ES le Grange Special School

ES le Grange Special School The best school to ever be built...E.S. le Grange School.

Geniet julle onderwysersdag vandag!
05/10/2026

Geniet julle onderwysersdag vandag!

E.S. Newsletter Term 3 2026
23/09/2026

E.S. Newsletter Term 3 2026

14/09/2026

Dag 2 van ons Kultuurprogram was een groot viering van TALENT! 🌟🎶

Vandag het ons Skolastiese en VP-fase die verhoog betree, en wat 'n besonderse oggend was dit!

Daar was sang, dans, voordragte, ritme, dromme, gumboots en sommer baie persoonlikheid! Elke leerder het iets van hulself gebring, op hul eie unieke manier.

En dit is juis wat ons Kultuurprogram so besonders maak. Daar is nie net een manier om talent te wys nie. Dit kan 'n stem wees, 'n beweging, 'n ritme, 'n glimlag, 'n dapper tree vorentoe of eenvoudig die vreugde om deel te wees.

Ons is TROTS op elke E.S. leerder!

11/09/2026

🍿Today, E.S. didn't just have a culture morning, we had a stage full of stars!💫

Ons leerders het gesing, gedans, versies voorgedra, gumboots gedans en dromme gespeel. Ons het selfs ons eie Michael Jackson gehad!

Elke leerder het 'n plek gehad om deel te neem, te skitter en net hulself te wees.

SO TROTS OP ONS E.S. KINDERS EN PERSONEEL!❤

Ons is baie opgewonde om nog twee nuwe gesigte, twee nuwe stories en twee nuwe harte by ons E.S.-familie te verwelkom! ✨...
06/09/2026

Ons is baie opgewonde om nog twee nuwe gesigte, twee nuwe stories en twee nuwe harte by ons E.S.-familie te verwelkom! ✨

🌟 Annerine Taljaard Aanvangsfase-onderwyser

🌟 Francois Hough Vaardigheidsprogram-onderwyser

By E.S. glo ons dat opvoeding oor soveel meer gaan as net dit wat ons in die klas leer. Dit gaan oor verhoudings, omgee, geleenthede skep en om ’n verskil in elke leerder se lewe te maak.

Ons is dankbaar dat julle nou deel is van die E.S.-familie en ons sien uit na alles wat julle hier gaan bring, leer en beleef.

04/09/2026
Gelukkige Sekretaressedag aan ons vier spesiale E.S. kantoordames!Agter die administrasie, die oproepe, die vrae, die pr...
04/09/2026

Gelukkige Sekretaressedag aan ons vier spesiale E.S. kantoordames!

Agter die administrasie, die oproepe, die vrae, die probleme en die “kan jy my asseblief net gou help?” is daar mense met groot harte.

Ons sekretaresses is daardie mense.

Hulle is dikwels die eerste glimlag, die eerste stem en die veilige plek wanneer iemand by ons skool aankom. Agter die oproepe, e-posse, dokumente, finansies en eindelose administrasie is daar vier besondere harte wat elke dag met mense werk.

Want ’n skool is nie net geboue, klasse en boeke nie.
’n Skool is mense.
En ons is ongelooflik bevoorreg om húlle te hê.

Gelukkige Sekretaressedag! 🌷

THE BULLY‘n Boodskap wat ons harte geraak het!Vrydag was daar groot opgewondenheid by E.S. toe N.G. Promotions ons besoe...
30/08/2026

THE BULLY
‘n Boodskap wat ons harte geraak het!

Vrydag was daar groot opgewondenheid by E.S. toe N.G. Promotions ons besoek het met hul aanbieding van The Bully.

Nazli Georges en haar span het deur middel van drama, humor en ’n sterk boodskap ons leerders bewus gemaak van die impak van boeliegedrag en hoe belangrik dit is om om te gee, mekaar te respekteer en vir mekaar op te staan.

Dit was wonderlik om te sien hoe ons leerders die opvoering geniet het, saamgeleef het met die karakters en deelgeneem het aan die opwinding.

🌟Ons E.S.-dames het die afgelope twee dae die Damesleierskapseminaar in Gqeberha bygewoon, en wat ’n besonderse ervaring...
29/08/2026

🌟Ons E.S.-dames het die afgelope twee dae die Damesleierskapseminaar in Gqeberha bygewoon, en wat ’n besonderse ervaring was dit!🌟

’n Pragtige geleentheid om te leer, te groei, nuwe perspektiewe te kry en sommer net die lewe saam te geniet!
Ons harte is vol en ons kom terug met nuwe energie en baie mooi herinneringe.🪴

Address

17 Richardson Street
Potchefstroom
2520

Opening Hours

Monday 07:00 - 13:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 13:00
Thursday 07:00 - 13:00
Friday 07:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ES le Grange Special School posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category