Huppelkinners met Elisma du Toit
n Hartsplek, Holistiese, Heelbrein ontwikkelings oggend program in PE vir kindertjies 2 tot 5jaar.
Dis ons eerste dag terug by ons hartsplek vir die nuwe kwartaal!
Vandag oefen ons, ons groot motoriese vaardighede. Het julle geweet dat hierdie ons selfs eendag gaan help om beter wiskunde te doen?
β
Hier by Huppelkinners speel ons mos lekker want lekker speel IS lekker leer.
03/04/2024
Ons hoop julle het almal n lekker vakansie gehad!
β
Ons sien uit om al die gesiggies weer te sien
15/03/2024
Ons deel graag een van ons projekte hierdie week met julle! Ons het n proses kunswerk ontwerp, en so ook ons eie lyfie leer ken. Kan julle sien dis n mannetjie kompleet gemaak uit al die mooi goedjies in ons Huppelkinners buite speelplek?
Ons mannetjie was so bly oor sy βblondeβ blare hare, rooigeverfde bessie toonnaels en gras groen rokkie. Ons het lekker gespeel en so ook geleer. Ons verbeelding en kreatiwiteit het ons verseker laat glimlag by Huppelkinners die week.
Ons sien uit om nog projekte met julle te deel binnekort
15/03/2024
Jippie dis Vrydag!
Loer gerus na ons stories vir al die lekker dinge wat ons gedoen het die week.
Ons wag net vir ons glyplank dan is ons splinternuwe klimraam klaar π€©
β
Dankie Oom Emile
Gister het ons baljaar in die reenboog en vandag gly ons deur die wolke!
Ons nuwe spasie is omtrent n pretpark π
Ons het die lekkerste-van-lekker dae gehad vandag! Ons EERSTE dag by ons NUWE Huppelkinners huis. Die glimlaggies was breed, die drukkies extra warm en die reenboog spronge n simbool van n nuwe begin π
28/02/2024
Onthou asb dat Huppelkinners Vrydag 1 Maart 2024 gesluit is omdat ons trek na ons nuwe adres waar ons Maandag 4 Maart 2024 oop sal wees. π₯³
Ons is vreeskik opgewonde om vir ons maatjies die nuwe perseel te wys
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
Woodlands Port Elizabeth
Port Elizabeth
Opening Hours
| Monday | 07:40 - 12:00 |
| Tuesday | 07:40 - 12:00 |
| Wednesday | 07:40 - 12:00 |
| Thursday | 07:40 - 12:00 |
| Friday | 07:40 - 12:00 |