23/09/2026
NEWTONS | AKADEMIE
Ons Newtons laat hul lig skyn – ook binne die klaskamer!
Van 3D-voorwerpe bou en kreatief d**k, tot English orals aanbied en bewusmaking skep met hul plakkate oor die beskerming van ons bome – ons leerders wys keer op keer waartoe hulle in staat is! Ons is ook trots op die manier waarop ons Newtons hul kennis en begrip in Lewensvaardighede toepas wanneer hulle oor nasionale vakansiedae leer en hul take met soveel entoesiasme aanpak.
Elke projek, aanbieding en taak is ’n geleentheid om te leer, te groei en nuwe vaardighede te ontwikkel. Ons geniet dit om te sien hoe ons leerders hul kreatiwiteit, kennis en selfvertroue uitleef!
Hou aan om nuuskierig te wees, vrae te vra, kreatief te d**k en jou beste te gee, Newtons!