Laerskool Newtonpark

Laerskool Newtonpark

Share

Laerskool Newtonpark is ‘n trotse skool met ‘n ryke geskiedenis. Hier glo ons dat uitnemendheid by omgee begin. We believe that excellence begins with caring.

Newton Park Primary School is a proud school with a rich history.

Photos from Laerskool Newtonpark's post 19/08/2026

NEWTON-EEUFEES DERBY | DEEL 3

Saam bou ons aan ‘n storie..

Geen geskiedkundige geleentheid gebeur alleen nie…
Agter elke oomblik, elke glimlag, elke wedstryd en elke herinnering staan daar mense en instansies wat bereid is om saam te droom en saam te werk.

Julle ondersteuning gaan oor soveel meer as net ’n bydrae – julle word deel van ons storie. Julle help ons om geleenthede vir ons leerders te skep EN SAAM ‘n verskil te maak.

’n Opregte dankie aan elke vennoot, onderneming, organisasie en individu wat hierdie Eeufeesviering saam met ons moontlik gemaak het.

Saam vier ons nie net 100 jaar van Newton nie…
Saam bou ons aan die volgende 100 jaar.



Pick n Pay - Newton Park
Klinicare Pharmacies
Bester Emergency Medical Service
Netball Divas
Mighty Kings Rugby Academy
Spec-Savers South Africa Greenacres
Classic Auto Electrical
East Cape Mountings
Studio Reborn
Crickley Dairy Crickley Dairy
PSG Insure PE Short Term
NEC Motors LDV
ASJ BIllings
McDonald's
EscapewithCoffee
H&O Supplies

Photos from Laerskool Newtonpark's post 19/08/2026

SPORT | WEEK 4
Wat ’n ongelooflike week op die sportvelde en -bane! Ons Newtons het weer gewys dat deursettingsvermoë, spanwerk en trots die hart van elke wedstryd is.

🏐 NETBAL
Ons o.7–o.13-netbalspanne het die week kragte gemeet teen Moregrove

🏉 RUGBY
Ons o.11- en o.13-spanne het hul alles gegee teen John Masiza, terwyl ons o.9A-span teen Laerskool Verkenner Port Elizabeth meegeding het.

🎾 TENNIS
Op die tennisbane het ons Senior A-spelers teen Collegiate Junior School for Girls A meegeding, terwyl Senior C die stryd teen Westering aangepak het.

Elke wedstryd was ’n geleentheid om te groei, karakter te bou en ons Newton-gees met trots uit te leef.

📸 Blaai deur die foto's en kyk na ons sportsterre in aksie! Van vasberade verdediging en briljante aanvalle tot die glimlagte ná die wedstryd – hierdie oomblikke wys presies waaroor Newton-trots gaan!

Newtons in aksie. Newtons met hart. Newtons met trots. 🔥

Photos from Laerskool Newtonpark's post 18/08/2026

NEWTON-UITBLINKERS | BUITEMUURSE SPORT & KULTUUR

Ons Newtons hou aan om ons trots te maak – binne én buite die klaskamer!
Vandag vier ons ons Newtons se deelname aan:

🎤 Voordrag
🤸‍♀️ Gimnastiek
🏃‍♀️ OP-Landloopkampioenskappe
🎶 Musiek

Baie geluk aan elke Newton wat Laerskool Newtonpark met trots verteenwoordig!
Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding is ’n inspirasie vir ons almal.

Newtons is ongelooflik trots op elkeen van julle!

Photos from Laerskool Newtonpark's post 18/08/2026

NEWTON-EEUFEES DERBY | DEEL 2🏉🏐

En die storie gaan voort…

Na ’n ongelooflike Newton-Eeufees Derby, deel ons graag nog ’n paar spesiale oomblikke uit ’n naweek wat werklik geskiedenis gemaak het!

Van die opgewondenheid langs die veld tot die passie tydens elke wedstryd, die gees en die trots in elke Newton- en Mountie-hart – hierdie foto’s vang net ’n klein deeltjie vas van wat hierdie besonderse dag beteken het.

Een van die besonderse hoogtepunte was om te sien hoe oud-Newtons van verskillende generasies saam met ons kom feesvier en ondersteun het. Ons was ongelooflik trots om oud-Newtons daar te sien in hul Eerstespan-hemde van hul skooljare, asook in hul Newton-baadjies – steeds met soveel trots die Newton-kleure dra. ’n Spesiale dankie aan ons oud-Newton, Jean-Luc, wat ons trots gemaak het met sy koffietrok, EscapewithCoffee, wat deel gevorm het van die Newton-Eeufees Derby!

