Madeliefie Kleuterskool

Madeliefie Kleuterskool Afrikaanse Kleuterskool in Mount Pleasant, Port Elizabeth!! Ons neem kindertjies vanaf 3mde tot 6 jaar. Klassies is beperk tot net 14 leerders.

Madeliefie is n Afrikaanse kleuterskool met Engels as tweede taal vir kindertjies tussen 3 maande en 5 jaar. Ons het die ou Hoogland kerksaaltjie in Mount Pleasant omskep in n splinternuwe skooltjie met 5 klassies vir n maksimum van 12 kindertjies per klas. Daar is n omheinde speelarea buite asook n ruim speelarea binne die skool. Ons kon die verhoog area behou en sien dus baie uit na heerlike skool konserte!! Stuur gerus vir ons n epos adres en ons stuur met graagte meer inligting!

Daar is iets besonders mooi aan die onskuld van ’n kind. Hulle kyk na die wêreld met oë vol verwondering, sonder om te o...
28/08/2026

Daar is iets besonders mooi aan die onskuld van ’n kind. Hulle kyk na die wêreld met oë vol verwondering, sonder om te oordeel of te veel te wonder oor wat ander van hulle dink. ’n Kind kan vreugde vind in die kleinste dinge — ’n glimlag, ’n skoenlapper, ’n drukkie of net die warmte van iemand wat hulle liefhet. 🤍

Hulle harte ken nog nie die swaar van die wêreld nie. Hulle vertrou maklik, lag uit hul hele wese en het die wonderlike vermoë om vandag te leef, sonder om oor môre bekommerd te wees.

Miskien is dit juis hoekom ’n kind se onskuld so kosbaar is — dit herinner ons aan die eenvoud van liefde, die krag van ’n opregte glimlag en hoe mooi die lewe kan wees wanneer ons dit met ’n sagte hart en verwonderde oë aanskou.

Mag ons altyd onthou om soms stadiger te kyk — om die wêreld weer deur die verwonderde oë van ’n kind te sien. 🌿✨

Wat ’n ongelooflike eerste kwartaal by Madeliefie! 🌼In ’n oogwink het die tyd verby gevlieg – gevul met kinders se laggi...
28/04/2026

Wat ’n ongelooflike eerste kwartaal by Madeliefie! 🌼

In ’n oogwink het die tyd verby gevlieg – gevul met kinders se laggies, speeltyd en soveel kosbare oomblikke. Ons het saam geleer deur ons hele lyfies in te span en al ons sintuie te gebruik, en elke dag was ’n nuwe avontuur. Daar is nie eendag wat ons huistoe is met skoon voetjies nie...

Elke kleuter is vir ons so spesiaal en uniek, en dit is ’n voorreg om deel te wees van hul groei en ontwikkeling. Ons harte is vol dankbaarheid, en ons sê dankie vir Jesus vir die geleentheid om ’n verskil te maak in elke klein lewetjie.

Ons sien uit na nog baie mooi oomblikke saam! 💛

Children cannot bounce off the walls if we take away the walls. -Erin Kenny
24/01/2025

Children cannot bounce off the walls if we take away the walls. -Erin Kenny

So lekker om die week se Sintuie tema af te sluit..."Children need the freedom and time to play. Play is not a luxury. P...
23/02/2024

So lekker om die week se Sintuie tema af te sluit...

"Children need the freedom and time to play. Play is not a luxury. Play is a necessity"
Kay Redfield Jamison

The most precious thing in the world is a smile on the face of a child.
15/02/2024

The most precious thing in the world is a smile on the face of a child.

GRADEPLEGTIGHEID 2023...Julle is n ongelooflike spesiale groep kinders.Ons bid vir julle oorvloedige seën toe vir volgen...
09/12/2023

GRADEPLEGTIGHEID 2023...
Julle is n ongelooflike spesiale groep kinders.
Ons bid vir julle oorvloedige seën toe vir volgende jaar in die GROOT SKOOL.

Ons gaan see toe... Konsert 2023.Wat n heerlike 2 vertonings.Dankie aan Rosemary Venue Draping  en Keith Page Technical ...
09/12/2023

Ons gaan see toe... Konsert 2023.
Wat n heerlike 2 vertonings.
Dankie aan Rosemary Venue Draping en Keith Page Technical wat hierdie aande vir ons behoorlik sprokies mooi gemaak het.

Proud mini Bok supporters.Go Bokke!!!
27/10/2023

Proud mini Bok supporters.
Go Bokke!!!

Ek is so trots op al die Madeliefie personeel wat vandag iets buitengewoon aangepak het.Julle is ysters!! So lekker span...
09/08/2023

Ek is so trots op al die Madeliefie personeel wat vandag iets buitengewoon aangepak het.
Julle is ysters!! So lekker spanbou dag

09/08/2023

Address

47 Gladys Street, Mount Pleasant
Port Elizabeth
6070

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00

Telephone

+27810167698

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Madeliefie Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Madeliefie Kleuterskool:

Shortcuts

Share

Category