27/03/2026
Ek wil hiermee net dankie sê aan al die boodskappe, oproepe en liefde uit menige oorde. Ouers, ouma's van oud Werk en Wenners en vriende.
Ek is tevrede met die feit dat ek 'n verskil kon maak in baie lewens, bande met kleuters en ouers gebou het en steeds oral waar ek gaan drukkies kry van bekendes.
Dit is hoostuk wat nou afgesluit is en ek weet dat elke spoortjie wat by Werk en Wen getrap is, net blywende indrukke van liefde en omgee daar gelaat het.
Ek waardeer al die foto's en ook die rapporte wat so gereeld met trots aangestuur word.
24 jaar was 'n groot deel van my lewe en daarom word elke herinnering gekoester.
Liefde en drukkies aan almal.
Werk en Wen het vandag toegemaak en ek weet dat die liefde en goeie herinneringe altyd deel van die plek sal bly.
Juffrou Hannelie Hasie