Hoërskool Otto du Plessis

Hoërskool Otto du Plessis Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Hoërskool Otto du Plessis, School, Rottingdeanweg, Algoapark, Port Elizabeth.

🌟 WOW Nasionale Fees – Kaapstad 🌟Ons is ongelooflik trots op Juf. Bosch en Jadene Botha, Graad 8, wat tans in Kaapstad i...
02/10/2026

🌟 WOW Nasionale Fees – Kaapstad 🌟

Ons is ongelooflik trots op Juf. Bosch en Jadene Botha, Graad 8, wat tans in Kaapstad is vir die WOW Nasionale Fees! 📚

Juf. Bosch dien vanjaar as ’n beampte by die WOW Nasionale Fees, terwyl Jadene ons skool en die Oos-Kaap Provinsie met trots in die Nasionale Spelfees verteenwoordig. 🏆

Jadene, geniet elke oomblik van hierdie besondere ervaring. Ons hele skoolgemeenskap staan bankvas agter jou en wens jou alles van die beste toe!

❤️💛💙

Hoërskool Otto du Plessis wil graag Louise Peo van Engen Millenium, hartlik bedank vir die skenking van heerlike kospakk...
28/09/2026

Hoërskool Otto du Plessis wil graag Louise Peo van Engen Millenium, hartlik bedank vir die skenking van heerlike kospakkies aan ons leerders en onderwysers.
Vrydag by Longmore Forest, Loerie en Saterdag by die Cuyler Museum, Kariega, het ons leerders en personeel heerlik gesmul aan die eetgoed en ons dors geles met die drinkgoed wat aan ons geskenk is ter ondersteuning en met baie liefde.
Julle bydrae het 'n gevoel van gemeenskap en omgee versterk en ons is opreg dankbaar dat julle ons skool en leerders so ondersteun.
Baie dankie Louise en span by Engen Millenium - julle maak 'n groot verskil.

🏉OTTO DU PLESSIS TALENT SKITTER OP PROVINSIALE VLAK! 🏉Hoërskool Otto du Plessis is ongelooflik trots om Jethro Williams ...
28/09/2026

🏉OTTO DU PLESSIS TALENT SKITTER OP PROVINSIALE VLAK! 🏉

Hoërskool Otto du Plessis is ongelooflik trots om Jethro Williams (Graad 11) geluk te wens met sy insluiting in die Oostelike Provinsie o.17 7’s-span! 🏉🔥

Jethro sal van 1–3 Oktober die Oostelike Provinsie verteenwoordig by die Nasionale o.17 7’s-toernooi wat by Volkskool Heidelberg in Gauteng aangebied word.

Dit is ’n besondere prestasie en ’n bewys van Jethro se toewyding, harde werk, talent en deursettingsvermoë.

❤️💙💛

✨ VAN OTTO DU PLESSIS NA DIE KOMBUIS VAN DIE TOEKOMS! ✨Op 19 September het talent, passie en harde werk bymekaargekom ty...
28/09/2026

✨ VAN OTTO DU PLESSIS NA DIE KOMBUIS VAN DIE TOEKOMS! ✨

Op 19 September het talent, passie en harde werk bymekaargekom tydens ’n besondere Chef’s Table, aangebied deur Chefs in Training as deel van hul praktiese opleiding. 🍽️🔥

Ons is besonder trots daarop dat ons eie Thembani Gqomo (Matriek 2025) een van die studente was wat deel gevorm het van hierdie spesiale geleentheid!

❤️💙💛

❤️💙💛 WAAR PASSIE VLERKE KRY… 💛💙❤️By Hoërskool Otto du Plessis glo ons dat ’n skool nie net ’n plek is waar leerders leer...
27/09/2026

❤️💙💛 WAAR PASSIE VLERKE KRY… 💛💙❤️

By Hoërskool Otto du Plessis glo ons dat ’n skool nie net ’n plek is waar leerders leer nie – dit is ’n plek waar drome begin, talente ontwikkel en jongmense ontdek wie hulle kan wees.

