Formosa Primary

Formosa Primary This is the Official page of the school. All messages will come directly from the office for the purpose of informing parents and teachers only.

02/09/2026
🌸 Gelukkige Sekretaresse Dag! 🌸Vandag vier ons die twee ongelooflike mense agter die skerms wat elke dag soveel doen om ...
02/09/2026

🌸 Gelukkige Sekretaresse Dag! 🌸
Vandag vier ons die twee ongelooflike mense agter die skerms wat elke dag soveel doen om ons skool glad te laat funksioneer. ❀️

Dankie vir julle harde werk, geduld, toewyding en bereidwilligheid om altyd te help. Julle is ’n belangrike deel van die hart van Formosa Primary en ons waardeer elke klein Γ©n groot ding wat julle doen. πŸ₯°

Mag julle vandag besef hoe spesiaal en waardevol julle vir ons skool is. 🌷
Baie dankie vir alles wat julle doen!

πŸ”₯πŸπŸ‰ FORMOSA, WE ARE GOING ALL THE WAY! πŸ†πŸ”₯WHAT. A. WEEK! 😭πŸ”₯ Ons sportsterre het dit weer gedoen, en ons is ongelooflik tr...
21/08/2026

πŸ”₯πŸπŸ‰ FORMOSA, WE ARE GOING ALL THE WAY! πŸ†πŸ”₯

WHAT. A. WEEK! 😭πŸ”₯ Ons sportsterre het dit weer gedoen, en ons is ongelooflik trots op elkeen van hulle! πŸ’™πŸ’›

πŸ₯‡ o/10 NETBAL – 1STE in die TOWN PLAYOFFS! πŸ†
πŸ₯ˆ o/12 NETBAL – 2DE in die TOWN PLAYOFFS! 🏐
πŸ‰ o/9 RUGBY – SEMI-FINAAL GEWEN en deurgedring na die KPSSS FINALS! πŸ”₯πŸ”₯

Maar ons is nog nie klaar nie! πŸ‘€πŸ’ͺ🏼

Ons o/10 & o/12 netbalmeisies vat Maandag, 24 Augustus, die pad Knysna toe! 🚌🏐 Hulle gaan alles op die baan los om die Formosa-naam trots te maak!

πŸ“£ FORMOSA FAMILIE, ONS HET JULLE NODIG! πŸ“£
Ons het AL julle support, stemme, energie en aanmoediging nodig! πŸ™ŒπŸΌπŸ₯πŸ“£ Kom ons staan langs ons meisies en wys hulle hoeveel ons in hulle glo! πŸ’™πŸ’›

Ons wil ook 'n spesiale DANKIE sΓͺ aan Justin Harker vir die borg van die waterbottels vir ons o/9 rugbyspan. πŸ₯Ήβ€οΈπŸ‰

Sulke ondersteuning beteken ongelooflik baie vir ons leerders en ons skool. Dankie dat jy in ons kinders glo en deel is van hulle reis! πŸ™πŸΌπŸ’™πŸ’›

Ons is SO trots op elke speler, coach, ouer en ondersteuner wat hierdie journey saam met ons stap. πŸ₯ΉπŸ”₯

KNYSNA, HERE WE COME! 🏐πŸ”₯
LET’S GO, FORMOSA! πŸ’™πŸ’›πŸ†

😴✨ Pajama-dag het ’n hele nuwe betekenis by Formosa gekry! πŸ˜‚Vandag het die personeel besluit om die dag met ’n bietjie e...
14/08/2026

😴✨ Pajama-dag het ’n hele nuwe betekenis by Formosa gekry! πŸ˜‚

Vandag het die personeel besluit om die dag met ’n bietjie ekstra gemak, baie lag en sommer net goeie vibes aan te pak. 🩷🀣

Want soms moet juffrou ook net haar pajamas aantrek en die dag geniet! πŸ˜‚πŸ’€

’n Baie groot geluk aan Luthando van Beulen met sy ongelooflike prestasie in rugby! πŸ‰πŸ‘πŸ’™Ons is ongelooflik trots op jou m...
13/08/2026

