Hoërskool Cillié

Hoërskool Cillié Hoërskool Cillié is 'n publieke hoërskool geleë in Sydenham, Port Elizabeth.

01/10/2026

📱 Draai jou foon dwars!

Op 13 Oktober gaan Cillié se onderwysers JÓÚ by McDonald’s Commercialweg bedien! 🍔👨‍🏫

Raak solank opgewonde… iets lekker is op pad! 👀🔥

🤍🤍🤍
28/09/2026

🤍🤍🤍

📅 Dagboek dit!Kom ondersteun ons op 13 Oktober by McDonald’s Commercialweg! 🍔🍟👩‍🏫 Cillié se onderwysers bedien jou! Kom ...
24/09/2026

📅 Dagboek dit!

Kom ondersteun ons op 13 Oktober by McDonald’s Commercialweg! 🍔🍟

👩‍🏫 Cillié se onderwysers bedien jou! Kom geniet ’n lekker ete, ondersteun ons onderwysers en dra by tot hierdie spesiale inisiatief. 💚💛

Sien ons daar!

Hoërskool Cillié staan saam teen Gender-Based Violence (GBV) en geweld teen vroue en kinders. 🖤
18/09/2026

Hoërskool Cillié staan saam teen Gender-Based Violence (GBV) en geweld teen vroue en kinders. 🖤

📢 BELANGRIKE KENNISGEWING! 🎉Neem asseblief kennis van die verandering in die datum van Cillié se Bingo. 🃏✨Maak seker jy ...
10/09/2026

📢 BELANGRIKE KENNISGEWING! 🎉

Neem asseblief kennis van die verandering in die datum van Cillié se Bingo. 🃏✨

Maak seker jy merk die nuwe datum op jou kalender! 📅

Die nuwe datum is 10 Oktober💚💛

🍔 Graad 11 Verbruikerstudies op ’n leersame uitstappie!Ons Graad 11 Verbruikerstudies-leerders het vandag die geleenthei...
10/09/2026

🍔 Graad 11 Verbruikerstudies op ’n leersame uitstappie!

Ons Graad 11 Verbruikerstudies-leerders het vandag die geleentheid gehad om te gaan kyk hoe McDonald's se Sidwell-tak in die praktyk funksioneer.

Die besoek sluit mooi aan by die werk wat ons reeds sedert Graad 10 in Verbruikerstudies doen en gee aan ons leerders waardevolle praktiese blootstelling aan die bedryf.

’n Groot dankie aan Terry-Ann en Bulelwa van die Sidwell-tak vir julle tyd, moeite en die geleentheid om ons leerders te ontvang! 🌟

💚💛Cillié is dankbaar!💛💚Ons skool is ontsettend dankbaar vir hierdie besonderse organisasie wat na ons uitgereik het en o...
09/09/2026

💚💛Cillié is dankbaar!💛💚

Ons skool is ontsettend dankbaar vir hierdie besonderse organisasie wat na ons uitgereik het en ons Graad 12-leerders gedurende hul eindeksamen ondersteun. 🙏

Daar word daagliks iets te ete aan ons Graad 12’s gebied. Ná die skryf van drie-uur lange vraestelle is hierdie gebaar ’n welkome verligting en iets waarna ons leerders kan uitsien. 🥪❤️

Baie dankie vir julle omgee, vrygewigheid en ondersteuning. Ons waardeer dit opreg en is ongelooflik dankbaar vir julle betrokkenheid by ons leerders.

Mag julle organisasie ryklik geseën word vir die verskil wat julle maak! 🌟

Baie dankie, uit die hart van Cillié! 💚💛

📚 Vandag vier Cillié Wêreldgeletterdheidsdag! Ons is besonder trots op ons Graad 9-leerders, wat ware boekwurms is en gr...
08/09/2026

📚 Vandag vier Cillié Wêreldgeletterdheidsdag!

Ons is besonder trots op ons Graad 9-leerders, wat ware boekwurms is en graag hulself met ’n goeie boek verloor. 🤓📖

Lees maak deure oop, prikkel die verbeelding en gee ons die wêreld binne die bladsye van ’n boek! 🌍✨

Hou aan lees, Cillié! 💚💛

🎶 Musiek in aksie! 🎶Juf. Howley het Saterdag ’n inspirerende koordirigente-werkswinkel by Nelson Mandela Universiteit se...
07/09/2026

🎶 Musiek in aksie! 🎶

Juf. Howley het Saterdag ’n inspirerende koordirigente-werkswinkel by Nelson Mandela Universiteit se Suidkampus bygewoon.

Sy het dit vreeslik geniet en waardevolle nuwe kennis en ervaring opgedoen. 🎵✨

Dankie aan Rochelle Vd Nest-Oelofse en Ciljé Nolte wat hierdie werkswinkel gereël het.

🐾 Vroeg vanoggend kry Cillié besoek van ’n pragtige Husky! 🐶💙As ’n Husky die dag so mooi kom begin, kan dit nét geluk br...
04/09/2026

🐾 Vroeg vanoggend kry Cillié besoek van ’n pragtige Husky! 🐶💙

As ’n Husky die dag so mooi kom begin, kan dit nét geluk bring! 🍀✨

Address

Hoek Van Kempston/en Commercialweg
Port Elizabeth
6001

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Cillié posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Cillié:

Shortcuts

Share

Category