BECA ’n Christelike hoërskool geleë in KabegPark, Port Elizabeth. A Christian high school located in Kabega Park, Port Elizabeth.

📚 AANSOEKE VIR GRAAD 8–12 VIR 2027 IS OOP! 🎓🌱 Waar jou kind nie net leer nie, maar groei, ontwikkel en voorberei word vi...
27/08/2026

📚 AANSOEKE VIR GRAAD 8–12 VIR 2027 IS OOP! 🎓

🌱 Waar jou kind nie net leer nie, maar groei, ontwikkel en voorberei word vir die toekoms.

Die regte skool is meer as net klaskamers en handboeke. Dit is ’n plek waar leerders raakgesien word, waar hulle aangemoedig word om hul potensiaal te bereik en waar karakter net so belangrik soos akademiese prestasie is.

By Bet-el Christelike Akademie (BECA) skep ons ’n omgewing waarin elke leerder die geleentheid kry om te leer, te presteer en as ’n selfversekerde jongmens te groei.

✨ Wat maak BECA besonders?

✔️ Maksimum 20 leerders per klas vir persoonlike aandag
✔️ ’n Warm, ondersteunende familie-skool
✔️ Sterk fokus op akademiese uitnemendheid
✔️ Doelgerigte karakter- en waardevorming
✔️ Geleenthede om leierskapvaardighede te ontwikkel
✔️ ’n Omgewing waar elke leerder se potensiaal raakgesien en gekoester word

🚀 2027 begin met die keuses wat u vandag maak.

Plekke is beperk. Indien u op soek is na ’n skool waar u kind persoonlike aandag ontvang, akademies kan groei en toegerus word om die leier van môre te wees, is BECA dalk die regte plek vir u kind.

📌 Doen vandag aansoek vir Graad 8–12 vir 2027!

🔗 Voltooi die aansoekvorm hier:
https://form.jotform.com/241103428957053

❤️ BECA – waar potensiaal ontwikkel, karakter gevorm en toekoms gebou word.

********************************************************************

📚 APPLICATIONS FOR GRADES 8–12 FOR 2027 ARE NOW OPEN! 🎓

🌱 Where your child doesn’t just learn, but grows, develops and prepares for the future.

Choosing the right school is about more than just classrooms and textbooks. It is about being part of a place where learners are seen, encouraged to reach their potential, and where character is valued just as much as academic achievement.

At Bet-el Christian Academy (BECA), we create an environment where every learner has the opportunity to learn, achieve and grow into a confident young person.

✨ What makes BECA special?

✔️ Maximum of 20 learners per class for individual attention
✔️ A warm and supportive family school
✔️ A strong focus on academic excellence
✔️ Intentional character and values development
✔️ Opportunities to develop leadership skills
✔️ An environment where every learner’s potential is recognised and nurtured

🚀 The future begins with the choices you make today.

Places are limited. If you are looking for a school where your child will receive individual attention, grow academically and be equipped to become a leader of tomorrow, BECA may be the right place for your child.

📌 Apply today for Grades 8–12 for 2027!

🔗 Complete the application form here:
https://form.jotform.com/241103428957053

❤️ BECA – where potential is developed, character is shaped, and futures are built.

🎉🎂 BAIE GELUK MET U VERJAARSDAG, PASTOOR MORNÉ! 🎂🎉Vandag vier ons Pastoor Morné se verjaarsdag en wil ons hom graag ’n b...
26/08/2026

🎉🎂 BAIE GELUK MET U VERJAARSDAG, PASTOOR MORNÉ! 🎂🎉

Vandag vier ons Pastoor Morné se verjaarsdag en wil ons hom graag ’n baie geseënde en besondere dag toewens. 🙏✨

Pastoor, baie dankie dat u die belange van ons almal by die skool so na aan die hart dra en altyd net die beste vir elkeen van ons leerders wil hê. ❤️

Ons waardeer opreg alles wat Pastoor vir ons skool, ons personeel en ons leerders doen. Dankie vir u betrokkenheid, omgee en ondersteuning – dit maak ’n groot verskil! 🌷

Mag die nuwe lewensjaar vir Pastoor gevul wees met vreugde, goeie gesondheid, liefde en oorvloedige seën. Mag die Here u ryklik seën en u steeds gebruik om ’n positiewe verskil in die lewens van ander te maak.