’n Baie groot geluk aan Luthando van Beulen met sy ongelooflike prestasie in rugby! πŸ‰πŸ‘πŸ’™

Ons is ongelooflik trots op jou met die ontvangs van jou Eden-kleure vir O/12-rugby! πŸ…πŸ‰

Jou harde werk, toewyding en talent het jou tot hierdie besondere prestasie gelei. Ons is ook baie opgewonde dat jy die geleentheid gekry het om van 24–26 September aan die Eden-rugbytoernooi deel te neem. πŸŒŸπŸ‰

Mag jy hierdie geleentheid ten volle geniet, jou beste gee en met trots jou skool en span verteenwoordig. Ons wens jou alles van die beste toe!

Hou aan om hard te werk, groot te droom en jou beste te gee! Ons is ongelooflik trots op jou, Luthando! πŸ’™πŸ‰πŸ‘

’n Groot DANKIE aan ons wonderlike borge Renecia Leonard & Doreen Windwaai vir die pragtige netbalrokke van ons O/8-netb...
13/08/2026

’n Groot DANKIE aan ons wonderlike borge Renecia Leonard & Doreen Windwaai vir die pragtige netbalrokke van ons O/8-netbalspan! πŸπŸ’™πŸ’›

Julle ondersteuning beteken ongelooflik baie vir ons leerders. Dankie dat julle in ons kinders glo en help om hulle met trots op die baan te laat uitstap. πŸ’•πŸ‘

Ons waardeer julle meer as wat woorde kan sΓͺ! πŸ™βœ¨

πŸŽ‰ Baie geluk aan ons Sanlam WOW Spelfees-deelnemers! πŸ“šβœ¨Formosa PrimΓͺr het op 1 Augustus 2026 deelgeneem aan die Sanlam W...
13/08/2026

πŸŽ‰ Baie geluk aan ons Sanlam WOW Spelfees-deelnemers! πŸ“šβœ¨

Formosa PrimΓͺr het op 1 Augustus 2026 deelgeneem aan die Sanlam WOW Spelfees Kringkompetisie by Concordia in Knysna.

Ons is trots om aan te kondig dat Abulele Peter (Graad 6 – Engels), Jahmiel McCullum (Graad 6 – Engels) en Gailene Scheepers (Graad 3 – Afrikaans) deurgedring het na die volgende rondte, wat op 22 Augustus 2026 in George plaasvind.

Ons wens hulle alle sterkte toe vir die volgende rondte!

Baie geluk ook aan Azeena Windwaai (Graad 2 – Afrikaans) met haar uitstekende prestasie van 'n 5de plek. Ons is trots op jou!

🏐⚽ Nog 'n dag vol sport, spanwerk en Formosa-trots! πŸ’™β€οΈBaie dankie aan ons spelers wat hul harte op die baan gelaat het,...
05/08/2026

🏐⚽ Nog 'n dag vol sport, spanwerk en Formosa-trots! πŸ’™β€οΈ

Baie dankie aan ons spelers wat hul harte op die baan gelaat het, ons afrigters, opvoeders en ouers vir julle onwrikbare ondersteuning. Julle maak elke wedstryddag besonders.

Trots om deel van die Formosa-familie te wees! πŸŒŸπŸ’™

Baie trots op ons rugby- en netbalspanne vir julle harde werk en spangees tydens gister se wedstryde teen Wittedrift. πŸ’™πŸ’›...
28/07/2026

Baie trots op ons rugby- en netbalspanne vir julle harde werk en spangees tydens gister se wedstryde teen Wittedrift. πŸ’™πŸ’›πŸ‰πŸ Julle het Formosa met trots verteenwoordig!

Address

2203 Geelhout Way, New Horizon,. . . . . . . P. O. Box 3
Plettenberg Bay
6600

Telephone

+27445331621

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Formosa Primary posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Formosa Primary:

Shortcuts

Share

Category