23/09/2025
Baie geluk met jou verjaarsdag, Juffrou Angelique! 🎂🌸 Dankie vir alles wat jy vir ons en die kinders hier by Groenvlei doen. Jy gee soveel meer as net onderrig – jy gee jou liefde, geduld en omgee elke dag. Jy is nie net ’n uitstekende onderwyseres nie, maar ook soos ’n mamma vir baie kinders hier by die skool. Jou hart van goud, jou glimlag en jou sagtheid maak dat elke kind hier veilig en geliefd voel. Jy is regtig ’n seën vir Groenvlei en vir almal wat jou ken.
Mag die Here jou ryklik seën in hierdie nuwe lewensjaar, jou hart vul met vreugde en jou hande versterk vir die groot werk wat jy elke dag doen. Geniet jou spesiale dag – jy verdien dit!