van der Walt vir die idee.)

26/02/2026

Foto-idee : Met jou vertrek, maak seker jy het al jou kameratoerusting ingelaai. Jy mag slegs spore agterlaat.

20/02/2026

OP INTERNET GESIEN
Hierdie foto van 'n rooikat met 'n flamink in sy bek is geneem deur Dennis Stogsdill. Laat dit jou herinner daaraan om altyd gereed te wees met jou kamera – vir enigiets wat kan gebeur! (Daar is nog nie voorheen aangeteken dat rooikatte flaminke jag nie.)
Lees gerus die artikel oor hoe die jagtog afgeloop het: https://www.naturettl.com/dennis-stogsdill/

19/02/2026

Foto-idee: Fotografeer naamborde langs die pad – dit lewer later herinneringe.

12/02/2026

Foto-idee: Moenie vergeet van impressionistiese grondpaaie nie!

06/02/2026

OP INTERNET GESIEN
David LaChapelle is een van die bekendste fotograwe van die laaste paar dekades. Hy neem al foto's vanaf die 1980's en behalwe dat hy heelwat bekendes afgeneem het, het hy ook ander interessante komposisies.
Daar is tans 'n terugblik-uitstalling van sy werk in die Orlando Museum van kuns, met amper 200 van sy beste foto's.
Foto hierby: "Collapse in a garden"
Lees meer hier: https://mymodernmet.com/david-lachapelle-as-the-world-turns-interview/

05/02/2026

Foto-idee: Moenie min d**k van ’n grondpadpas nie, dit kan wonderlike geleenthede vir foto’s gee; soos die “passie” tussen Potchefstroom en die Vredefortkoepel, met laatmiddag skaduwees.

Want your school to be the top-listed School/college in Potchefstroom?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Address


Marthinus Wesselstraat
Potchefstroom
2521