Hierdie vakansie is dit weereens duidelik: ODP is aan die beweeg! 🔥

🏏 Ons Dogterskrieketspan het hul heel eerste toer aangepak en saam met die o/19 A Seunskrieketspan aan die Cambridge T20 Kriekettoernooi deelgeneem. Vir hierdie meisies was dit meer as net krieket – dit was die begin van ’n nuwe hoofstuk en nuwe moontlikhede. 🏏

🏎️ Ons ODP Motorsport-span was volstoom aan die gang by hul jongste tydren. Spoed, uitdagings, adrenalien, spanwerk en probleemoplossing – leerders wat leer deur te doen en hul passie op ’n unieke manier uitleef. 🏁

🎭 Ons drameleerders het hul kreatiwiteit en selfvertroue verder ontwikkel tydens ’n ATKV-werkswinkel. Want ’n verhoog gee nie net ’n stem nie – dit leer ’n jongmens om sy of haar stem te gebruik. 🎭✨

🌍 En dan is daar Mnr. Snyman en Sandra-Lee Ferreira (Graad 9) wat vanaf 24 September tot 3 Oktober deelneem aan die SCST-toer na die Verenigde Koninkryk en Skotland. ’n Ervaring wat herinneringe sal skep en horisonne sal verbreed. 🇬🇧

Dit is waarvoor ons staan.
Ons wil hê dat ’n leerder wat van sport hou, moet kan speel.
’n Leerder wat van kuns hou, moet kan skep.
’n Leerder wat van spoed en tegnologie hou, moet kan bou en meeding.
’n Leerder wat wil ontdek, moet die wêreld kan sien.

Hoërskool Otto du Plessis – waar elke leerder ’n geleentheid kry om te groei, te droom en sy of haar passie uit te leef.

Ons bou nie net leerders vir môre nie.
Ons bou jongmense wat glo dat môre aan hulle behoort.

❤️💙💛

’n Groot dankie aan Volkswagen.Baie dankie aan Volkswagen vir die ongelooflike ondersteuning aan Hoërskool Otto du Pless...
21/09/2026

’n Groot dankie aan Volkswagen.

Baie dankie aan Volkswagen vir die ongelooflike ondersteuning aan Hoërskool Otto du Plessis se Motorsportspan met ’n skenking van 100 liter petrol!

Julle ondersteuning maak dit vir ons leerders moontlik om hul passie vir motorsport uit te leef, waardevolle ervaring op te doen en met trots ons skool se naam op die baan te verteenwoordig.

🏏 2026/27 SEISOEN SKOP AF🏏Die 2026/27 krieketseisoen het amptelik afgeskop met die Pearson Krieketfees – en wat ’n nawee...
13/09/2026

🏏 2026/27 SEISOEN SKOP AF🏏

Die 2026/27 krieketseisoen het amptelik afgeskop met die Pearson Krieketfees – en wat ’n naweek was dit! 🔥🏏

Met baie nuwe gesigte in die Otto du Plessis 1ste XI, was daar aan die begin beslis ’n paar senuwees.

Maar soos die fees gevorder het, het die seuns al hoe meer selfvertroue gekry, gemaklik geraak en hul potensiaal begin wys.

Van wedstryd tot wedstryd was daar groei, karakter en ’n bereidwilligheid om aan te hou leer en verbeter.

Baie geluk aan elke seun wat deel was van die naweek! Julle harde werk, houding en toewyding maak ons trots.
Die fondasie is gelê – nou bou ons verder! 🏏

Mag dit ’n seisoen vol groei, spanwerk, goeie krieket en onvergeetlike oomblikke wees!

❤️💙💛

Trots op nog een van ons leerders. Welgedaan Tiaan 👏
12/09/2026

Trots op nog een van ons leerders. Welgedaan Tiaan 👏

11/09/2026

Home turf. One more job to do.

EP U21 face the Boland Cavaliers tomorrow afternoon at Otto du Plessis High School.

Kick-off is at 14:00. Let’s get behind the boys! 🐘🏉

10/09/2026

🎭 GEE JOU TALENT ’N VERHOOG!
Hou jy van toneel? Wil jy jou spelvaardighede slyp, jou stem ontdek en karakters met meer selfvertroue laat leef?

Kom leer van die beste in Suid-Afrika tydens die MY HART Toneelwerkswinkel – ’n praktiese 4-uur sessie vir jong én ouer teaterliefhebbers.

📅 25 & 26 September
🎭 Laerskole | 09:00–13:00
🎭 Hoërskole & volwassenes | 14:00–18:00
📍 Hoërskool Despatch Skoolsaal
🎟️ R250 p.p. | Ligte verversings + sertifikaat ingesluit

Elke inskrywing ondersteun My hart se reis as Top-10 ATKV-Tienertoneelfinalis na die nasionale finaal in Kaapstad. ❤️

Beperkte plekke – bespreek nou:
https://forms.gle/VZWyU7dJroDydES39

Address

Rottingdeanweg, Algoapark
Port Elizabeth
6005

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:30
Tuesday 08:00 - 15:30
Wednesday 08:00 - 15:30
Thursday 08:00 - 15:30
Friday 08:00 - 14:30

Telephone

+27414522184

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Otto du Plessis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Otto du Plessis:

Shortcuts

Share

Category