Ons is ongelooflik trots op elke Newton wat die veld betree het, elke Laerskool Newtonpark afrigter en onderwyser wat agter die skerms gewerk het, elke ouer en ondersteuner wat die gees aangevuur het, en natuurlik ons vriende van Laerskool Mount Pleasant Primary School wat saam met ons hierdie Eeufeesviering so spesiaal gemaak het.

Luister FM
Algoa Majorettes
Eastern Cape Majorette and Cheerleading Association
Bester Emergency Medical Service
Klinicare Pharmacies
Crickley Dairy
H&O Supplies
Studio Reborn
Mighty Kings Rugby Academy
NEC Motors - LDV
ASJ Billings
Netball Divas
Spec-Savers South Africa - Greenacres
Pick n Pay - Newton Park
Classic Auto Electrical
East Cape Mountings
PSG Insure - PE short term
Organiseerder & bemarker: Munique Oosthuizen









17/08/2026

TROOSDIENS | Pine Pienaar

Vir familie en vriende wat nie persoonlik saam met ons kan wees nie, sal die troosdiens regstreeks (live) uitgesaai word vanaf Laerskool Newtonpark se Facebook-bladsy.

Ons nooi u om gerus die bladsy te volg en kennisgewings aan te skakel, sodat u die uitsending betyds kan ontvang en saam met ons die lewe van Pine Pienaar (Jacobus Johannes) kan herdenk.
Dankie vir elke boodskap, gebed en ondersteuning gedurende hierdie moeilike tyd.

Laerskool Newtonpark Facebook-bladsy skakel: https://www.facebook.com/share/1D8yzU9qFH/?mibextid=wwXIfr

Erika Pienaar

Photos from Laerskool Newtonpark's post 16/08/2026

DIE NEWTON-EEUFEES DERBY SAAM MET DIE MOUNTIES… SUKSES! 🏆

Wat ’n ongelooflike viering van gees, trots, sportmanskap en samehorigheid!

Die Newton-Eeufees Derbyweek met ons vriende van Laerskool Mount Pleasant Primary School was werklik een vir die boeke.

Van die eerste geesvang-oomblikke tot die laaste wedstryd het ons gesien hoe twee skole saam ’n tradisie bou wat nog lank onthou sal word.

📸Herleef die glimlagte, die passie, die energie en die spesiale oomblikke wat hierdie geleentheid so besonders gemaak het. Elke oomblik vertel ’n storie van trots, vriendskap en ’n gedeelde liefde vir skoolsport…

Ons wil ook ’n reuse dankie sê aan ons ongelooflike vennootskappe wat saam met ons hierdie droom moontlik gemaak het. Julle ondersteuning, betrokkenheid en geloof in ons Newtons maak ’n werklike verskil. Julle is deel van die storie wat ons saam bou.

Baie dankie aan elke Newton, elke Mountie, ouer, onderwyser, afrigter, venoot en ondersteuner wat hierdie onvergeetlike naweek moontlik gemaak het. Groot dank aan die ongelooflike trompoppie optrede Algoa Majorettes Eastern Cape Majorette and Cheerleading Association, julle het ons dag so spesiaal gemaak!
Ons bedank ook vir Luister FM se Ettiene Calitz, Ian Diedericks en John Dirker, dat jul die dag saam met ons spandeer het en so mooi saamgevat het.

Dit was meer as net ’n derby… dit was ’n viering wat nie net die verlede eer nie, maar ook die hede en die toekoms inspireer, waar oud en jonk
hande vat om die storie van Laerskool Newtonpark voort te dra.

💙 GO NEWTONS!
🧡 GO MOUNTIES!

Bemarker - Munique Oosthuizen
Klinicare Pharmacies
Pick n Pay - Newton Park
Crickley Dairy Crickley Dairy
ASJ BILLINGS
Studio Reborn
Classic Auto Electrical
Mighty Kings Rugby Academy
Netball Divas
Spec-Savers South Africa Greenacres
Bester Emergency Medical Service
H&O Supplies
McDonald's
East Cape Mountings





Photos from Laerskool Newtonpark's post 16/08/2026

Newton-Eeufees Derbyweek met Mounties Kultuuraand… ’n Aand om nooit te vergeet!