🎈 Geniet u spesiale dag, Pastoor! Ons waardeer u baie! 💙🙏

🏆 BECA se "Math Relay"-span! 🧮Ons is ongelooflik trots op ons Graad 8-, 9-, 10- en 12-leerders wat vanjaar aan die Math ...
25/08/2026

🏆 BECA se "Math Relay"-span! 🧮

Ons is ongelooflik trots op ons Graad 8-, 9-, 10- en 12-leerders wat vanjaar aan die Math Relay deelgeneem het! 🎉

Baie dankie dat julle BECA se naam so hoog hou, julle beste gee en met soveel entoesiasme deelneem. Julle is werklik staatmakers! 💪🔥

Ons is baie trots op elkeen van julle. Hou aan om uit te blink en te groei! 🌟

***************************************************************************

🏆 BECA’s Math Relay Team! 🧮

We are incredibly proud of our Grade 8, 9, 10 and 12 learners who participated in the Math Relay this year! 🎉

Thank you for representing BECA with such pride, always giving your absolute best and participating with so much enthusiasm. You are truly absolute stars! 💪🔥

We are so proud of each and every one of you. Keep striving, keep growing and keep shining! 🌟

📢 ONDERWYSERS BENODIG! 🍎📚Bet-el Christelike Akademie is op soek na toegewyde en passievolle onderwysers om deel te word ...
21/08/2026

📢 ONDERWYSERS BENODIG! 🍎📚

Bet-el Christelike Akademie is op soek na toegewyde en passievolle onderwysers om deel te word van ons span! 🙌

📌 Kyk gerus na die aangehegte advertensie vir die volledige vereistes.

⏰ Belangrik: Aansoeke sluit op 31 Augustus 2026.

👉 Moenie hierdie geleentheid misloop nie – doen vandag nog aansoek en word deel van die Bet-el Christelike Akademie-familie!

Keep Going, Grade 12! 🎓📚From this photo, it’s clear that our Grade 12 learners are still in good spirits after completin...
19/08/2026

Keep Going, Grade 12! 🎓📚

From this photo, it’s clear that our Grade 12 learners are still in good spirits after completing their third day of exams! 😊👏

We wish each of you the very best for the exam papers that still lie ahead. Keep working hard, give it your all, and remember:

“You can do it!” 💪✨

We are proud of you and believe in you! 🌟

***************************************************************

Hou aan, Graad 12! 🎓📚

Uit hierdie foto is dit duidelik dat ons Graad 12-leerders steeds goeie moed hou na hul derde dag van eksamens! 😊👏.

Ons wens elkeen van julle alles van die beste toe met die eksamenvraestelle wat nog voorlê. Werk hard, gee jou beste, en onthou:

“Jy kan dit doen!” 💪✨

Ons is trots op julle en glo in julle! 🌟

Sterkte aan ons Graad 12-leerders! 📚💙Aan al ons Graad 12-leerders wat met hul 3de kwartaal-eksamen begin:   ons wil jull...
17/08/2026

Sterkte aan ons Graad 12-leerders! 📚💙

Aan al ons Graad 12-leerders wat met hul 3de kwartaal-eksamen begin: ons wil julle baie sterkte en sukses toewens! 🌟

Onthou dat elke uur se voorbereiding, elke poging en elke uitdaging wat julle aanpak, julle een tree nader aan julle doel bring. Glo in jouself, doen jou beste en vertrou die Here met die res. 🙏

📖 Jesaja 41:10
“Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; moenie bekommerd wees nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.”

Wanneer die werk baie voel en die spanning begin opbou, onthou: Julle hoef dit nie alleen te doen nie. God is by julle – Hy gee krag, moed en wysheid. 💙

Ons glo in julle en bid dat julle met vrede, fokus en selfvertroue elke eksamen sal aanpak.

Sterkte, Graad 12's! Julle kan dit doen! 💪📖✏️

*********************************************************************************************

Good Luck to Our Grade 12 Learners! 📚💙

To all our Grade 12 learners who are starting their 3rd Term exams: we wish you all the very best and every success! 🌟

Remember that every hour of preparation, every effort and every challenge you take on brings you one step closer to your goal. Believe in yourself, do your best and trust the Lord with the rest. 🙏

📖 Isaiah 41:10
“Do not be afraid, for I am with you; do not be anxious, for I am your God. I strengthen you, I also help you, I also support you with my saving right hand.”

When the workload feels overwhelming and the pressure begins to build, remember: You do not have to do this alone. God is with you – He gives you strength, courage and wisdom. 💙

We believe in you and pray that you will approach every examination with peace, focus and confidence.

