18/08/2026
🏑 Hokkie-uitslae
Wat ’n fantastiese paar wedstryddae vir ons Osies! Ons spanne het met groot gees, harde werk en vasberadenheid gespeel. Baie geluk aan elke speler en afrigter! 👏🏻
🏆 3de Span Seuns
• Wen 1–0 teen Ivy Park 1stes
• Wen 7–0 teen Ridgeway 1stes
• Wen 2–0 teen Curro 2des
🏆 3de Span Dogters
• Wen 12–0 teen PH2
• Wen 1–0 teen MH2
🏆 0/10A Dogters
• Wen 9–0 teen MH 0/10A
• Wen 1–0 teen Noord 0/10A
• Wen 3–0 teen LTT 0/10B
🏆 0/10B Dogters
• Wen 8–0 teen PH
• Wen 9–0 teen MH
🏆 0/10C Dogters
• Wen 3–0 teen Piet Hugo B
🏆 0/10B Seuns
• Wen 4–0 teen Suid A
🏆 0/11B Seuns
• Wen 1–0 teen Ivy Park
• Wen 4–0 teen PEPPS
🏆 0/11B Dogters
• Wen 9–0 teen LTT C
🏆 0/11C Dogters
• Wen 1–0 teen Ivy Park A
• Gelykop 1–1 teen LTT 11B
💙 0/11C Seuns
• Verloor 0–5 teen 0/11B Curro
Baie geluk aan al ons spelers! Julle harde werk op die veld begin wys! 🏑
Hou aan Osies – ons is trots op julle!
18/08/2026
BAIE GELUK AAN ONS BYBELVASVRA-SPAN! 📖
Baie geluk aan ons Bybelvasvra-span wat aan die Super 12 in Tzaneen deelgeneem het en ’n pragtige 8ste plek algeheel behaal het! 🏆
Kallista Krog, Roné Putter, Helena Bronkhorst en Colette du Plessis het Oosskool met trots verteenwoordig. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle!
Dit was weereens ’n ware spoggeleentheid, met “Vrug van die Gees” as vanjaar se tema. Voorwaar ’n besondere geleentheid wat ons nog lank sal onthou!
’n Groot dankie aan Mnr. Pelzer en Me Sonja Bezuidenhoutwat ons leerders vergesel en ondersteun het. Ook baie dankie aan mnr. Henry de Nysschen wat ons veilig heen en weer vervoer het. 🙏🏻
Nou sit ons alles in vir die Rapportryers-uitdunrondte, wat DV Vrydag 21 Augustus plaasvind! 💪📚
Hou aan om te leer, te groei en te glo! Ons staan agter julle! 🌟
18/08/2026
3de Bergfietsliga 🚵♀️
Wat ’n ongelooflike dag van spoed, durf en sportmangees! 🚴♂️💨
Altesaam 50 Oosskool-fietsryers het met groot entoesiasme aan die 3de Liga by Hoërskool Merensky deelgeneem. Tussen die pragtige boorde het ons fietsryers hul spiere gebult, die bene behoorlik laat brand en elke uitdaging met vasbyt aangepak!
Ons is ongelooflik trots op elke ryer wat hul beste gegee het en terselfdertyd goeie sportmangees uitgeleef en hul span met trots verteenwoordig het. 🏆
Baie geluk aan al ons fietsryers! 🌟🚵♂️
18/08/2026
LANDLOOP | KAMPIOEN VAN KAMPIOENE 🏆
Ons landloop-Osies het die afgelope naweek aan die Kampioen van Kampioene deelgeneem en hulle het behoorlik gewys wat in daardie bene steek!
🥇 Melize Koekemoer – 0/8 PJ
🥇 PJ Gee – 0/9 Seuns
🥇 PW Griesel – 0/10 Seuns
Ons is ook ongelooflik trots op ons eie onderwysers!
🥇 Sone Oosthuizen – Senior Dames
🥇 Viraldi Engelbrecht – Meesters Dames
Baie geluk aan elkeen van ons kampioene! 🏆
Ons is sommer baie trots op ons Osies!
14/08/2026
Krieket
O/11 A 🏏
Oosskool vs. PLS – Rondte 2
Ons O/11 A-seuns het hul alles op die veld gegee en met net 4 lopies die wedstryd beklink! 👏🔥
🏏 Oosskool: 45/6 (8.1 overs)
🏏 PLS: 44/10 (11.5 overs)
🏆 Oosskool wen met 4 lopies!
Baie geluk, manne! Julle het gewys dat elke lopie en elke paaltjie tel! 👏
14/08/2026
🏃♀️ Ons Osie-landloopmaats is reg om die stof te laat trek!🔥
Baie sterkte aan ons Osies wat aan die Limpopo-kampioen van kampioene deelneem! 🏆
Bene wat brand, harte wat klop en ‘n Osie gees wat skreeu! 👟💨Mag julle elke tree geniet en met daardie Osie-gees alles gee!
Oosskool is trots op julle!🏃♂️🏃♀️
14/08/2026
🏉Baie geluk aan ons O/11-Osies wat gekies is om deel te wees van die Limpopo Rugby-streekspan! 🏆👏🏻
Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle! Mag julle die naweek die veld met selfvertroue, passie en Osie-trots aanpak. 💪🏻🔥
Baie sterkte met julle toernooi! Gaan geniet elke oomblik en gee julle beste! 🏉
Oosskool is trots op julle!🤍
12/08/2026
STERKTE AAN ONS SUPER 12 HOKKIESPANNE!
Baie sterkte aan al ons seuns- en dogterspanne wat hierdie naweek aan die groot Super 12-toernooi deelneem!
Gaan geniet elke oomblik, speel met hart, passie en trots en gee alles op die veld. 💪🏼🏑 Onthou om mekaar te ondersteun, as ’n span saam te staan en nooit op te gee nie.
Ons is ongelooflik trots op elke speler, afrigter en spanlid wat deel is van hierdie besondere geleentheid.
12/08/2026
🎤✨ SPREEKKORE | WOENSDAG 12 AUGUSTUS ✨🎤
Ons spreekkore het met trots aan die NEA deelgeneem en die uitslae het gewys wat bereik kan word met harde werk, voorbereiding en spanwerk! 👏🏻❤️💚
🏆 Graad 4 – Diploma | 90%–100%
🥇 Graad 5 – Goud | 80%–89%
🥇 Graad 6 – Goud | 80%–89%
🥇 Graad 7 – Goud | 80%–89%
Baie geluk aan elke Osie wat deelgeneem het! 🎉 Julle het jul stemme, talent en selfvertroue met trots laat hoor. 🗣️🌟
Ons is ongelooflik trots op julle!❤️💚
12/08/2026
🏑🔥LPL HOKKIE | EERSTESPANNE 🔥🏑
Wat ’n naweek van harde werk, spanwerk en OSIE-trots!❤️💚
Ons eerste spanne het die afgelope naweek aan die LPL Hokkie deelgeneem en sommer behoorlik gewys wat hulle kan doen! 💪🏻🏑
🌸 1ste Dogters
⚡ Oosskool 4–0 Mariepskop
⚡ Oosskool 9–0 Unicorn
💙 1ste Seuns
⚡ Oosskool 4–1 Louis Trichardt
⚡ Oosskool 1–0 Tzaneen
Vier wedstryde, vier oorwinnings! 🏆🔥
Baie geluk aan ons spelers en afrigters met hierdie fantastiese vertonings. Julle harde werk, deursettingsvermoë en spanpoging maak ons ongelooflik trots! 👏🏻❤️💚
Hou aan druk, OSIES! Die beste lê nog voor! 🏑🔥