Wat ’n ongelooflike besondere en pragtige aand van talent, passie en trots!

Die Newton-Eeufees Derbyweek met Mounties se Kultuuraand was propvol die mooiste items van beide skole se kore, musiekoptredes en dramaleeringe.

Elke optrede het die ongelooflike talent, harde werk en kreatiwiteit van ons Newtons en Mounties gewys.

’n Spesiale hoogtepunt van die aand was die uitmuntende vertoning deur die Hemiola Kamerkoor, wat die gehoor betower het met hul ongelooflike stemme en musikale uitnemendheid.

Baie dankie aan elke Newton, Mountie, onderwyser, afrigter en ondersteuner wat hierdie aand moontlik gemaak het. Julle passie en toewyding maak ons gemeenskappe besonders.

Newton-Eeufees Derbyweek met Mounties – waar talent ontmoet, vriendskappe groei en trots voortleef! 🏆

14/08/2026

Vandag brand daar ’n vuur by Laerskool Newtonpark – ’n vuur van herinneringe, dankbaarheid en liefde vir ’n besonderse mens wat ’n onuitwisbare merk op ons skoolgemeenskap gelaat het.

Die personeel se harte is vandag baie seer. Ons neem afskeid van ’n oud-Skoolhoof, ’n mentor, ’n leier en ’n mens met ’n besonderse hart.

Meneer, hierdie braaivuur brand vandag vir u… net soos die vele vure waar rondom u soveel stories, lag en herinneringe gedeel het.

Daar vat hy… in die Hemel🤍

13/08/2026

Dit is met groot hartseer dat ons vanaand die afsterwe van ons geliefde oud-Skoolhoof, mnr. J.J. Pienaar, met julle deel.

Ons wil uit die diepte van ons harte vir elke persoon dankie sê wat gedurende mnr. Pienaar se siekbed gebid, boodskappe gestuur en ondersteuning gebied het.

Hy was bekend vir sy liefde vir die eenvoudige, kosbare dinge in die lewe – die rustigheid van ’n kampvuur, ’n lekker braaivuur saam met goeie mense, diep gesprekke en die vreugde van kinders.

Kinders het altyd ’n baie spesiale plek in sy hart gehad. Hy het in jong mense geglo, hulle aangemoedig en hulle gehelp om hul potensiaal raak te sien.

Sy nalatenskap lê nie net in die jare wat hy aan die stuur van Laerskool Newtonpark gestaan het nie, maar in die duisende harte wat hy aangeraak het..

Vanaand treur ons saam met sy familie en geliefdes, maar ons vier ook ’n lewe wat ’n verskil gemaak het.

Ons innige meegevoel aan sy geliefde vrou, tannie Erika, en sy twee kinders. Ons bid dat die Here vir hulle krag, vertroosting en vrede sal gee in hierdie tyd van groot verlies.

Mnr. Pienaar laat ’n groot leemte in hul lewens, maar ook in die harte van almal wat die voorreg gehad het om hom te ken.

Die harte van die personeel is vanaand baie seer.
Sy invloed en nalatenskap sal nog vir baie jare binne ons skoolgemeenskap voortleef.

Rus sag, mnr. Pienaar.
Daar vat hy… in die Hemel. 🤍

13/08/2026

Vanaand is hierdie saal gevul met trots, talent en ongelooflike kultuurgees!

Ons Newtons en Mounties staan saam op
een verhoog vir die Kultuuraand - 'n
hoogtepunt van ons Newton-Eeufees
Derbyweek met Mounties.

Van musiek tot optredes en elke unieke
talent wat vanaand gaan skitter... hierdie is
'n viering van passie, harde werk en die ongelooflike talente binne ons twee skole.

Ons is trots op elke Newton en Mountie wat
vanaand die verhoog betree.

Laerskool Newtonpark
Laerskool Mount Pleasant Primary School


Want your school to be the top-listed School/college in Port Elizabeth?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Address


Willet Street
Port Elizabeth
6045

Opening Hours

Monday 07:00 - 16:00
Tuesday 07:00 - 16:00
Wednesday 07:00 - 16:00
Thursday 07:00 - 16:00
Friday 07:00 - 16:00