HTS Tom Naude THS

HTS Tom Naude THS Werk oorwin alles./ Work conquers all. Buiten die sport- en kultuurgeleenthede bied die skool ‘n akademiese ingesteldheid van hoogstaande gehalte.

Uit die Hoof se Kantoor
HTS Tom Naudé is in 1950 gestig as ‘n dubbelmedium skool en was in die beginstadium gehuisves in die huidige Kareebasis langs die lughawe – nou bekend as die Gateway lughawe. Die eerste hoof, dr PA Conradie was 10 jaar lank aan die stuur van sake (1950-1960) en is opgevolg deur mnr SCM Naudé (1960 – 1965), mnr JG Theron (1965-1969), mnr MJ Hough (1969-1979), mnr FT Preller

(1980-2003) en tans mnr FP Liddle. Met die nuwe NVV Kurrikulum is die tegnologievakke gekombineer en is verminder van die agt tegniese en tegnika vakke wat die skool gehad het, na drie tegnologie vakke. Ons skool speel ‘n leidende rol om die vakke te probeer terugbring, omdat ons glo dat hierdie oorlaaide sillabus nie die skool se einddoel komplimenteer nie. ‘n Opname wat in 2007 deur Solidariteit gemaak is, het getoon dat daar 100 000 tegnies georiënteerde beroepsgeleenthede vakant is. Hierdie nypende tekort veroorsaak dat hoër tegniese skole van kardinale belang in die onderwysstruktuur van Suid-Afrika is. Vir hierdie rede is dit van die uiterste belang dat leerlinge opgelei word in tegniese skole en dat hulle die internasionale taal van Ingenieursgrafika en Ontwerp bemeester, asook dat hulle in een van die volgende tegnologierigtings opgelei word naamlik Elektriese-, Meganiese- of Siviele Tegnologie.

‘n Voldonge feit van tegniese onderwys is dat dit een van die moeiliker vakpakette is, aangesien dit verpligtend vir alle leerlinge is om Fisiese Wetenskappe as vak te neem. Dit is ook ‘n algemene bekende feit dat alle leerders wat die eindeksamen by HTS TOM NAUDé skryf, reeds teen November geplaas is, hetsy dit vir tersiêre studie is of vir een of ander vorm van opleiding of werksgeleentheid. Ons pragtige kampus getuig van goeie bestuur. Die harmonieuse samewerking tussen die beheerliggaam en skoolbestuur is opmerklik en tot voordeel van die betrokkenes. Uit die aard van ons Christelike ingesteldheid is ons daagliks diep onder die besef van ons Hoërhand se leiding en betrokkenheid by ons skool. Ons het pragtige leerders wie goed gedissiplineerd is en hul gedrag en drag is van hoogstaande gehalte. Dis ‘n voorreg om by hierdie instansie betrokke te wees en ons nooi almal wat ons etos en waardes deel, om by ons aan te sluit.

07/09/2026
50 JAAR LATER… EN NOG STEEDS TROTS TOMMIES! | 50 YEARS LATER… AND STILL PROUD TOMMIES!The Class of 1976 recently celebra...
07/09/2026

50 JAAR LATER… EN NOG STEEDS TROTS TOMMIES! | 50 YEARS LATER… AND STILL PROUD TOMMIES!

The Class of 1976 recently celebrated their very special 50-year reunion — a wonderful milestone filled with memories, stories, friendships and plenty of nostalgia.

Op die tweede foto is:
⭐ Manna Swart – Hoofseun van 1976
⭐ Pierre Jacobsen – wat selfs ná 50 jaar nog in sy 1976-skoolklere pas! 😄👏
⭐ Dirk Hanekom – Onderhoofseun van 1976

How special to see that friendships and memories formed fifty years ago are still going strong today.

Baie geluk aan die 1976-groep met hierdie ongelooflike mylpaal. Mag daar nog baie jare se vriendskap, stories en saamkuier voorlê!

06/09/2026
𝔻𝔹𝔼 𝕍𝕚𝕤𝕚𝕥 - 𝟛 𝕊𝕖𝕡𝕥𝕖𝕞𝕓𝕖𝕣 𝟚𝟘𝟚𝟞Department of Basic Education South Africa Limpopo Department of Education
04/09/2026

𝔻𝔹𝔼 𝕍𝕚𝕤𝕚𝕥 - 𝟛 𝕊𝕖𝕡𝕥𝕖𝕞𝕓𝕖𝕣 𝟚𝟘𝟚𝟞
Department of Basic Education South Africa Limpopo Department of Education

Address

226 Potgieter Avenue
Polokwane
0699

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 15:00

Telephone

+27152988710

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when HTS Tom Naude THS posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to HTS Tom Naude THS:

Shortcuts

Share