Nelson Mandela Universiteit - Afdeling Afrikaans - Nederlands

Nelson Mandela Universiteit - Afdeling Afrikaans - Nederlands Die amptelike blad van die Nelson Mandela Universiteit se Afdeling Afrikaans en Nederlands.

Die afdeling vorm deel uit van die Skool vir Taal, Media en Kommunikasie.

12/05/2022

Hello en baie welkom by Nelson Mandela Universiteit se Afrikaans – Nederlands Facebook-blad!

Hierdie opwindende department het baie om aan te bied vir alle studente, nuut en oud. Ons het verskeie modules wat ons vir voorgraadse én nagraadse studente aanbied. Vir ons voorgraadse studente het ons verskeie opsies, insluitend Afrikaans & Nederlands: Letterkunde/Linguistics vir eerstetaalsprekers, tweedetaal sprekers en selfs vir studente wat geen vooraf kennis van Afrikaans en Nederlands het nie. Vir ons nagraadse studente bied ons Honneurs in Afrikaans letterkunde sowel as ‘n Honneurs in Afrikaans Taalkunde aan. Nagraadse studente het ook die opsie om Nederlandse letterkunde vir ʼn jaar in Nederland te gaan studeer. Daar is ook meesters- en doktorale studies in Afrikaans en Nederlandse letterkunde/linguistiek beskikbaar aan ons department – met ruim beurse beskikbaar.
Navorsingsassistentskappe, en tutorale onderrig is ook beskikbaar vir studente terwyl hulle besig is met hulle eie navorsingswerk. Studies oorsee kan deel wees van hierdie gevorderde stadium van studentelewe. Die SAVN en ZA Stichting Moederland-beurse is beskikbaar, sowel as NNS oorsese beurse.

As dit klink na iets waarin jy dalk sal belangstel, kontak ons gerus!

Vat die kans en kom leer Afrikaans!

Address

University Way
Port Elizabeth
6019

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nelson Mandela Universiteit - Afdeling Afrikaans - Nederlands posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category