Kleinbegin Kleuterskool

Kleinbegin Kleuterskool Kleinbegin is n Kleuterskool waar kleuters in Afrikaans speel-speel leer, alles tot eer van God!

OUPA- EN OUMADAGDie Bybel sê vir ons in Spreuke 17:6"Kleinkinders is die kroon van grysaards.” Wat ’n pragtige prentjie ...
04/09/2026

OUPA- EN OUMADAG

Die Bybel sê vir ons in Spreuke 17:6
"Kleinkinders is die kroon van grysaards.”

Wat ’n pragtige prentjie skilder hierdie woorde vir ons, ’n kroon wat op die hoof van ons oupas en oumas geplaas word, gevleg uit die liefde, vreugde en kosbare herinneringe wat hulle kleinkinders vir hulle bring.

Ons is dankbaar vir elke oupa en ouma wat deel is van ons kleuters se lewens, ons voorbidders, storievertellers, raadgewers en lewende getuies van God se trou deur die jare.

Dit was voorwaar ’n spesiale dag vol vreugde, liefde, lag en mooi herinneringe wat ons nog lank in ons harte sal koester.

Dankie, oupas en oumas, vir die kosbare rol wat julle in julle kleinkinders se lewens speel!

🌷Lentepiekniek 2026🌷“Die Here is goed vir almal, en sy ontferming is oor al sy werke.”— Psalm 145:9Mag hierdie lente ons...
01/09/2026

🌷Lentepiekniek 2026🌷

“Die Here is goed vir almal, en sy ontferming is oor al sy werke.”
— Psalm 145:9

Mag hierdie lente ons herinner aan God se wonderlike skepping, Sy liefde en die nuwe lewe wat Hy elke dag vir ons gee.

15/08/2026

Vakante pos:

👇🏼👇🏼👇🏼

🌈 Wonders van die Wêreld ✝️Vandag het juffrou Natasha ons maats op ’n baie spesiale manier gewys waar al die pragtige kl...
12/08/2026

🌈 Wonders van die Wêreld ✝️

Vandag het juffrou Natasha ons maats op ’n baie spesiale manier gewys waar al die pragtige kleure van die reënboog vandaan kom! 🌈💧☀️
Ons het geleer dat wanneer wit lig deur klein waterdruppeltjies gaan, die lig in verskillende kleure verdeel word. Met ons eie reënboog-eksperiment het ons gesien hoe wit lig in die sewe pragtige kleure van die reënboog verander: rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en pers. 🌈

Maar ons het ook geleer dat die reënboog vir ons aan iets nóg mooier herinner. ❤️ God het ná die groot vloed ’n reënboog in die wolke geplaas as ’n teken van Sy belofte en trou.
📖 “My boog het Ek in die wolke gestel.” – Genesis 9:13
Elke keer wanneer ons ’n reënboog sien, kan ons onthou:
🌈 God hou Sy beloftes.
❤️ God sorg vir Sy mense.
✝️ God is getrou.
Wat ’n wonderlike wêreld het God vir ons gemaak om te ontdek! 🌍✨

🌈🙏💙

04/08/2026

🌙💙 Pajamas, pantoffels, tandeborsel en ontbyt... 🪥🥣Ons kleuters het die dag in hul gemaklike pajamas en pantoffels genie...
04/08/2026

🌙💙 Pajamas, pantoffels, tandeborsel en ontbyt... 🪥🥣

Ons kleuters het die dag in hul gemaklike pajamas en pantoffels geniet, saam ontbyt geëet en selfs hul tandjies geborsel.
Ons d**k sommer... dit kan gerus elke dag Pajamadag wees! 😄💤
Dankie aan al ons ouers wat gehelp het om die dag so besonders te maak. ❤️

30/07/2026



Dankbaar vir ons skool.... ....

🎬🍿 Kleinbegin fliek in hulle eie karretjies! 🚗✨Met die heerlikste springmielies, 'n koeldrank in die hand en 'n fliek op...
08/07/2026

🎬🍿 Kleinbegin fliek in hulle eie karretjies! 🚗✨

Met die heerlikste springmielies, 'n koeldrank in die hand en 'n fliek op die groot skerm, was die dag gevul met groot oë, breë glimlagte en lekker lag. 💛

Baie dankie aan elke ouer wat tyd, liefde en hope kreatiwiteit ingesit het om hierdie dag so besonders te maak. Julle het vir ons kleuters kosbare herinneringe geskep wat hulle nog lank sal koester.

By Kleinbegin glo ons dat die mooiste herinneringe saam gemaak word. 🎥🍿

Tot die volgende fliek! 🌟

Akademie Reformia Pietersburg

21/06/2026

Address

Veldspaatstraat/Aloes-ingang
Polokwane
0700

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00

Telephone

+27152968812

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kleinbegin Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category