Hoërskool Piketberg

Hoërskool Piketberg Die klein skool met die groot hart! Hier is ons almal YSTERS! Trots, Eenheid, Respek!

💙🎾 Laerskool Courtrai Tennistoernooi🎾💛Die laerskool tennisspan het die afgelope naweek aan die Courtrai Tennistoernooi d...
08/09/2026

💙🎾 Laerskool Courtrai Tennistoernooi🎾💛

Die laerskool tennisspan het die afgelope naweek aan die Courtrai Tennistoernooi deelgeneem.

Die wind het stormagtig gewaai, maar ons leerders het met vasberadenheid en deursettingsvermoë aangehou en gewys wat in hulle steek! 💪🏼🎾

Die leerders het oor twee dae 10 wedstryde elk gespeel en uitstekende sportmangees getoon.

Ons is trots op elkeen! 🦓

TWEE YSTERS DEEL VAN WESKAAP JUDO SPAN🦓Kiara De Vries en Josh Gal het op 29 Augustus 2026 aan die Weskaap Judo Ope toern...
07/09/2026

TWEE YSTERS DEEL VAN WESKAAP JUDO SPAN🦓
Kiara De Vries en Josh Gal het op 29 Augustus 2026 aan die Weskaap Judo Ope toernooi in Paarl deelgeneem en hulle het ablei silver medajes verower.
Hierdie twee leerders is ook in Weskaap Judo span opgeneem en sal op 31 Oktober 2026 aan die Interprovinsiale toernooi in George deelneem waar Weskaap teen Ooskaap in span gevegte sal meeding.
Baie geluk, Ysters!

💙🗣️LS Redenaars🗣️💛Baie geluk aan Ilke Mouton wat aan die Kansvatter Redenaars kompetisie deelgeneem het en deurdring na ...
07/09/2026

💙🗣️LS Redenaars🗣️💛

Baie geluk aan Ilke Mouton wat aan die Kansvatter Redenaars kompetisie deelgeneem het en deurdring na die Nasionale Finaal wat op 19 September in Pretoria by Laerskool Lynnwood sal plaasvind.

Ons wens jou alle sterkte toe vir die voorbereiding!🦓

💙SANLAM WOW Spelfees💛Baie geluk aan Maritz Mouton wat aan die distriksronde van die Sanlam WOW spelkompetisie deelgeneem...
07/09/2026

💙SANLAM WOW Spelfees💛

Baie geluk aan Maritz Mouton wat aan die distriksronde van die Sanlam WOW spelkompetisie deelgeneem het en ’n uitstekende 4de plek behaal het! Jou harde werk en toewyding was beslis beloon.

Ons is baie trots op jou!🦓

🎮🦓 ONTMOET DIE SPAN | PHS ZEBRA LEGION 🦓🎮Die spelers is gekies. Die gamer tags is gereed. Nou is dit tyd om die span agt...
03/09/2026

🎮🦓 ONTMOET DIE SPAN | PHS ZEBRA LEGION 🦓🎮

Die spelers is gekies. Die gamer tags is gereed. Nou is dit tyd om die span agter die skerms te ontmoet! ⚡

Met die Piketberg–Bellville Vriendskaplike Aanlyn E-sport-toernooi 2026 op pad, stel ons met trots die spelers bekend wat Hoërskool Piketberg in die digitale arena gaan verteenwoordig:

🎮 TARO — Taro van Vuuren
🎮 MR. T — Tiaan Visser
🎮 DADDY — Gareth Botes
🎮 NERF-MINER — Adriaan Basson
🎮 BUFF-MINER — Tiaan Bester

Vyf spelers. Een span. Een Zebra Legion. 💙💛

Hulle gaan hul strategie, fokus, spanwerk en vaardigheid op die proef stel wanneer Piketberg en Bellville mekaar aanlyn die stryd aansê.

⚡ GAME WITH PRIDE.
🏆 WIN WITH HONOR.

Sterkte, manne! Die Zebra Legion staan agter julle! 🦓🔥

🎮⚡ PHS ZEBRA LEGION IS GEREED! ⚡🎮Hoërskool Piketberg betree die arena! 🔥Met groot opgewondenheid stel ons ons PHS Zebra ...
03/09/2026

🎮⚡ PHS ZEBRA LEGION IS GEREED! ⚡🎮

Hoërskool Piketberg betree die arena! 🔥

Met groot opgewondenheid stel ons ons PHS Zebra Legion E-sportspan bekend wat binnekort teen Hoërskool Bellville te staan kom in die Piketberg–Bellville Vriendskaplike Aanlyn E-sport-toernooi 2026! 🏆

Ons spelers is gereed. Die gamer tags is gekies. Die arena wag. 🎮

🦓 ZEBRA LEGION
MR. T — Tiaan Visser
DADDY — Gareth Botes
NERF-MINER — Adriaan Basson
TARO — Taro van Vuuren
BUFF-MINER — Tiaan Bester

Hier gaan dit oor meer as net wen. Dit gaan oor strategie, spanwerk, sportmanskap, nuwe vriendskappe en die geleentheid om ons skool met trots in die digitale arena te verteenwoordig.

💙💛 GAME WITH PRIDE. WIN WITH HONOR.

Sterkte, Zebra Legion! Maak PHS trots! 🦓⚡🎮

trots

💙🏉Boland Rugby🏉💛Baie baie geluk aan Douw van der Westhuizen wat in die 0/12 C-span van Boland Rugby opgeneem is.Ons is b...
03/09/2026

💙🏉Boland Rugby🏉💛

Baie baie geluk aan Douw van der Westhuizen wat in die 0/12 C-span van Boland Rugby opgeneem is.

Ons is baie trots op jou🦓

💙💛 GELUKKIGE SEKRETARESSEDAG! 💛💙Vandag vier ons die ongelooflike vroue wat agter die skerms sorg dat alles by PHS glad v...
02/09/2026

💙💛 GELUKKIGE SEKRETARESSEDAG! 💛💙

Vandag vier ons die ongelooflike vroue wat agter die skerms sorg dat alles by PHS glad verloop!

Aan Tannie Riana, Tannie Michelle en Tannie Annelize — dankie vir julle harde werk, geduld, vriendelikheid en die ontelbare dinge wat julle elke dag doen om ons skool aan die gang te hou. Julle is ’n onvervangbare deel van die PHS-familie!

Ons waardeer elke oproep wat julle beantwoord, elke probleem wat julle oplos en elke glimlag wat julle deel.

Gelukkige Sekretaressedag!

01/09/2026

🤖 ROBOTIKA IN AKSIE!

Ajay Louw (Gr. 9) wys met trots een van ons Robotika-projekte! 👏⚙️

Dis wonderlik om te sien hoe ons leerders hul kreatiwiteit, probleemoplossingsvaardighede en tegnologiekennis gebruik om hul groot idees tot lewe te bring.

Baie mooi, Ajay! 🌟🤖

Address

Simon Van Der Stel Street
Piketberg
7320

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 14:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Piketberg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Piketberg:

Shortcuts

Share

Category