04/05/2026
Baie Geluk met jou verjaarsdag, Uncle Peter❤️.
Ons will net dankie se vir uncle Peter en Aunt Daphe se ongelooflike liefde en toewyding aan Ithemba oor die jare. Uncle Peter se passie, harde werk en omgee maak elke dag 'n verskil, en ons waardeer jou meer as wat woorde kan beskryf😊❤️. Danksy Uncle Peter se harde werk en passie het Ithemba selfs sponsorships oorsee in Belgium en Nederland ontvang😊.
Uncle Peter maak altyd tyd om in te loer en seker te maak alles gaan goed, en U was nog altyd en is steets Ithemba se persoonlike ambassadeur🌈. U betrokkendheid, omgee en lojaliteit beteken vir ons ongelooflik baie❤️.
Uncle Peter leef werlik die skrif uit: 1 Johannes 3:18
Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met daad bewys word, en in opregtheid.
Mag hierdie nuwe jaar vir uncle Peter gevul wees met seeninge, vreugde en nog groter sukses. Ons is dankbaar om jou as deel van die Ithemba familie te he❤️.
Geniet jou spesiale dag!🎉