Good luck, Grade 12s! You can do this! 💪📖✏️

12/08/2026
🎉🌷 Baie geluk met jou verjaarsdag, Juf Raymer! 🌷🎉Ons hoop jy het ’n wonderlike en besonderse dag, gevul met liefde, vreu...
10/08/2026

🎉🌷 Baie geluk met jou verjaarsdag, Juf Raymer! 🌷🎉

Ons hoop jy het ’n wonderlike en besonderse dag, gevul met liefde, vreugde en baie mooi oomblikke. 💐❤️

Jy word vreeslik baie by die skool gemis, maar ons gun jou hierdie kosbare tydjie om saam met jou baba te geniet. 👶💕 Hierdie spesiale tyd gaan so vinnig verby – koester elke oomblik!

Mag die jaar wat voorlê vir jou en jou gesin gevul wees met baie liefde, geluk, seën en onvergeetlike herinneringe.

🎂💗 Geniet jou spesiale dag, Juf Raymer – jy verdien dit! 🌸✨

🌸 GELUKKIGE VROUE DAG! 🌸Vandag vier ons elke wonderlike vrou – sterk, kosbaar, uniek en waardevol! 💐Aan al die vroue in ...
09/08/2026

🌸 GELUKKIGE VROUE DAG! 🌸

Vandag vier ons elke wonderlike vrou – sterk, kosbaar, uniek en waardevol! 💐

Aan al die vroue in die BECA-familie: Dankie vir die liefde, omgee, wysheid en positiewe invloed wat julle elke dag bring. Julle maak ’n verskil, dikwels op maniere wat julle self nie eers besef nie. ❤️

Mag julle dag gevul wees met vreugde, liefde en waardering. Hou aan om te blom en die wêreld rondom julle mooier te maak! 🌷✨

Van ons almal by BECA: ’n Baie gelukkige en geseënde Vroue Dag! 💕🌸

********************************************************************************

🌸 HAPPY WOMEN’S DAY! 🌸

Today we celebrate every wonderful woman – strong, precious, unique and valuable! 💐

To all the women in the BECA family: Thank you for the love, care, wisdom and positive influence you bring every day. You make a difference, often in ways you don’t even realise yourself. ❤️

May your day be filled with joy, love and appreciation. Keep blooming and making the world around you a more beautiful place! 🌷✨

From all of us at BECA: A very happy and blessed Women’s Day! 💕🌸

📚AANSOEKE VIR GRAAD 8 TOT GRAAD 12 VIR 2027 IS NOU OOP!✨ Gee u kind die geleentheid om te groei, te presteer en met doel...
07/08/2026

📚AANSOEKE VIR GRAAD 8 TOT GRAAD 12 VIR 2027 IS NOU OOP!

✨ Gee u kind die geleentheid om te groei, te presteer en met doel gevorm te word.

By BECA glo ons dat elke leerder meer is as net ’n nommer. Ons bou ’n gemeenskap waar akademiese uitnemendheid, karaktervorming en persoonlike aandag hand aan hand gaan.

🌟 Waarom kies ouers BECA?

✔️ Kwaliteitonderrig met ’n maksimum van 20 leerders per klas
️✔️ ’n Warm familie-skool waar elke kind geken, ondersteun en waardeer word
✔️ ’n Omgewing waar dissipline, waardes en leierskap doelbewus ontwikkel word
✔️ Fokus op die vorming van die leiers van môre

🚀Plekke is beperk — moenie wag totdat dit te laat is nie!

Indien u vir toelating wil aansoek doen, nooi ons u vriendelik uit om die aansoekvorm te voltooi deur op die onderstaande skakel te klik:

🔗https://form.jotform.com/241103428957053

📌Belê vandag in u kind se toekoms. Kies ’n skool waar potensiaal raakgesien, ontwikkel en uitgeleef word.



***********************************************************************

📚 **APPLICATIONS FOR GRADE 8 TO GRADE 12 FOR 2027 ARE NOW OPEN!**

✨ **Give your child the opportunity to grow, achieve, and be equipped with purpose.**

At **BECA**, we believe that every learner is more than just a number. We are building a community where academic excellence, character development, and personal attention go hand in hand.

🌟 **Why do parents choose BECA?**

✔️ **Quality education** with a maximum of **20 learners per class**
✔️ A **warm, family-oriented school** where every child is known, supported, and valued
✔️ An environment where **discipline, values, and leadership** are intentionally developed
✔️ A strong focus on shaping the **leaders of tomorrow**

🚀 **Places are limited—don't wait until it's too late!**

If you would like to apply for admission, we kindly invite you to complete the application form by clicking the link below:

🔗 [https://form.jotform.com/241103428957053]

📌 **Invest in your child's future today. Choose a school where potential is recognised, developed, and empowered.**




fans

Address

Van Der Stelstraat 139, Kabegapark
Port Elizabeth Sp
6025

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 15:00

Telephone

+27413602684

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when BECA posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to BECA:

Shortcuts

Share

Category