15/07/2016
Hoërskool Tygerberg 1976 Matrieks - 40 Jarige Reunie Vieringe
Johan Visser en Adele van Zyl nooi al die 1976 matrieks van Tygerberg vriendelik uit na ons verrigtinge tydens die naweek van 1 Oktober 2016.
Saterdagaand 1 Oktober 2016 @ 18h30 : Buffet Aandete met nagereg, wyn & fooitjies ingesluit @ R250 * pp by Cameleon restaurant in Plattekloof.
* Koste : Buffet R190; kelnerfooi R20; kurkfooi R20; Oud Onderwysers borg R20 = R250.
Kurkfooi vir eie wyn inbring : R 20 per bottel.
Ekstra drankies genuttig ? Elke tafel is vir sy eie drank rekening verantwoordelik.
RSVP asb aan Engela Olivier Lourens voor 31 Julie 2016 : E-pos : engelal@ stbb.co.za Tel. 021 943 3800 Fax: 021 914 1080
Aandete bedrag vooruit betaalbaar : Bespreking vir Saterdag se buffet slegs aanvaar by ontvangs van die volle bedrag teen 1 September 2016.
Bank Besonderhede vir Saterdag se aandete deposito :
ABSA Bank, Parow
Rekening Naam : Swart & Nel Prokureurs
Rekening nommer : 407 061 1839
Bank Kode: 632005
Verwysing : SA5407 + jou naam
Deposito Bewys : Stuur asb bewys van inbetaling na [email protected]
Sondagoggend 2 Oktober 2016 @ 10h00 : Warm of koue ontbyt met 2 koppies koffie word aangebied @ ± R35 pp by Cameleon restaurant in Plattekloof.
Indien jy nie die Saterdag Buffet kan bywoon nie, is jy welkom om net die ontbyt by te woon (dui asb so aan en betaal dadelik OF Sondag).
Indien jy Saterdagaand eers wil besluit of jy die ontbyt wil bywoon, betaal jy Sondag vir die ontbyt.
Laat weet ons asb vroegtydig van spesiale dieet vereistes en vir hoeveel persone.
Dress Code : Smart Casual.
Met of sonder metgeselle (soos verkies). Metgeselle is egter welkom vir beide funksies.
Bring asb jou eie naambordjie - konferensie styl, op jou skouer.
As jy kan, bring ook skool fotos saam - uitgedruk op redelike groot formaat.
"Wyn, vonkelwyn & versnaperinge (chips / neute) skenkings sal hoogs waardeer word.
Laat weet ons asb as julle kan help - sodoende kan ons die kostes laag hou. "
Link na die venue :
https://www.google.co.za/maps/place/Cafe+Chameleon/@-33.8739875,18.5761043,17z/data=!3m1!4b1!4m5!3m4!1s0x1dcc5a291da52ea7:0xcfacac2dc9c434fb!8m2!3d-33.873992!4d18.578293
Shop no 5, Plattekloof Centre, Plattekloof, Plattekloof 3, Cape Town, 7500